Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/09/2009

WAT IS KARAKTER?

You can easily judge the character of a man by how he treats those who can do nothing for him.” - James D. Miles

Wat is karakter? Kan karakter byvoorbeeld gedefinieer word deur sekere dinge wat mens NIE doen nie, of is daar 'n meer aktiewe betekenis rondom karakter. Is karakter 'n enkelvoudige karaktereienskap van 'n individu, of of bestaan dit uit verskillende aspekte? Kom karakter in grade voor? Hoe ontwikkel karakter? Kan mens karakter aanleer? Kan dit vir iemand geleer word? Watter rol speel geloof in die bou van mens se karakter? Ek sal graag wil hoor wat julle hieroor sê.
Groete
Mart

37 comments:

Mart said...

Ek lees nou die dag dat nadat 'n ompad gemaak is deur die hedonisme van die 1960's, die narcissisme van die 1970's, die materialisme van die 1980's en die apatie van die 1990's, ons moet erken dat karakter na alles tog belangrik is en weer 'n prominente plek in die samelewing behoort te kry...

Mart

Henrietta said...

Hallo Mart, lekker om jou weer raak te lees! Elkeen van die vrae wat jy vra, kan mens eintlik ‘n boek oor skryf. Hoe kweek ‘n mens karakter? sal ek as onderwyskundige maar eers by stilstaan. Vir my is die uiteindelike doel van die hele opvoedingsproses, waar dit ook al plaasvind , die ontwikkeling van karakter en die basis daarvan is om te weet wat is reg en wat is verkeerd. Volgens die Bybel moet ouers hul kinders opvoed – kinders word nie gebore met kennis van wat reg en verkeerd is nie. Woorde wat in mens se kop opkom in hierdie verband is “dissipline” , “kweek”, “vrug”.

Ons het al ‘n hele paar keer hier oor die sin van lyding gepraat. Verskillende plekke in die Bybel soos onder andere die Boek Job , Romeine 5, Heb 12, praat van wat mens alles leer deur lyding.

Ek dink karakter is die enigste ding wat mens hier van die aarde af na die lewe hierna saamneem, daarom werk God so hard aan ons hier op aarde!

Mart said...

Hi Henrietta. Dankie, ek is bly om terug te wees.

Ek hou van wat jy skryf, maar ek het die gevoel dat "karakter" oor meer gaan as wat reg en verkeerd is.

Dink jy dat dit moontlik is dat karakter ook gesien kan word in die lig van hoe mense op teëspoed reageer?

Henrietta said...

Hi Mart, ek het in my tweede paragraaf verwys na lyding? Na die Boek Job en na Romeine 5? Onder "lyding" verstaan ek ook teëspoed - enige vorm van fisiese, emosionele of geestelike pyn. Jammer as ek myself swak uitgedruk het!

Henrietta said...

Miskien is die manier waarop mens op VOORSPOED reageer, uiteindelik 'n groter toets van karakter? (Dink "noord van Suid-Afrika", vir 'n sprekende voorbeeld!)

Liza-Nel said...

Mart, hallo ek hoop die vakansie was baie lekker en wa' was jy oralste? :)

Dit is ‘n ingewikkelde konsep....as jy oor karakter praat moet jy seker persoonlikheid en temperament ook in ag neem? Al drie is in ‘n nou verband met mekaar vervleg...maar ek sou reken van die drie komponente is karakter die meer innerlike kern van die menslike psige - dit bepaal wie en wat jy IS.

In die Bybelse tyd was die hart beskou as die karakter van die mens. In Lukas 6 praat Christus van 'n goeie hart wat goeie dinge voortbring en 'n slegte hart wat slegte dinge bedink maw waar die hart van vol is loop die mond van oor - jou karakter/hartsgesindheid bepaal dus jou eienskappe.

In antwoord op jou laaste vraag aan Henrietta kan ek maar net sê dat mens moet kyk hoe Christus reageer het op teëspoed - sy vervolging, verloëning en die teestand wat Hy ondervind het...as Hy nie 'n Goddelike karakter gehad het nie het die verloop van die geskiedenis dalk drasties anders daar uitgesien.

Liza-Nel said...

You can tell a lot about a fellow’s character by his way of eating jelly beans.
— Ronald Reagan, 40th U.S. president (b. 1911)

Kom laat ek hoor:)))

Henrietta said...

Liewe Liza van "Vra-vir-Liza":

Ek eet jelly beans kleur-vir-kleur. Jelly beans is nie suiglekkers nie (daarvoor koop ek hardes soos extra strongs) maar vir eet : so die etery gaan vinniger.

Soms in die aande as ek nie aan die slaap kan raak nie, dink ek aan jelly beans (amper soos "skape tel"). Liewe Liza, wat sê dit van my karakter?

