Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/15/2009

JOOST, DIE STRIPPER EN DIE COCAINE

Sy hart is skoon...hy leef vir sy Here, sê Joost
RAPPORT 15 Feb. 2009
"Joost het gister ontken hy is die man op die seksvideo.
“Dis baie duidelik nie ek in die video nie. Ek besit nie Polo-sokkies nie. Ek het nog nooit in my lewe my vrou verneuk nie,” het hy gesê. “Dis baie duidelik ’n komplot teen ons gesin. Iemand daar buite probeer my en my vrou se huwelik verwoes. Drie jaar gelede moes ek nasionale intelligensie se hulp inroep omdat mense ons gedreig het. “Ons telefone het afluister-toestelle gehad, ons rekenaars was gekontroleer deur iemand anders en daar was versteekte kameras in ons huis. “Ek het permanent met ’n pistool in my huis rondgeloop om my gesin te beskerm.” Joost sê iemand het ook Amor se selfoonstate, met ’n sekere nommer daarop omkring, vir hom gepos. Hy meen die video se skielike verskyning hou verband met ’n dreig-oproep wat hy verlede jaar van ’n onbekende man gekry het. Die man het gesê: “Jou k*k begin nou eers...” Lees asb verder by opmerkings. Groete, Mart.

17 comments:

Mart said...

“Kort hierna het ’n foutiewe storie in ’n Engelse sake-koerante verskyn waarin gesinspeel is dat hý die oorsaak was dat ’n maatskappy waarvoor hy gewerk het, onder gegaan het.
“En drie weke gelede het iemand Amor gebel en gesê sy moet haarself gereed maak vir ’n lekker koerantberig.”

“Ek is glad nie verbaas oor die video nie. Ek het dit eintlik verwag.”
Maar, sê Joost: “My hart is skoon. Ek slaap nie rond nie. As ek nou bestuur, ’n paal tref en sterf, gaan ek reguit Hemel toe. Ek leef vir my Here. Ek leef vir my vrou en kinders.

“Ek betaal nie vir seks nie. Ek het nog nooit en sal nog nooit.”

NOU WONDER EK: Kan Amor hom dan nie in detail op daardie gewraakte video herken nie? Wat nou?

Mart said...

Lees die voorblad berig hieroor by:
http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2470212,00.html

Henrietta said...

Liza sal seker hierdie een kan antwoord: hoe maklik/moeilik is dit om d.m.v. Photo Shop videos/foto's te "dokter"?

Met die VSA se verkiesingsveldtogte het ek die weirdste video's van vriende in die VSA gekry, met "Palin" daarin - toe ek my skok uitspreek, wou die vriende hul doodlag : baie mense is vir "suckers" gevang - dit was bekook.

Het Amor nie ook so 'n ruk terug onder 'n soortgelyke "bekookte" video opname deurgeloop nie?

Gideon said...

Ek wil nie graag die berig glo nie. Baie mense sal seker die nuwe storie geniet, maar ek is rêrig hartseer daaroor. Dan verdink ek ook liewer die moderne tegnologie - waarmee jy omtrent enigiets kan optower.

En daarmee saam moet ek natuurlik ook sê: Ek ken vir Joost maar net van foto's en berigte, daarom weet ek nie wat om te glo nie. Hoop maar net die storie blyk onwaar te wees.

Mart said...

In vandag (Maandag, 16 Feb) se BEELD:

"Die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen wil met ’n dringende hofinterdik ’n video te sien kry waarin ’n ongenoemde vrou na bewering orale seks met hom het.

’n Onderbroek en sokkies wat hy glo nié het nie en ’n tatoeëermerk wat hy wel het, sal van die vernaamste “bewyse” van sy onskuld wees, het gister uit gesprekke met hom geblyk.

Van der Westhuizen het ook bevestig hy het drie weke gelede ’n dreigoproep gekry om te sê die “k*k” gaan begin.

