Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/28/2009

"Meer kennis beteken nie minder geloof"

Ook in vandag se BY, 'n repliek van Hannes van der Walt en Dewey de Wet, op 'n artikel in verlede week se BY van De la Rey Marais "Die gaping tussen wat ons weet en wat ons glo". (ongelukkig nie elektronies beskikbaar nie).

Marais se artikel was hoofsaaklik kritiek op die kerk en op die werk van predikers, en ook op die spanning tussen geloof en "wete". Die kern van Van der Walt en De Wet se repliek is dat geloof nie noodwendig teenoor die rede/verstand/kennis/wetenskap staaan nie, maar dat 'n mens se geloofsoortuigings altyd onderliggend is aan hoe 'n mens se verstand werk, hoe 'n mens kennis opbou en die wetenskap beoefen - 'n Mens se geloofsoortuigings bepaal dus hoe 'n mens kennis opbou oor iets en dit toepas, aldus die twee menere. Hulle pas hierdie stelling ook terugwaarts toe op Marais se artikel van verlede week.

As dit wat Van der Walt en De Wet sê, waar is, kan mens dit dan ook toepas op mense se sg wete oor / siening van ("geloof in?") in Darwinistiese evolusie?

1 comment:

Gideon said...

Ja ek dink ons kan, Henrietta. Maar dan moet ons in gedagte hou dat eintlik bestaan daar geen evolusie nie - ook nie 'n Darwinistiese evolusie nie. (Dan praat ons nie van mutasies / mikro-evolusie nie) Darwin het maar net 'n teorie oor evolusie gehad. Evolusie is ook nie, soos sommige wil vorgee, 'n wetenskap nie - dit bly blote teorie waarvan nog niks bewys is nie.

Juis in die strewe om evolusie te probeer bewys, word waarnemings/kennis op so 'n manier vertolk/geïnterpreteer dat hule ten alle koste die "divine foot in the door" probeer vermei. M.a.w. die geloof in evolusie en die geloof in God die Skepper staan lynreg teenoor mekaar.

Voorbeeld: Die evolusionis wil só graag sy teorie bewys dat, wanneer hy 'n fossiel kry van (sê) 'n dwergie met krom bene, lang arms en 'n effe misvormde skedel, hy dit as bewys wil gebruik dat mense van ape afstam.
Die skeppingsgelowige, daarenteen, sal die fossiel heeltemal anders interpreteer. Altwee se geloofsoortuiging sal onderliggend wees aan hulle interpretasie van die gegewens voor hulle. Daarom stem ek saam dat "'n mens se geloofsoortuigings altyd onderliggend is aan hoe 'n mens se verstand werk, hoe 'n mens kennis opbou en die wetenskap beoefen."

Dit is byv. óók waar dat wetenskaplikes misleiding en bedrog pleeg (hoe hulle hul wetenskap beoefen) in hulle ywer om hulle teorie te probeer bewys.

Dit klink vir my of Marais se artikel "Die gaping tussen wat ons weet en wat ons glo", 'n element van oneerlikheid (teenoor jouself) wil uitwys, asook 'n twyfel of die kennis wat jy opgedoen het, betroubaar en waar is. Ons ondervind dit in ons daaglikse lewe - byv. in dít wat ons lees. As ons alles vir soetkoek opeet, word ons soos 'n luislang wat so pas 'n kalf ingesluk het - onbeweeglik en nie in staat om jouself te verdedig nie.

Gegewe my persoonlke oortuigings en geloof in die Skepper en die betroubaarheid van Sy Woord, beteken meer kennis vir my nie minder geloof nie. Inteendeel: Hoe meer ek die eenvoud sowel as die verstommende kompleksiteit (en die temas/drade) van die Bybel raaksien, en hoe meer (ander) kennis ek opdoen, hoe vaster groei my geloofsoortuigings.

Natuurlik moet ons onderskei wat se kennis ons opdoen, en seker maak dat die sg. "kennis" nie maar net 'n stuk misleiding is nie.

Groetnis vireers.

Gideon.