Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

4/26/2009

Ateiste se openbare beeld alweer vir 'n ses geslaan

Ek lees toe uiteindelik die Rapport-relletjie tsn George Claassen en Gideon Joubert-hulle oor die naweek.

Claassen en Kie het behoorlik gal gebraak nadat Leon Rosseau in 'n onderhoud baie kortliks verwys het na 'militante ateiste'.

Claassen trap toe ewe netjies in Rossseau se strik deur presies soos 'n militante ateis te antwoord - 'n halwe bladsy van ad hominem aanvalle wat eintlik verbysterend is.

Wat wys dit vir ons?

Hierdie mense (ateiste) kan klaarblyklik nie in 'n normale manier met mense wat van hulle verskil, engage nie. Wat is dit met hierdie self-verklaarde 'brights' wat meen dat hulle alleen die orakels van wysheid is?

Skrywer Ipso Facto se brief in vandag se Rapport wat ek hieronder aanhaal som dit eintlik goed op:

Claassen kap almal wat met hom verskil

Ipso Facto, Wes-Kaap:
George Claassen se kritiek op Leon Rousseau en Gideon Joubert en briewe in Rapport (19 April) het betrekking.

Dit is vir Claassen blykbaar baie moeilik om sonder venyn met dié wat met hom verskil te handel. Vanweë sy clout (goed of swak) in die joernalistiek het hy steeds gemaklik toegang tot redaksionele ruimte, iets wat dié wat met hom verskil nie so geredelik het nie.
As eertydse redakteur van die wetenskaprubriek van ’n Kaapse dagblad het hy dié wat met hom verskil het (oor veral die evolusieleer) met venyn bygekom as sou hulle “onintelligent, konserwatief en agter die klip” (my aanhalings) wees.
Vir Claassen voel ek intens jammer. Geen mens met innerlike vrede tree so op nie. Hy moenie onthuts wees oor die weerhouding van my naam nie. Dit is my reg om my teen hom te beskerm
.

As ek nou aspris was sou ek voorstel dat mense soos Claassen en ander Internet-Ateisbulle eintlik nog meer redaksionele spasie gegun moet word - hulle is ooglopend so uit pas met die res van die wereld rondom konsepte soos verdraagsaamheid en oop gesprek dat nog meer tou dalk net 'n goeie ding kan wees.

NS: Wat dink julle van die cartoon? ;))

5 comments:

Henrietta said...

Hehehe - Oulike cartoon, Bertus! Ja, ek dink ek het dit self ook al meer as een keer gesê: dis nie net WAT mense sê nie, maar HOE hulle dit sê, en Claasen en kie doen dit alweer, soos jy sê. Op die internet-weergawe van vandag se Rapport is ‘n ewe neerhalende, verkleinerende artikel van Jean Oosthuizen waarin mense wat na Angus luister, as “koolkoppe” afgemaak word (hier: http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2506712,00.htm). HOE mense iets sê of skryf, sê net soveel oor die persoon wat aan die woord is as die persoon/persone onder bespreking (of dalk meer).

Liza said...

Lyk my Claasen probeer hard om die arm man se Richard Dawkins te wees - wie hoeka bekend staan vir sy afstootlike venynigheid.

Hehehehe - die ou met die kadoessak oor die kop is seker Nathan Bond. ;)

Gideon said...

Ek dink mnr. "Ipso Facto" (1ste brief in Rapport) is van Hennie Mouton (dr. H.D.Mouton) wie se fantastiese boek alreeds op ons moetlees-lys verskyn.
Ek kon nie gisteraand daardie link bykom nie - my rekenaar wou eenvoudig nie daar oopmaak nie. Sal vanaand weer probeer.

Het darem die stuk van Jean Oosthuizen gekry. Teoloog!?? Kan jy nou meer. Het nog nooit 'n teoloog só min oor Jesus Christus hoor/sien sê/skryf nie - nogal een wat die atties "modereer" sodat hulle Sy Naam kan beswadder soos hulle wil.

Ek merk ook op dat hy geen een stelling van Buchan aanvat en hom uit die Skrif verkeerd probeer bewys nie (soos 'n goeie teoloog sou doen). Hy kritiseer ook ewe gemaklik sonder dat hy ooit daar naby was. Wat 'n vermetelheid om homself uit te gee as teoloog.Weet ook van GEEN getuienis van sy kant wat sou kon wys dat hy hoegenaamd 'n gelowige is nie.

Groetnis.

Groetnis.

Gideon said...

'Skuus: Die skakel hierbo wat ek nie kon kry nie was Adrio König. Ek het dit darem nou gekry en gekopiëer na Word. Gaan dit eers lees.
Groetnis.

Michael said...

Ek dink dit is wonderlik dat die ware karakter van atties uitgelok kan word. Hierdie naweek was ek by Oom Angus se plaas. Ons het sommer vir die Oom wat vertel hoe lief hy vir Jesus is gaan kuier op sy plaas saam met so 100 000 of wat ander ouens.

Dit is presies hierdie liefde wat die wêreldbeskouing van ouens soos Jean en Claasen nooit kan omskryf nie. My hart gaan uit na mense wat selfgeregtigheid gekies het.

Ek lag lekker as ek sien hoe die onvermoë van atties ten toon gestel word. Watter attie gaan meer as 100 000 mense saam bring net omdat hulle wil hoor hoe lief hy vir hom / haarself is? (Ek dink dat 100 000 plus atties sal bymekaar kom net om te praat oor hulle diepe veragting van geloof.)

Groete,
Michael