Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/12/2009

Nog blink idees?

Seker weer die kreatiewe Liza wat die manne hierdien naweek in die versoeking gaan lei om eerder die hark vir ander doele te gebruik... Nog ander blink idees?
----------------------------------------------------
'n Blink, blink idee vir stuitige kalkoenborsies en boudjies/dytjies:
As jy nou rêrig jou gaste wil beïndruk met 'n meesterstuk soos hiernaas, sny 'n bikini-vorm uit 'n stuk tinfoelie uit, steek dit vas met tandestokkies en braai in oond...(die tinfoelie verhoed verbruining). :>p
Liza

2 comments:

Henrietta said...

Het julle al probeer om "flatty"- hoenders net so met sakkie en al in 'n toeklaprooster oor die kole gaar te maak? Daar was enkele klein gaatjies waardeur die marinade op die kole getap het, maar die meeste het behoue gebly. Toe die hoender gaar was, het ek 'n gaatjie in die een hoek geknip die sous afgegooi en die hoender sonder sakkie weer 'n paar minute net vir braai oor die kole gehou.

Ek het dit eendag in my dommigheid gedoen, en was dit lekker! Die hoender het eintlik gaar gestoom, het ek vir myself uitgemaak. Dit was murgsag en sappig. Mmmm - lekkerder as KFC!

Henrietta said...

Oe!!! Ja rerig stuitig, Liza! Ek het tot tien getel voor ek my kommentaar hier gepos het ;)))))))