Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

3/28/2009

Gee raad, asb.!

Ín die laaste tyd sien ek nie meer ons verjaarsdaglys nie, en die foto's van ons bloggers verskyn ook nie meer by hulle bydraes nie.

Is dit ons blog, of het my rekenaar se verstellings deurmekaar geraak?

Sal graag wil weet. Dankie by voorbaat.

Groetnis.

Gideon

2 comments:

Henrietta said...

Gideon, hele dag lank probleme gehad, en selfs nou sweet ek hier soos ek gesukkel het om iets geplaas te kry! Toe ons by ons diensverskaffer kla, sê hy, hy het talle klagtes van mense gekry wat sukkel? Niemand skyn te weet wat die oorsaak is nie.

Gideon said...

Soja, dankie Henrietta, nou weet ek darem ek is nie alleen nie. Maar wat het dan van almal geword - die hele gesprek lyk nou morsdood. Miskien dieselfde probleem?

Groetnis.