Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/23/2009

'n Woord van wysheid

….Dis wat ek vra vandag. Goeie dag vriende.

‘n Vriend is besig om die pylvlak binne te wedren. Sy asem brand, sy wind is uit sy knieë is water maar hy hoor al as’t ware die skare juig soos hulle hom aanmoedig. Die skare van gelowiges wat wag om hom te ontvang. Hy sien al die Arms wat hom gaan vang anderkant die tydlyn en hom deur die deur gaan dra. Sy lewensfilosofie kan opgesoem word in Joh. 14, 2 Kor. 4:7 – 5: 10 en Opng. 19: 7. Dit is Christus gaan om vir ons plek voor te berei, al is ons nou gebrouke a.g.v. die sondelas, ons is nie vernietig nie en ten einde het die hemelse bruilofsfees vir die wat reeds huistoe is, aangebreek. En wie sal tog nie deel wil wees van daardie fees nie!

Dis presies hoe ek ook voel. In elk geval die vriend het nie ‘n trooswoord nodig nie, dalk sou dit ‘n belediging vir hom wees as mens hom wou probeer troos, want hy het die Trooster, maar….

Ek het familie wat die anderkant van die spektrum verteenwoordig. Ek weet wat mens veronderstel is om voro die tyd te doen, of hulle nou oop is daarvoor of nie. Maar wat sê mens vir hulle op die dag as hulle iemand aan die dood afstaan? Ek is nie so begaan oor hoe hulle na die gesprek oor my gana voel nie, maar mens wil tog graag iets sê, maar wat. Hoe hanteer mens so ‘n situasie, dis wat ek van julle wil weet.

Wys jou net hoe belangrik dit is dat jou familie en vriende weet waarheen jy gaan die dag as jy jou tentwoning verlaat. Dis tog ‘n groot troos, die wete dat jy saam met Christus gaan maaltyd hê en dat julle vir mekaar as’t ware by die Oospoort kan wag.

6 comments:

Michael said...

In die laaste tyd het ek begin dink dat my onvermoë om te getuig is direk verwant aan die mate waarin ek werklik ervaar dat ek 'n geestelike siel is wat verantwoordelik vir my fisiese en geestelike dade is.

Dit is verseker iets wat ek persoonlik agtermekaar sal wil kry voor ek teenoor my vriende en familie getuig.

Ek begin sommer 'n gesprek oor hierdie onderwerp.

Yf, dit is seker maar iets wat 'n mens net moet inspring met die versekering wat net geloof 'n mens kan gee.

Gideon said...

Yf, ek dink ek verstaan hoe jy voel.
Sal graag hieroor wil praat, (en ook sommer Michael se gemelde stuk lees). Gee net bietjie tyd, want môre (Woensdag) het ek ;n baie vol dag. Sal kyk hoe gou ek kan terugkom na jou.

Mooi bly.

Gideon.

Henrietta said...

Deur die jare het ek al 'n hele paar nabye vriende/kollegas "sien" gaan met kanker - so ek verstaan só goed wat jy deurmaak, Yf!

Een vriendin (geskeide ma, drie kinders : 10, 8 en 4 jaar oud!), het enkele dae voor haar dood met 'n besoek aan haar, vir my gesê : "Ek is reg om te gaan, maar ter wille van my kinders, WIL ek nie gaan nie...."

Nadat iemand gesterf het : Uit eie ervaring sou ek sê: dit gaan nie oor die "wat" wat gesê word nie, maar die "hoe". Om doodstil te bly en net "daar" te wees, beteken ook al so veel. Mens soek die meeste van die tyd net iemand wat simpatiek sal LUISTER, sonder om iets te sê.

Dit wat jy in die laaste paragraaf sê, is vir my ook belangrik : die troos wat mens as Christen-gelowiges het.

(Ek kan 'n lang lys goed gee wat mens NIE moet sê nie!)

Gideon said...