Liza-Nel said...

Dat jy 'n kompulsiewe Jelly Bean-eter is wat soms aan slapeloosheid ly. :0!

Henrietta said...

Is daar behandeling voor? ;))))

Michael said...

Hallo julle almal,

Mart ek hou van hierdie onderwerp omdat dit swaar op my hart druk op hierdie oomblik.

Daar is iets van Liza se aanhaling van R Reagan wat 'n gedagte waarmee ek al baie geworstel het by my oopgemaak het.

Toe ek klein was het ek baie versigtig en spaarsamig met my lekkergoed omgegaan. Dit was hoe ons geleer was. "Jy vreet nie net jou sweets op nie". Dit was vir my die normale toestand en vir my was dit lekker om nie net toe te gee aan die "suiker craving" nie.

Hierdie toestand het heeltemal verander toe ek maatjies gemaak het met die "ryk kinders" op die dorp. Vir hulle was lekkergoed daar om opgevreet te word. Dit was daar waar my karakter heeltemal verander het. Ek het begin om my lekkers op te eet sonder om daaroor te dink, sonder om dit stadig te geniet.

Diep binne my neem ek daardie "ryk maatjies" kwalik vir dit wat hulle van my weg gevat het, maar ek weet dat ek die enigste skuldige is.

Die vraag in my hart is hoe kry 'n mens daardie selfbeheersing weer terug? Hoe bou 'n mens weer 'n karakter wat dinge versigtig koester en nie net druk om die maksimum genot in die kortste tyd in te pak nie?

Hoe ek jelly beans eet is verseker vir my 'n saak van karakter...

Groete,
Michael

Henrietta said...

Grappies op 'n stokkie - ja Michael , eintlik kan mens "karakter" van byna elke menslike handeling aflei....

Geld was beslis nie volop toe ek 'n kind was nie. Ons het op die plaas gebly en net een maal 'n week "dorptoe gegaan" om inkopies te doen. Met 'n halfkroon ( "twee sjielings en ses pennies") in jou sak was jy skatryk (in 1960 toe ons gemetriseer het, was 'n halfkroon 25 sent werd ).

Ons het altyd die lekkers wat die langste sal hou uitgesoek. Ek onthou dat ons sulke groot, bruin, plat plakke "Sharp" toffielekkers kon koop (amper soos 'n dun plak sjokolade). Dan het ons dit versigtig op die grond laat val , nog in die papier, sodat dit in kleiner stukke kan breek. As mens versigtig gesuig-eet het, het jou plakkie 'n hele week gehou ...

Mens kon vir 'n pennie 'n hele Wilson-toffie koop - dit het laaaank gehou! Ook vir 'n pennie: 'n gróót "Watt"- kougomblokkie, maar jy moes dit skelm doen want kougom was 'n néé-néé! En kon jy gróót bolle blaas daarmee!

Vier "niggerballs" vir 'n pennie (jammer vir die polities-inkorrekte woord, maar dit was die lekkers se naam) - was hulle regtig daardie tyd so groot of was dit maar net omdat ons "klein" was?

Die lae van die balle het verskillende kleure gehad : dan suig jy 'n lagie af tot by die volgende kleur, en bêre jou lekker tot later - en herhaal dan die proses - ek is seker Gideon sal dit ook onthou!

Liza-Nel said...

Vir my is daar min lekkertes wat met drop oftewel licorice/liekeries kan meeding - Katjesdrop, Schoolkrijt (wat jy by Fruit en Veg kan koop), Jubes en my 'favourite', Dubbelzoute drop...wat voel asof die 'je als ware een klap in je gezicht geven van de zoutigheid', my voorland is seker eendag hoë bloeddruk.

Liza-Nel said...

Wel Henrietta om Mart se draad weer op dreef te kry sou ek sê die oplossing vir jou met die soettand sal wees om selfbeheersing aan die nag te lê - jy weet hou op om saans aan Jelly beans en ander soetighede te dink - dit sal beslis karakter kweek en jy sal op die koop toe makliker aan die slaap raak ook...;))

Mart said...

Hey julle twee, los nou die soetgoed en praat oor KARAKTER?
;))

Liza-Nel said...

Michael: Hoe bou 'n mens weer 'n karakter wat dinge versigtig koester en nie net druk om die maksimum genot in die kortste tyd in te pak nie?

Dit is seker dan wat Pres. Reagan ook wou bepaal met sy jelly bean-teorie - hoe sy opposisie uit die aard van hulle karakter dinge hanteer.
Hy het glo tydens belangrike vergaderings altyd 'n fles met dié lekkers byderhand gehad om te kyk wie eet die lekkers versigtig een vir een volgens kleur en wie gryp sommer net 'n handvol...

