Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/23/2009

'n "Geestelike siel" vir ons liggaam en gees


Ek het gisteraand vir twee ure met my ouboet wat 'n dokter is gesels oor die liggaam siel en gees. Al is ons altwee "ewe lief vir Christus" het ons sommer dadelik verskil oor wat die siel is. Vir hom is die siel die wil, emosies en gedagtes van die mens. Daarmee stem ek heeltemal saam. Die verskil kom in toe ons moes besluit waar dit gesetel is.

Uit sy ervaring en opleiding as geneesheer is dit duidelik dat die siel deur die liggaam beïnvloed word tot so 'n mate dat hy oortuig is dat dit 'n setel in die fisiese brein het. Julle sal nie verbaas wees dat ek dit toe heelhartig verwerp het nie. My studie, wat nie naastenby so volledig soos sy studie is nie, maak dit vir my duidelik dat die siel NET 'n geestelike aspek is...

Laat ek verduidelik soos wat ek dit toe vir hom in 'n email vanoggend verduidelik het. Wat dink julle?
Brief volg onder opmerking/s

6 comments:

Liza said...

'n "Geestelike siel" vir ons liggaam en gees deur Michael vervolg:

Hallo [ouboet],

Dankie vir gister aand se lang kuier oor die foon. Ek het dit nodig gehad want ons altwee weet dat ons sien die siel en gees ding dalk so 'n bietjie anders en dit is vir my belangrik om jou siening ook te verstaan (en uit te daag), terwille van my eie insig. Jy weet jy is nog altyd my ouboet en my eerste ensiklopedie. Dankie daarvoor en vir jou geduld.

Ek gaan net gou weer probeer verduidelik wat ek bedoel met die verskil tussen 'n "fisiese siel" en 'n "geestelike siel".

Al die impulse wat ons van die fisiese wêreld af kry is deur ons liggaam... (geestelike impulse is van ons gees). Daardie impulse kom op 'n baie unieke manier by ons geestelike siel uit. "Geestelike siel" omdat dit gees is in wese. As die impulse nie goed is nie soos iemand wat nie goed kan sien of hoor nie, dan sal ons siel sukkel om sin te maak van wat ons ervaar. Soos ek al die data uit die wetenskap sien is ons brein bloot die integrasie en kommunikasie orgaan van ons liggaam. Alles wat met die brein gebeur glo ek is direk verwant aan die integrasie van sintuiglike of ander orgaan stimulasie. [Dit is filosofies onmoontlik om te verwag dat die brein chemie ook die wil, bewussyn en besluitneming is.] Alles dui ook daarop dat die brein dit nie werklik in 'n fisies logiese manier aanhou doen nie... brein toestande verander [chemie is te wispultuurig om gelyk aan 'n konsekwente bewussyn te wees ] en die enigste logiese manier hoe ons bewussyn daarvan kan "track" hou is as die siel dit doen. Ons siel organiseer ons plastiese brein toestande vir watter rede ook al. Ons siel besluit dat omdat ek links brein, links hand, links oog ens. is sal ek impulse so ontvang en so terugstuur. Dit is my siel wat my brein toestand verander soos wat ek my dominanies oefen om beter te word. As iemand nou vir my 'n hormonale of oordragstof middel ingee sal dit die boodskap na my siel toe beïnvloed en sal ek noodwendig optree volgens die sin wat my siel daarvan kan maak en sal my siel of "moed opgee" of onmiddelik begin verander aan my "verkeerde" breintoestand.

Dit kom daarop neer dat ons liggaam het 'n baie spesifieke manier hoe boodskappe by ons siel uitkom en dit bepaal hoe ons die wêreld waarneem en daarvolgens optree. Dit is daarom belangrik om die onderskeid te maak tussen unieke impuls resepsie en unieke terugvoer. Die twee is nie dieselfde nie, die een is die sentrum van ons bewussyn, ons siel wat alle beheer het tot die mate wat boodskappe ontvang en uitgevoer word deur ons liggaam in die fisiese wêreld, maar ook ons aktiwiteite in die geestelike wêreld waar ons met God en ander geestelike entiteite kontak kan hê deur ons geestelike liggaam.

Om die impulse van die liggaam af en die liggaam se vermoë om gehoor aan die siel se opdragte te gee... in die sentrum van ons bestaan te plaas neem effektief die verantwoordelikheid van ons bewussyn af weg. Dit gee ons bewussyn 'n "identiteitskrises". Om hierdie gedagte te toets sal ek graag wil weet hoeveel mense met geestesversteurings het 'n probleem om die outonome aard van hulle wil en bewussyn te erken. Wat ek bedoel is dat hulle sukkel om te erken dat hulle kan nee sê vir die impulse wat hulle ervaar, soos obsessief kompulsiewe gedrag en al die ander versteurings wat daar is.

Die behandeling wat ek voorstel is dat die mensdom en ons westerse samelewing in die besonder weer bewus word van ons geestelike siel se absolute gesag oor ons liggaam. Die wonderlike mediese werk wat gedoen kan word om die gebreke van die fisiese liggaam te verbeter, word in die wiele gery as jy daardie fisiese gebreke gelyk stel aan siels-gebreke. Daarom glo ek dat iemand wat pille vir depressie kry moet weet dat dit maar net soos 'n bril vir sy siel is. Dit gaan hom/haar maar net help om makliker van die lewe sin te maak, sy/haar siel sal steeds moet werk aan die terugvoer en oortuigings wat ons bewussyn betekenis gee.