Rapport het gister oor die bestaan van die beweerde video berig en ’n videogreep daaruit gepubliseer. Op die foto kom dit voor of ’n donkerkopman iets snuif met ’n vrou se pienk onderklere vlakby sy neus.

Luidens die berig snuif die man en vrou, vermoedelik ’n prostituut, in die video ’n wit poeier.

Van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, het gister ten sterkste ontken hy verskyn in so ’n video.

Gevra hoekom hy nie Saterdag, toe hy oor die berig ingelig is, reeds ’n interdik gevra het om die publikasie daarvan te keer nie, het hy gesê: “Omdat ek niks het om weg te steek nie.”

Daar is mense wat daarop uit is “om my en my gesin te probeer breek. Hulle wil my en Amor uitmekaardryf. Ek het hoegenaamd nie die video gesien voordat die berig gepubliseer is nie en kan dus nie regtig daarop reageer nie. Daarom beoog ek om ’n interdik te vra om die video te sien”.

Die man op die video raak van sy klere ontslae sodat “al wat hy aanhou, sy swart Polo-sokkies en ’n wit onderbroek met gaatjies daarin” is, berig Rapport.

“Te oordeel na die bewerings in die berig sal almal wat my ken, weet dit kan nie ek wees nie,” het Van der Westhuizen gister gesê. “Vir eers besit ek nie Polo-sokkies van watter kleur ook al nie. Amor koop my klere en sy het nog nooit vir my Polo-sokkies gekoop nie.

“Tweedens besit ek geen onderbroek, weer eens van watter kleur ook al, met gaatjies in nie. As hulle bedoel gaatjies soos in stukkende plekke, is dit snert. Ons huishulp het streng opdrag om alle stukkende klere summier weg te gooi.

“As hulle bedoel daai onderbroeke wat die ou mans dra wat gaatjies in die materiaal het – dit besit ek ook nie. Ek dra gewone Jockeys.”

Dit is algemeen bekend dat Van der Westhuzen ’n tatoeëermerk op sy boud het. “As dit regtig ek op die video is, behoort dié merk duidelik sigbaar te wees. Ek wil dit ook onomwonde stel dat ek nog nooit in my hele lewe dwelms van watter aard ook al gebruik het nie. Ek snuif niks,” het hy gesê.

“Al wat ek in hierdie stadium bereid is om te bevestig, is dat ek drie weke gelede ’n oproep van ’n man gekry het wat in suiwer Afrikaans vir my gese het: ‘Jou k*k begin nou.’ Dit verduidelik alles.”

Hy en sy vrou het hul liefde vir mekaar beklemtoon. Van der Westhuizen het byge- voeg sy vrou “support” hom “ongelooflik” en die verhouding tussen hulle is “uniek”.

Vittone het ’n paar jaar gelede ’n soortgelyke ervaring gehad toe die tydskrif Loslyf ’n foto van ’n vrou se bors gepubliseer het en beweer het dis hare. Die Pretoriase hooggeregshof het in 2006 R180 000 aan skadevergoeding aan haar toegestaan."

Liza-Nel said...

Ek is gladnie 'n Joost van der Westhuizen 'fan' nie, maar ek gee hom die voordeel van die twyfel...die hele besigheid klink vir my na 'n voorbedagte opsetlikheid om 'n vinnige paar dollars te maak. Die 'stripper' ken seker iemand wat soos Joost lyk en in 'n oomblik van kokaïnbeswyming besluit hulle toe om 'n video 'clip' te maak...

Hoe het die vrou dit in elk geval reggekry om 'n video-opname van die kaskenades te maak sonder dat die 'manspersoon' daarvan bewus was? En sou Joost dan nou so dom wees om mee te maak aan so iets en daarmee alles op die spel plaas?

Ek hoop hy ry die pers die afgrond in.

Michael said...

My idee hieroor is dat Joost en Amor self hier agter sit. Hulle het tien teen een sommer self 'n "porn clip" van die internet gaan soek met iemand wat naastenby soos Joost lyk en dit vir die media "gelêk". Nou kan die arme paartjie weer op die voorblaaie bespreek word.

