Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/16/2009

Uitsettingsbevel kom vir Carl Niehaus

"...Die eienaar van die luukse Toskaanse huis in Carlswald, Midrand, wat hy sedert Julie verlede jaar huur, gaan môre vir ’n uitsettingsbevel aansoek doen weens Niehaus se agterstallige huur van honderdduisende rande. Mnr. Eric Corbishley, die huis?eienaar, het gister gesê hy het die naweek die aansoek vir die bevel geteken. “Ek gaan ook die water en ligte afsny. “Niehaus skuld my in die omgewing van R300 000 en ek kan nie langer wag nie.” Niehaus het vroeër aan die Sunday Times gesê die ANC het drie maande lank nagelaat om hom te betaal en dat hy daarom nie sy huur kon bybring nie. “Hulle (die ANC) het met my gemors. Daar was ’n vertraging in betaling en die finalisering van my kontrak,” het hy gesê.Hy het ook aan die koerant erken dat hy vroeër gearresteer is omdat hy nie ’n rekening van R70 000 by Sun City kon betaal nie. Me. Rose Gudhluza, OD-voorsitter in Gauteng, het gister by die Johannesburgse sentrale polisiekantoor ’n klag van bedrog teen Niehaus gelê omdat hy aan die Mail & Guardian beken het dat hy as Geda-hoof hoëlui se handtekeninge vervals het... " - BEELD 16 Feb 2009

4 comments:

Liza-Nel said...

Ek wonder nou of hy jammer is omdat hy uitgevang is en of sy trane opreg bedoel is.
Lees berig oor sy lys erkennings in Mail&Guardian - Tearful Niehaus admits fraud

Die les wat hieruit geleer kan word is soos die gesegde sê 'moet nooit hoër probeer vlieg as wat jou vlerke lank is nie...'

Henrietta said...

Dit is snaaks hoeveel waarheid daar soms in gesegdes sit. Een wat by die lees hiervan by my opkom is : "'n Boom vrot van sy wortels af". Die meeste ouens wat nou in die regeer-stoele sit, se wortels is vrot. Die SA - boom is stadig maar seker besig om te vrot - van "wortelvrotsiekte"....

Liza-Nel said...

Former ANC spokesman Carl Niehaus' current “personal situation” was the effects of his “time spent in prison for his principled opposition to apartheid”, his lawyer said today.[...]
-http://blogs.thetimes.co.za/news/

Hoe gerieflik.
Lyk my as jy deesdae nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir jou dade nie is daar altyd die duiwel of apartheid op wie die skuld gepak kan word.

Mart said...

Mnr. Carl Niehaus, gewese ANC-woordvoerder, het gisteraand uit sy nuwe werk in die ANC bedank nadat nóg van sy leuens aan die lig gekom het.