Michael said...

Hi Liza,

Vanoggend het ek weer van die Jelly Bean logika gehoor toe hulle vertel het van Obama se meer as 2triljoen dollar pakket.

Die Republikeine (Soos Reagan was) het natuurlik gesê dat dit nie goed is om 'n hand vol jelly beans te gryp en te dink dit gaan die probleem oplos nie.

Wat ons nou vir onsself sê is dat die lyk of die karakter van die meer liberales geneig is tot spandabelrigheid (d.w.s. verbruikers). Die ironie is dat hulle nou die "greenies" ook is.

Groete,
Michael

Michael said...

Hi Julle,

Ek het nou net die oplossing vir my probleem gesien in 'n advertensie by die lughawe.

"BOYSTOWN gives you back your innocence"

Ek weet waar ek gaan board!

Groete,
Michael

Henrietta said...

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe prakties die Bybel is. By verdere nadenke oor die onderwerp “karakter”, bly ek by my standpunt dat daar ‘n noue verband is tussen opvoeding en karakterontwikkeling. Selfs die nuwe UGO (waarvan ek glad nie ‘n voorstander is nie) maak ruim plek vir die ontwikkeling van WAARDES, net soos die ou stelsel.

Die beste tyd om karakter te ontwikkel, is wanneer kinders klein is - Spreuke is vol daarvan. Deutr. 6:7-8 sê: “Herhaal hierdie dinge oor en oor vir julle kinders. Praat daaroor by die huis en wanneer julle op pad is, wanneer julle lê of wanneer julle opstaan. Bind dit op jou hande as ‘n herinnering en dra dit op jou voorkop. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en van jou poorte.”


Michael vra : hoe kry mens selfbeheersing weer terug? Ek wil eerstens sê: Mooi so! dat jy sien dat "iets" besig is om beheer in jou lewe oor te neem.

Ek sou reken dat selfbeheersing t.o.v. "lekkers" maar geleer sou word soos met enige ander ding wat "verslawing-afmetings" in mens se lewe begin aanneem.

Mens moet heel eerste uitvind waarom die gebruik van die bepaalde stof handuit geruk het.

Michael, dalk moet jy vir 'n mediese "check-up" gaan, met bloedtoete en al. Skielike "cravings" kan op tekorte in die liggaam wys (by vrouens dikwels iets anders - ;))).


Dit kan ook iets te doen hê met dinge uit jou verlede, en dus diep in jou onderbewussyn lê, soos dat jy nou onbewus wil "opmaak" vir die kindertyd toe jy nie vrylik lekkers kon eet nie. Baie keer is die "awareness" van so iets, klaar genesend.

As dit nie werk nie, moet jy 'n handvol lekkers voor jouself neersit, en kyk hoe lank kan dit daar lê sonder om daaraan te raak. Stel vir jouself 'n perk, bv 24 uur, en wens jouself geluk as jy 24 uur sonder jou geliefde jellybeans kon klaarkom. Beloon dan jouself met so drie lekkertjies. Rek die eetproses van die 3 bone so lank as moontlik uit. Stel nou 'n langer perk , (bv. 48 uur) en herhaal die proses, met minder lekkers om te eet, tot jy later niks meer eet nie, en die handvol bone onaangeraak daar lê.

Hê gereeld gesprekke met jouself, om jouself geluk te wens met elke sukses, en jouself te oortuig dat jy dit nie nodig het nie, of jouself te waarsky dat te veel suiker sleg is vir jou tande, jou lewer en pankreas.

Sterkte! Ek wéét jy kán dit doen!

Liza-Nel said...

Henrietta ek weet nie of jou lekkergoed-teorie so lekker gaan werk nie...dieetnavorsing het bewys dat hoe meer jy jouself sekere voedselsoorte ontsê hoe meer 'crave' jou liggaam daarvoor. So lyk my matigheid voor oë is meer prakties as geheel-
onthouding...dissiplineer jouself eerder om minder van iets te eet of te drink as om geheel en al drasties te raak...anyways daai swart Jelliebabes is darem maar baie lekker...:))

Henrietta said...

Ek het iewers gelees die Proteas was eens op so 'n "jelly bean eating spree" en kyk net waar is hulle vandag : heel bo aan die punte-leer EN in die pound seats - BRING DAAI B-O-N-E!!!!

Mart said...