Liewe Yf, ek het al baie nagedink oor die hierdie saak: Ek sou graag aan ‘n ongelowige wou bewys dat God werklik bestaan. Die probleem is egter dat ek, indien die persoon nie aan die Bybel as God se Woord glo nie, Sy bestaan nie direk (empiries, wetenskaplik) kan bewys nie.

Daarom het ek mettertyd ‘n tweeledige (indirekte) benadering begin volg.
EERSTENS (met die einddoel in gedagte) lewe ek my christenskap in al sy fassette uit sodat, indien ek ‘n ongelowige wetenskaplik sou oortuig, hy die resultate van geloof alreeds in my lewe gesien (en gehoor) het.
TWEEDENS: Ek is daarvan oortuig (soos alreeds elders gesê) dat mense dink dat EVOLUSIE ‘n wetenskap is en dat hulle bewys het dat lewe vanself ontstaan het en in die verskillende lewensvorme ontwikkel het. Die logiese gevolgtrekking is natuurlik dat hulle (evolusioniste) bewys het dat daar nie ‘n (bybelse) intellegente ontwerp en “skepping” was nie – dus geen God nie. Die feit is dat evolusie nog nooit enigiets bewys het soos wat hulle op aanspraak maak nie. Dit bly eenvoudig net ‘n teorie – wat al meer en meer as onsinnig bewys word. Daarmee saam gaan natuurlik die moderne liberalistiese teoloë wat ons probeer wysmaak dat God se Woord bevat mites, oerverhale, fabels ens. wat bloot oorgeneem is van ander/heidense godsdienste. Uiteindelik hel die “skaal” soveel oor na geloof in die sg. “wetenskaplik bewese” evolusie dat die idee van ‘n almagtige God verwerp word. Dié twee staan immers lynreg en onversoenbaar teenoor mekaar. Anders gestel: Mens kan nie in evolusie én in God glo nie.

Die kern waarop die teorie van evolusie gebou is (soos ek dit verstaan) is dat dooie materiaal vanself begin lewe kry het. Elke poging om dít te bewys het sover klaaglik misluk. Die beginsel van lewe is eenvoudig net só kompleks dat geen denkende persoon wat biologie verstaan dit selfs kan begin glo nie – laat staan nog die moontlikheid dat enige organisme tot ‘n “hoër” lewensvorm kan ontwikkel. Dit is eenvoudig snert.

Om dít hier te probeer verduidelik is natuurlik buite die kwessie. Daarom sou ek jou aanraai om bietjie daaroor op te lees.
Die no.1 wat ek in hierdie verband wil aanbeveel is dr. H.D.Mouton se “Skepping en evolusie – onversoenbaar”. Ek beskou dit as ‘n geweldige geloofsversterker vir die gelowige, en oortuigingsmateriaal vir die ongelowige, en dit gee die getuigende christen baie “skietgoed”. Dit bevat ‘n geweldige wye veld van benadering – uit baie verskillende hoeke, baie jare van deeglike navorsing en ‘n oopvlek van al die bedrog, misleiding en leuens waarmee sg. “wetenskaplikes” hulleself besig hou, omdat hulle nie kan beskostig om ‘n “divine foot in the door” toe te laat nie.

Jy kan hierdie boek by sommige boekhandelaars kry, of jy kan dit direk kry by Hennie Mouton. Sy kontakbesonderhede is:
[hennie.mouton@kentron.co.za]
Sonjastraat, Doringkloof (012) 667-3636 (h) of Nellmapiusrylaan, Irene (012) 671-1299 (w).