Joost en Amor is 'n sensasie couple wat net eenvoudig nie sonder die lime light kan bestaan nie. Niks van hulle openbare optrede laat my ander dink nie.

Vir my is daar geen "voordeel van enige twyfel" vir die eenvoudige rede dat jy aan jou vrugte geken sal word.

Let wel ek veroordeel hulle op geen vlak nie. Ek erken maar net teenoor julle wat ek dink die logiese stand van sake is gesien uit hulle geskiedenis. Daarmee gee ek nie voor dat ek reg is nie.

Groete,
Michael
P.S. Die voorblad van gister het my Sondag heel effektief ontheilig en ek neem hulle en die media daarvoor kwalik.

Mart said...

Hierdie affêre is vir my baie weird. Waarom haat iemand vir Joost tot so 'n mate dat soveel moeite gedoen word om hom te na te kom?

Wie sou die stripper dus betaal om die video te maak - of dit nou Joost, of wie ookal saam met haar daarop is?

Hoekom kry hulle so baie dreig-oproepe, word hul rekenaars befoeter, ens. ens.?

Hier is 'n vet slang in die gras. Dalk is die egpaartjie nie so vreeslik heilig soos wat hulle graag voorgee nie?

Liza-Nel said...

Ander mense se boeke is duister om te lees. Ek glo nie sy vrou sal 14 Februarie 2009 gou vergeet nie.

Henrietta said...

Mart vra iewers : waarom haat (iemand) Joost so?

Iets wat ek jarre der jarre gelede (toe JR Ewing en kie op die TV gewys het, ek onthou nie die naam van die soapy nie) in 'n supermark gehoor het, spook gereeld by my :

Daar was die "baddies", met JR voor in die koor, en dan die "goodies" , onder andere Bobby en sy vrou Pamela.

Loop ek so starrig van rak tot rak en pryse vergelyk, met twee jong vroutjies voor my wat so al geselsend hul trollies vul. Die gesprek gaan oor dié genoemde soapy.

Sê die een skielik, BAIE heftig: "Ek wens ek kan daai Pamela 'n paar taai klappe gee, dat sy kan regkom - sy is te goed vir woorde!"

Wat het ek hieruit geleer? Daar is mense wat "goodies" nie kan verdra nie.... wat hulle 'n paar taai klappe wil gee "dat hulle kan regkom"...

Is dit nie wat nou met Vusi Pikoli gebeur het nie?

Is dit nie 'n moontlike rede vir die geweld wat in sommige huwelike gepleeg word nie?

Henrietta said...

Ek hou nie juis van têtoe nie (sorry , as iemand wat hier lees dalk 'n têtoe het) - maar ek het NOOIT gedink 'n têtoe kan ten goede gebruik word nie ...

Ek sien al oor 'n paar maande die opskrif op RAPPORT se voorblad : "JOOST STRIP IN HOF OM TÊTOE TE WYS".... en derduisende koerante word verkoop ...

Wie weet - dalk is dit die KOERANTE wat die stories begin!!

Liza-Nel said...

Nevermaaind die koerantopskrifte dink net aan die der duisende vroulike bewonderaars wat die sitting gaan bywoon om Joost se tattoo van naderby te bekyk! ;)

Liza-Nel said...

Nee wat ek glo steeds
Joost is onskuldig aan die video -debakel ...Onthou julle nog die kubersekspes ou van so 'n jaar of wat terug wat wat met sy betrokke webblad, verskeie openbare figure in die RSA se name en reputasies groot skade aangedoen het met sy vuil gay-seks stories oor o.a. bekendes soos James Small, ds. Jan de Wet en Simon Grindrod? Wel ek dink dis weer iets soortgelyk wat hier aan die gebeur is met Joost...

Mart said...

Ek onthou daardie ou wat bekendes se name deur die modder gesleep het met sy gay storietjies. Dit was 'n reuse verleentheid ook vir Andre Schwartz.

Dalk is jy reg, Liza. Die arme Joost is seker buite homself van woede. Hy verdien nie liegstories oor hom nie.

