Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/19/2009

"Op berge en in dale, en oral is my God!"

Hierdie ou-ou lied draai al die hele week in my kop, nadat ek in verlede week se Rapport gelees het (hier: http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2485507,00.html) dat Willie Esterhuyse 8 keer Egipte besoek het (onder andere die berg Sinai) en daar Sinai " teenoor homself erken het daar bestaan nie ’n onhistoriese, permanente of tydlose verstaan van God nie" . (Lees onder opmerkings)

3 comments:

Henrietta said...

Ek het al soveel inspirerende verhale, ook biografieë en outobiografieë gelees van hoe mense tot geloof gekom het, of selfs vernuwende of geloofsversterkende ervarings beleef het.... hoe dink julle, waar "vind" mens God, of waar of hoe kom 'n mens tot 'n bepaalde verstaan van God?

Liza said...

Is dit nie so dat God jou eerder vind nie...?

Hierdie is 'n greep uit 'n gesprek wat werklik plaasgevind het tussen Prof John Powell en een van sy skeptiese kweekskoolstudente, ene Tommy, wat op vier en twintig jaar sterwend was aan longkanker. Hy (Tommy) het vertel hoe moeilik dit altyd vir hom was om vir diegene naaste aan hom te vertel dat hy vir hulle lief is, totdat hy een dag besef het maar sy tyd raak min en dat dit ontsettend tragies sou wees om hierdie wêreld te verlaat sonder dat jy hulle vertel het dat jy hulle liefhet:

[...]En eendag, toe ek weer sien, toe was God daar! Hy het nie na my toe gekom toe ek Hom gesmeek het nie. Ek dink ek was dalk soos 'n leeutemmer wat met my hoepel gestaan het en vir God probeer sê het: 'Spring! Spring! Ek gee U drie dae - drie weke......' Dit lyk my God doen dinge op Sy eie manier, en op Sy eie tyd. Maar die belangrike ding was dat God daar was! Hy het my gevind. Ja, u was reg Prof., Hy het my gekry, selfs nadat ek opgehou het om vir Hom te soek."

My mond het oopgehang: "Tommy, jy het iets baie belangrik vir my vertel - iets wat baie, baie groter is as wat jy dalk sou besef. Wat jy eintlik sê, is dat die maklikste manier om God NIE te vind nie, is om Hom jou persoonlike besitting te probeer maak - 'n soort-van probleemoplosser of 'n kits-troos wanneer jy in die nood is. Dit is beter om eerder net jou hart oop te maak vir liefde. Jy weet, Paulus het gesê dat God liefde is, en dat as jy in liefde leef, dan leef jy met God, en God in jou."[...]

Henrietta said...

Hallo Liza, ja dit is waarom ek die "vind" tussen aanhalingstekens geskryf het ... Was dit nie een van die eerste Russiese ruimtevaarders wat jare gelede na sy ruimtevaart gesê het, dat hy oral rondgekyk het, maar God nerens "gevind" het nie?

Ons het al meermale oor "openbaringskennis" geskryf hier, en dit ís so : God openbaar Hom aan wie Hom met 'n opregte hart soek. Dink maar net vir een voorbeeld aan Paulus op die Damaskuspad....