Hier is ‘n stukkie oor hom wat ek gekopiëer het:
“Een van die lidmate van NG Doornkloof, dr. Hennie Mouton, se boek ‘Skepping & Evolusie - onversoenbaar!’ se derde druk het in Junie 2007 verskyn. Hy bestudeer die omstrede onderwerp nou al vir meer as 10 jaar en hy het 6 jaar aan hierdie boek van 468 bladsye gewerk. Dit is 'n opvolg en aansienlike uitbreiding op sy vorige twee boekies ‘Evolusie: die onwetenskaplike leuen’ en ‘Evolution: the unscientific lie’. Dit bevat van die nuutste en opwindendste internasionale getuienis vir die waarheid van die Bybel uit 'n wetenskaplike en historiese oogpunt. Hennie bied ook lesings oor skepping en evolusie aan, en het al op drie radiostasies daaroor gepraat.”

As jy verkies om verder/meer persoonlik te gesels oor aspekte van persoonlike getuienis, kan jy my gerus kontak by gaggenbag@lantic.net.

Groetnis vireers.

Gideon.

Yf said...

Hallo daar!
Danq vir die insette. Henrietta, ek hte nooit daaraan gedink nie, maar dis tog waar, dis net so belangrik om te weet wat om nie te sê nie, as andersom. Jy is welkom om jou lysie te plaas, ek lees en leer graag.

Dankie vir die uitnodiging, Gideon, ek hou dit beslis in gedagte.

Na ek nog gedink het, het die volgende by my opgekom: Identifiseer die relevante faktore en prioritiseer dit. Dan kan mens mos jou reaksie uitwerk. Sommer klaar geprioritiseer:

God (ten minste die eerste 6 plekke)
Die bedroefte
Ek
Aksies en reaksies

Aksies van God se kant af (uiters belangrik dat die korrek weergegee word)

Reaksies van die bedroefde se kant af. Ek is seker God kan enige reaksie van 'n mensekind hanteer. So daaroor hoef ek my nie te bekommer nie.

Hoe gaan ek hierdie reaksie hanteer? Wel, sien ek is die derde belangrikste, maak dit rêrug saak?

Ek dink mens gaan jouself net onnodig pootjie as jy bekommerd is oor die indruk wat jy gaan maak. Dan het jy mos jou eie belangrikheid ongevraadd en onbehoorlik eerste gestel. In elk geval, as mens nou daarop uit is om iemand te beindruk, wie sou jy eerder wou beindruk, nr. 1 of 2?

Die enigste vraag wat oorbly (dink ek) is? Watter aksies sou die Vader (en ek as Sy verteenwoordiger)neem teenoor die bedroefdes? Miskien kan mens dit ook anders stel - hoe sou jy wil hê dat ek teenoor jou moet optree as jy die bedroefde was?

Vrede en nabyheid vir algar in hierdie nag!

Henrietta said...

Dankie Yf, vir die uitnodiging om my lysie "moenies" hier te plaas.

Pynlike goed wat ek tot vandag toe onthou:

Ek het 'n nare aknee- uitbarsting gekry, en iemand wat ek nogal as 'n goeie vriendin beskou het, het gesê: "Wat worry jy daaroor? Jy het mos nou nie meer 'n man vir wie jy moet mooi lyk nie!"

'n Familielid het met trane in sy oë 'n dag voor my man se begrafnis, my hand geskud en simpatie uitgespreek, en nog in dieselfde asem gesê : "As jy een van die plase wil verkoop, moet my nie vergeet nie?"

Die eienaar van een van die aangrensende plase wat my man by hom gehuur het, het dae na sy dood aan my gesê: "Willie plaas my nou in 'n moeilike posisie : nou moet ek van my beleggings losmaak, totdat die boedel afgehandel is."

Een van die belangrikste is, om nie te sê : "ek weet hoe jy voel" as jy nog nooit in 'n soortgelyke situasie was nie, en al was mens in so 'n situasie, sal mens nooit regtig weet présíés hoe die persoon voel nie....

Sit 'n wag voor jou mond, nee, sit TIEN wagte voor jou mond... luister, eerder as om te praat... Vra die Here vir die regte woorde , is miskien die beste raad.