Dalkies het dit tyd geword dat hulle as 'n gesin nou bietjie uit die kollig tree. Geen gesin is in elk geval perfek nie en baie mense is nou al moeg vir hulle openlike beeldbou aksies in die media.

Mart said...

BEELD, 17 Februarie 2009: "Joost van der Westhuizen het minstens een groot “troefkaart” wat glo bewys dis nié hy wat in die sogenaamde Joost-seksvideo verskyn nie: ’n tatoeëermerk “onder sy onderbroeklyn”.

En hy kén die mense in daai video.

Die voormalige Springbok-rugbykaptein het gister aan Beeld gesê sy tatoeëermerk, “waarvan min mense weet naby ’n baie private plek”, is nié op die video te sien nie – en dat die man in die video se geslagsdeel “sommer baie groter” as syne is.

Tog erken hy self: “Ek aanvaar dat enige lid van die publiek wat na die video kyk, maklik sou kon dink dit is ek.”

Rapport het Sondag die bestaan van dié video onthul. In die video, waaruit verskeie beeldgrepe ook vandag in die tydskrif Heat verskyn, het ’n man wat baie na Joost lyk onder meer orale seks en snuif hy iets wat volgens Rapport en Heat ’n “wit poeier” is.

Beeld sou gistermiddag toegelaat word om na die video te kyk nadat Van der Westhuizen dit self gesien het. Dié reëling is op die nippertjie afgestel omdat Van der Westhuizen se prokureurs en Heat se prokureurs ’n ooreenkoms bereik het waarvolgens die vertoon en verspreiding van die video onmiddellik gestaak sal word totdat Van der Westhuizen sy eie ondersoek daarna afgehandel het.

Van der Westhuizen het laat gistermiddag gesê hy het nie ’n interdik teen Heat gevra nie “omdat daar niks is wat ek hoef te laat verbied nie”.

Hy het gesê hy is met sy eie “ondersoek” na die video besig en dat die persone wat volgens hom daarin verskyn, aan hom bekend is. Hy wou nie meer as dit sê nie.

Intussen het mnr. Peter Marx van die Purple Pine-skakelmaatskappy namens Heat in ’n verklaring gesê Van der Westhuizen kan “duidelik in die video geïdentifiseer word”.

Mart said...

’n Duplikaat van die omstrede seksvideo sal reeds vandag aan Joost van der Westhuizen se prokureurs in Johannesburg besorg word.

Me. Theresa van der Linde, Van der Westhuizen se prokureur, het gistermiddag bevestig die tydskif Heat, wat in sy jongste uitgawe volledig oor die video berig, het ingestem om ’n duplikaat daarvan aan haar vir forensiese ontleding beskikbaar te stel.

Van der Linde het gisteroggend ’n dringende brief aan Heat se prokureurs gestuur om te eis dat die vertoning van die video aan die media gistermiddag teruggehou word tot ná die forensiese ontleding daarvan.

“Ongelukkig het dit nie gebeur nie. Nou moet Joost dit maar stap vir stap vat. Die eerste belangrike ding is om die video forensies deur ons kundiges te laat ontleed. Sodoende sal ons hopelik kan bewys dat dit nié Joost in die video is nie. As dit later nodig is, sal stemontleders ook die man se stem ontleed om te bepaal of dit Joost s’n is.”

Sy sê die forensiese ontleding sal begin “onmiddellik nadat ons die duplikaat van die video ontvang het. Die ontleding sal hopelik vroeg aanstaande week klaar wees.”

Toe Van der Westhuizen eergister toegelaat is om na die video te kyk, is die eerste vier minute daarvan nie aan hom gewys nie omdat dit die enigste deel van die video is waarin die vrou in die video geïdentifiseer kan word.

Van der Westhuizen het gister volgehou dat dit nié hy op die video is nie.

Henrietta said...

Vir iemand wat glo "skuldig" is, is Joost verbasend rustig.... DIS NIE HY NIE!!!