Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/12/2009

“Standing on the shoulder of giants….”


Op watter reuse se skouers het jy al gestaan? Wat het jy toe gesien? En wat as jy uitvind dat jou reus maar net ‘n dwergie is soos jy? (Lees verder.... )

8 comments:

Henrietta said...

Julle ken waarskynlik hierdie uitdrukking ( of hoe Yf?) . Ek gaan nou nie probeer slim wees en die Latynse uitdrukking hier gooi nie, maar die hele spreekwoord sê iets soos ons is dwergies wat op die skouers van reuse staan. Dit is die eerste keer in die twaalfde eeu ge-uiter deur ene Bertrand van Chartres en het bekendheid verwerf toe sir Isaac Newton dit gebruik het. (Liza, Wikipedia het ‘n mooi prentjie van ‘n skildery wat dit uitbeeld, deur ene Nicolas Poussin). Is hierdie spreekwoord altyd waar?

Henrietta said...

Liza , dit moet 'n rekord wees: prentjie by die onderwerp in minder as vyf minute? ;)))))

Liza said...

Ja Paulus, Augustinus, Calvyn, Luther en ons hele kerkgeskiedenis sou dit seker ook kon sê... hoe sou hulle verder kon sien as dit nie vir Christus was nie..?

Yf said...

Henrietta,
Ons het al op 'n ander plek en in 'n ander tyd oor die soort ding gepraat, bietjie ander invalshoek maar die onderwerp het gehandel oor wie jy as gaste sou wou nooi vir ete. Dit is sekerlik hulle wat jy as reuse sou beskou. Tog net 'n ander gedagte - as almal op ander / voriges se skouers staan / gestaan het, wanneer laas was daar 'n oorspronklike gedagte? Eintlik bietjie skrikwekkend.

Henrietta said...

En ek wil net sê: die dwergie moet WIL sien , en seker ook nie pikdonkerbrille dra nie??

"None so blind as he that would not see"... of wat práát ek als?

Henrietta said...

In Bertus se "Geloof sonder die Bybel"-plasing het ek hierdie stukkie van Michael opgetel:

"Ek erken dat ek baie waarde uit baie mense se getuienisse kry, veral uit die Apologetiek. Die name wat my opval is William Lane Craig, Francis Scheaffer, Greg Bahnsen, Cornelius van Til, CS Lewis en ander".

Wil jy ons nie vertel by watter een van hierdie "reuse" het jy die verste gesien nie, Michael?

Michael said...

Hallo Henrietta,

Jammer ek kom nou eers hier uit. My blog tyd gebruik ek nou om so 'n bietjie in Engels op Uncommon Descent te gesels. Ek geniet dit om die atties daar op hol te jaag en te sien hoe baie eenders denkendes daar gesels.

As ek uit daardie lys moet kies dan het C.S. Lewis die grootste rol gespeel in my jong jare en nou sal dit seker William Lane Craig wees.

Lewis is net eenvoudig uitstaande in die eenvoud waarmee hy die moeilikste dinge kan verduidelik. William Lane Craig waardeer ek vir die energie wat hy as 'n uitstaande filosoof insit om eenvoudig sonder kompromie die skanse wat teen die Woord van God opgehef word af te breek. Op sy site http://www.reasonablefaith.org is daar 'n magdom inligting wat amper elke aspek van ons geloof vandag aanspreek.

Ek hou veral van Craig se studie oor die opstanding van Jesus. Dit is iets wat vir my persoonlik baie belangrik is om oor seker te wees.

Om eerlik te wees het ek nog net Schaeffer leer ken uit 'n reeks universiteitslesings wat ek oor hom geluister het. Die beskrywing van sy metode het my baie beïndruk en omdat ek Van Til en Bahnsen se presupositionalism leer ken en waardeer het was dit lekker om te sien hoe Schaeffer dit anders doen.

Bahnsen en Van Til het ek saam leer ken in 'n stel lesings 24 in totaal wat die hele spektrum van presuppositional apologetics hanteer. Uitstaande en so belangrik vir enige iemand wat wonder oor hoekom ons glo wat ons glo en op hoe 'n manier ander mense glo wat hulle glo.

Henrietta said...

Dankie vir julle antwoorde! Daar is regtig te veel mense om op te noem by wie ek sulke inspirerende waarhede geleer het, dat ek dit selfs vandag nog in my lewe en veral geestelike lewe toepas.

Die een wat ek seker die heel meeste by geleer het is Andrew Murray. By Christelike boekwinkels en kolporteurs het ek heel eerste sy boeke opgeraap ( as dit te kry was!), veral oor die pad van heiligmaking en die rol van die Heilige Gees in 'n mens se geestelike groei.

'n Ander een was Dr Willie Marais. Nie net sy boeke nie, maar ook sy kassetbande en radiopreke. Sy Tien Woorde van God het my geleer om heel anders na die Tien Gebooie te kyk.

Kosbare lewens- en huwelikslesse (is daar ouer mense wat nog sy Maksi-vrou en - man onthou?) het ek by oorlede Louis Malherbe geleer, kassette maar ook praatjies wat ons persoonlik bygewoon het.

Dan, John McArthur - ook weer, boeke, kassette en preke oor Radiokansel, het my veral geleer hoe om die Bybel as Woord van God te waardeer en respekteer.