Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/18/2009

Gideon is terug

Hallo ouens!
Jammer, ek moet om verskoning vra. Ek het op verlof gegaan met die mening dat daar nie 'n kommunikasiegaping sou ontstaan nie. Toe beland ek op 'n plaaslyn waar die telkomsein nie deur my rekenaar as 'n sein herken word nie. Ander vrinne/familie op my roete het toe ook almal vooruitbetaalde telefone - met 'n PIN wat agterna ingetik moet word. Een vriend was wel op ADSL, maar toe weet nie een van ons om daarop in te stel nie.

Nou gaan ek eers opvang met die leeswerk hier op ons blog, en sien waar kom ons uit. Het rêrig verlang na my medebloggers. Tuis, maar darem nog op verlof tot Sondag, 22/3.

Veral nuuskierig oor Bertus se vraag - Christen-wees sonder die Bybel.

Groetnis vir eers.

Gideon.

1 comment:

Yf said...

Dag Vriend. Gulhartiglik welkom terug. Ek het toe almal per e-pos laat weet want my internet was op daai stadium af.

Vrede en nabyheid vir jou