Karakter gaan vir my oor:
1) Wysheid en kennis
2) Kreatiwiteit
3) Oop gemoed
4) Perspektief
5) Leergierigheid
6) Moed
7) Integriteit
8) Deursettingsvermoë
9) Vitaliteit - as daar so 'n woord bestaan
10) Menslikheid
11) Liefde
12) Sagmoedigheid
13) Sosiale intelligensie
14) Regverdigheid
15) Leierskap
16) Vergiffenis
17) Self-regulering
18) Waardering vir skoonheid
19) Dankbaarheid
20) Hoop
21) Humor
22) Geestelikheid

Sjoe! Het ek iets vergeet?

Mart.

Liza-Nel said...

Ghieghieghie - Michael hoe lank dink jy gaan 'n pakkie Jellie beans in Boys Town hou?

Henrietta said...

En hier is die Proteas se geheim:

Extreme Sport Beans
In November 2007, Extreme Sports Beans were released. They are being marketed as "energizing" jelly beans, and they contain electrolytes, vitamins and 50 mg of caffeine per serving.

Henrietta said...

Mart vra: Sjoe! Het ek iets vergeet?

Selfbeheersing by die eet van jelly beans? ;))))

Henrietta said...

Blymoedigheid - of pas dit onder vitaliteit?

'n Sin vir verantwoordelikheid is vir my nogal belangrik - ek het hoeveel keer vir my kinders gesê : onthou wat jy ookal doen, jy is self verantwoordelik vir die keuses wat jy maak...

Mart said...

Dictionary Definition of Character:

One dictionary defines character, in the sense we are considering here, to be "the complex of mental and ethical traits marking a person." In another dictionary, character is said to be "the stable and distinctive qualities built into an individual's life which determine his or her response regardless of circumstances."

Mart said...

"...When we think of someone with good character or morals we can find many who fit the bill. One of the men I think about is Noah. Even if you are not Biblical you have heard of Noah. Noah was a man who God chose as being a person of good character. Noah was a just man. He was righteous in conduct and character. He was a man vindicated by God. He was also able to maintain his integrity as he was being ridiculed by his peers. He was a role model for them and by being a man of good standing and did not waiver in his conviction, God protected Noah and his family..."

http://ezinearticles.com/?What-is-Character?&id=1828510

Mart said...

Hehehe! Liza, jy reken jelly beans gaan nie lank hou by Boys Town nie?
;)

Henrietta, ja, blymoedigheid en 'n sin vir verantwoordelikheid is beslis eienskappe van karakter.

Liza-Nel said...

Mart: "...the stable and distinctive qualities built into an individual's life which determine his or her response regardless of circumstances".

Hoor wat sê C.S. Lewis:
“Christianity is a world that is a great sculptor's shop. We are the statues and there's a rumor going around the shop that some of us are some day going to come to life.”

God is die beeldhouer of pottebakker wat vorm en skaaf aan my karakter dmv sy Woord...

Mart said...

Liza, ek hou baie van C.S. Lewis se aanhaling wat jy geplaas het...

Die standbeelde gaan eendag begin lewe....dalk as daar ook genoeg karakter teenwoordig is?

Liza-Nel said...

Yip..soos C.S Lewissê:
Obedience is the road to freedom, humility the road to pleasure, unity the road to personality.
-The Weight of Glory

Dis nie altyd lekker of maklik nie.

Michael said...

Hi Liza,

As ek my onskuld by Boys Town kan terugkry gee ek nie om wat die ander boys met die jelly beans doen nie. In my onskuld sal ek weg stap met die vrede waarna ons almal soek.

Ek sal nie werklik so harteloos wees nie. Die advertensie wat ek gesien het was baie oulik. Dit was van 'n hand wat 'n skets van een of ander jeug "misdaad" maak, soos rook of geweld of so iets. En dan verder gaan met die skets en dit omvorm in iets mooi en onskuldig soos 'n voëltjie of so. Ek het nie 'n TV nie so ek sal nie weet of dit 'n algemene advertensie is nie.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Ek weet ook nie van die advertensie nie. Wat ek van Boys Town weet is dat dit 'n plek is waar outjies met probleme gestuur word...tensy dit deesdae anders daar uitsien?...

Die vrede waarvan jy praat en waarna ons almal seker op een of ander stadium verlang is seker maar die toestand waarna Milton in sy Paradise Lost ook verwys - die ideale tydperk voor Adam en Eva se val...toe Jelly beans nog Jelly beans was, kleurvol en eenvoudig, en slegs vir die genot daarvan...

Michael said...

So toe verloor ons ons onskuld toe ons Jelly Beans begin vreet het en nie net rustig eet het nie???

Mart said...

Sover ek weet, is daar nou ook dogters in Boys Town. Sal bietjie uitvind. Dit maak die jelly beans natuurlik meer aantreklik!

Liza-Nel said...

Miskien moes ons maar liefs by die vrugte - appels uitgesluit - en die sade gehou het.