Die siekte van die gees is dat dit nie genees word deur die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees is die een wat ons gees se verkeerde impulse reg maak. Dit volg dan logies dat ons geestelike siel is die geestelike sentrum van ons wil wat aan God onderwerp moet wees of in rebellie kan staan, met noodwendige gevolge in ons geestelike en fisiese optrede.

Ek wil sê dat selfs mense wat fisies 'n groot probleem met hulle brein en sintuiglike impulse het kan wonderlike gedrag toon met insig wat alle verstand te bowe gaan omdat hulle erkenning van hulle swakheid het en hulle gees kans gee om hulle te lei in die fisiese wêreld ook.

Dit is sommer nou 'n klomp gedagtes en ek hoop dit maak my standpunt so 'n bietjie duideliker.

Groete,
[Michael]
Om af te sluit wil ek graag vir julle wys hoe die siel en gees saam werk soos die Woord dit vir ons duidelik maak:


1Pe 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
Dit is vir my net nog 'n wonderlike gewaarwording uit die wetenskap dat ons is liggaam, siel en gees, soos wat die Woord ons leer.

(Kyk gerus na neuroplasticity in Wikipedia, onthou om nie 'n naturalistiese bril te gebruik soos wat die skrywers gebruik het nie. Kyk na die data...)

Liza said...

Michael said...
Net 'n begin sodat ek 'n epos kry as julle hieroor wil gesels...
~ Michael

Michael said...

Hierso is iets oor ons bewussyn wat deur 'n neuro wetenskaplike en filosoof geskryf is. Dit klink baie interessant.

http://mindfulhack.blogspot.com/2009_03_17_archive.html

Henrietta said...

Lekker pos , Michael ! Soos baie temas, hang dit ten nouste saam ‘n werklikheids- en dus ook mensbeskouing. Word ‘n mens soos die sekulêre sielkundiges soos Skinner en Freud glo, gesien as niks meer as ‘n dier nie? Of soos die Bybel sê dat ‘n mens na God se Beeld geskape is? (My stuiwertjie in hierdie beurs sal uit ‘n Bybelse beradingsoogpunt wees).

Die woord ‘” dichotomisme” word gebruik vir die siening waarvolgens ‘n mens uit twee substansies opgebou en “trichotomisme”, waarvolgens die liggaam aan die een kant en die gees aan die ander kant deur die siel in die middel verbind moet word.
Met julle argumentasie is julle in goeie geselskap.... ;)))) - Christen-terapeute/beraders is ook nie eenstemmig hieroor nie. Sommige sien die mens is ‘n twee- en ander drie-ledige wese, maar meesal as ‘n eenheidwese.

Paulus se woorde “gees, siel en liggaam” in 1 Tessalonisense 5:23 skep die indruk dat die mens ‘n drie-ledige wese is, maar die Bybel sien die mens as ‘n eenheid wat nie in verskillende dele verdeel kan word nie. Al sal die mens na die dood terugkeer tot stof, sal die mens se gees volgens die Bybel uiteindelik met die opgestane liggaam herenig word. Ander verse wat oor die onderwerp handel is Genesis 2:7, Matteus 10 vers 28, 1 Korintiërs 7:34b en Hebreërs 4 :12 .

Wat die bespreking nog interessanter maak is as mens kyk na ene Narramore se beskouing dat die dokter moet omsien na die mens se liggaam, die sielkundige na die mense se siel terwyl die mens se gees die verantwoordelikheid van die predikant is (wie kyk dan na die “samewerking” tussen die drie!)!

Dr. Pieter Joubert wat as sielkundige in Potch praktiseer, is ten gunste van ‘n drie-ledige siening van die mens: deur die vyf sintuie van sy liggaam kom die mens in aanraking met die materiële wêreld. Die siel is dié deel wat elke mens uniek maak en daarom kan ‘n mens praat van ‘n self-bewussyn of ‘n persoonlikheid. Die gees is dié deel van die mens waardeur hy met God kan kommunikeer, byvoorbeeld deur gebed, danksegging en lofprysing.

Michael said...

Baie dankie Henrietta vir hierdie bydra. Dit is vir my ook belangrik om seker te wees wat die Woord self hieroor te sê het.

Vanoggend het ek Jesus se gesprek met Nikodémus, soos in Johannes opgeskryf gelees. Die probleem was toe Jesus sê dat hy weergebore moet word. Met hierdie gesprek ingedagte het die volgende beskrywing toe vir my baie waarde gekry.

Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Dit is in hierdie vers uit Jesus se woorde self baie duidelik dat daar hier van 'n vleeslike en 'n geestelike liggaam gepraat word. As ons dan eenvoudig die siel as die bindende sentrum van besluitneming tussen die twee sien dan het ons die “trichotomisme” waarvan jy praat. Dit veronderstel soos jy sê 'n volkome eenheid van ons wese.

Groete,
Michael

Yf said...

Naand Vriende,
Ek dink deel vna die verwarring het te doen met die terminologie.Soma = liggaam, geen probleem; psige - siel & sielkunde, en onmiddelk dink mens aan die siel en dan kom die verwarring - noës of die noëtiese - die geestelike. Vir ons is siek en gees sinoniem - die dat ons so sukkel. Maar ek moet sê Henrietta het die mooi uiteengesit en ek skaar my by haar. Die mens is drie-dimensioneel, soma, psige en Noë en net so terloops, wat ek dink daarmee saamhang, 'n mens is 'n persoon met 'n karakter en temperament - jy het nie 'n persoonlikheid nie. ('n Dier kan dalk so iets hê?)