Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/12/2009

Kerkdinge


Ek het al baie keer gewonder hoekom kerkgangers altyd agter in die kerk wil sit...? Sou dit wees omdat hulle ‘n mate van anonimiteit wil hê omdat die hare die oggend nie so lekker ge-”blowdry” het nie, die vorige aand se kuier aan die asem geruik kan word of is dit dalk om ongesiens uit te glip as die nood of rooklus te erg raak - of om watter ander rede ookal?....Vir my is die heelwarskynlikste verskoning omdat ons nie al die irritasies agter ons wil hoor nie!...
Soos wanneer jy rêrig weggevoer raak tydens die sing van ‘n psalm of ‘n begeesterde prediker se voordrag net om die twee sittendes agter jou se private diskoers te moet aanhoor....gedemp natuurlik, maar vir jou klink dit soos die gekrap van kryt op ‘n swartbord...

Lees verder:

4 comments:

Liza said...

Na diepe oordenking het ek die volgende lysie van fluisteringe en irritasies saamgestel, miskien het jy ook ‘n paar wat jy wil byvoeg....
* “Ek bel jou later, ons gaan nou bid of so iets” net vir die selfoon om ‘n sekond of wat daarna te lui en dan haastig doodgedruk te word.
* “Doom lyk vanoggend altevol soos Batman met sy toga”...”Ja oulike man kyk hoe sexy lyk die grys om die ore...”
* “Ma ek’s naar ek kannie meer hou nie...” en dan kom dit agter jou teen die kerkbank vas.
* “My ouma het ook die 1953 druk gebruik - so lekker groot geskryf, né” “Uhhmm ja myne het weer 'n vergrootglas gehad waarmee sy gelees het”....
* “Ek sien ou Piet is vanoggend weer terug in die ouderlingsbank, hy’t seker die dood se kloue met die prostaat-ding net-net vrygespring...” en dan die relaas wat oor simptomes en voorkoming volg...
* “Hoor-hoor, sê mos al lankal hulle moet die moffies vasvat”.. en dan “Moet ek vanoggend alweer agter Jan met sy waatlemoenkop sit net sodat ek nie die predikant kan sien nie!!” -So asof jy moet kan sien om te kan hoor...?\

En dan iets wat my nog altyd getickle het...Jy kom die kerk voor in en sit dan agter in die kerk - die dominee preek voor op die preekstoel en vergader agter in die konsistorie??

Ghieghieghie, praat van agterstevoorom.

Henrietta said...

Synde een van vyf kinders , en ma van vyf, en 'n geskiedenis van jarre se kerktoe gaan kan ek self al 'n hele paar bladsye vol skryf ...

Soos die keer toe een van hulle pas begin fluit het, en besluit het die kerk is die ideale plek om te oefen - en daar loop dit toe op 'n fluit-kompetisie tussen die klompie uit....

Of met nagmaal, die gestoeiery as daar geduik word om die laaste druppeltjie in die kelkie met die vingertjies by te kom...

Praat nie van die keer toe Boetie die papier wat ek vir hom gegee het om op te teken, in 'n vliegtuigie gevou het, en toe bo van die gallery af ondertoe laat vlieg het nie...

Yf said...

Wat my die meeste van als in ons gemeente irriteer is daar selfone - dis so flippin verwaand en die tannie wat so skuins agter ons sit en so hard sing dat almal in 'n sirkel van 'n paar meter haar moet hoor - ongelukkig vir haar nie die voorste matroos van die koor nie.

Ek het hal gedink mense is skaam om in die kerk raakgesien te word om voor almal te moet verbyloop maar ek het ook so 'n nare gevoel dat diesulkes gladnie omgee om op ander plekke raakgesien te word nie. Dalk is dit juis hoekom dit so is, darem snaaks hoe mense is - so skugter om as christen / kerkganger raakgesien te word. Dit laat my dink aan die gesegde "As hulle jou ooit voor die hof daag omdat jy 'n christen is, sal hulle ten minste genoeg bewyse vir hulle saak hê?"

Bertus said...

Kerkdinge en ervaringe: die ou oom wat so lekker HARD kan sing, kinders wat nie meer stil kan sit nie, karre buite wat verbybrul, reuke, trekkerige samesang, daai oomblik/ke wat jy 'connect'/iets ervaar/iets leer, die tee na die tyd, die reuk van my bybel,ellelange afkondigings, grinnik vir die outydse verwysings na 'die susters' wat al weer iets bak of brou, die ernstige gevrete van sommige broers, die swak klerestyl in ons kerke, stokoue kerkpakke en tabberds.

Kerk is lekker.