Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/08/2009

Is die VN uitgedien of nie?

Klik gistermiddag in verveelde oomblikke van een kanaal na die ander, kom by BBC World uit – Aan die woord “Intelligence squared” , een of ander dink-tenk in Engeland. ‘n Debat word gevoer voor ‘n groot gehoor : Is dit tyd vir ‘n “group of democracies” naas die Verenigde Nasies? 3 paneel lede ten gunste van so ‘n liggaam , 3 daarteen. Baie interessant gewees.

Hier is mos ‘n hele paar politieke fundi’s op die blog: sou julle daarvoor of daarteen gewees het, en hoe sou julle die gehoor aan julle kant wou kry?

6 comments:

Gideon said...

VSA se dae as wêreldmoondheid is getel. Die volgende wat die kitaar gaan tokkel is die EU - en hulle sal werk aan die "New World Order" - een regering, een kerk, een "god", ens. Dié wat nie daarvoor kans sien nie... Poef!!!
Die RKK is juis alreeds in volle beheer van die WCC.

Hoe lyk dít??

Henrietta said...

Dankie Gideon vir jou reaksie. Dit was vir my ook opmerklik hoe baie menings van ander lande, eerder as die VSA, die laaste tyd oral kop uitsteek - dalk deel van "die VSA se dae as wêreldmoontheid wat getel is"?

Die drie lede op die betrokke paneel wat "pro-VN alleen" was, het statistieke genoem en programme oral oor die wêreld (meesal hulpverlening) waarby die VN betrokke is. Al drie is tans nog aktief in die VN (dus op hulle "pay roll") - toe wonder ek : hoe objektief kan mens onder sulke omstandighede wees?

Die ander drie het meesal gehamer op lande se verskillende sienings van "demokrasie" en die mislukkings van die Veiligheidsraad van die VN, dat daar baie geld bestee word en min sukses in daardie afdeling is, en die verteenwoordigers in die Veiligheidsraad se dubbelpratery en "dubbelhartigheid" (soos daar onder andere ook kritiek gelewer is teen die optrede van SA met meer as een geleentheid).

Oor jou laaste opmerking oor die WCC - ek weet die verhouding tussen die Gereformeerde Kerk en die WCC was op hul agenda vroeër vanjaar, maar ek het iewers gemis wat die uiteinde toe was - of dalk is/was dit nie so nuuswaardig soos " die kelkie, die vrou, en die lied" nie! (Wine, women and song... ;)))

Liza-Nel said...

Lyk my daar is mense wat reken dis nog nie te laat vir die VN om iets aan sy swak en oneffektiewe openbare beeld te doen nie.
Soos wat dit met enige bemarkbare produk gaan moet dit seker maar so af en toe gepoets word en miskien net miskien kan ‘n ‘savvy’ openbare bemarkingsveldtog die ding doen...maw mense opvoed oor wat die VN behels en wat hy vir die wêreldgemeenskap doen en nog kan doen.

‘n Onlangse meningspeiling deur die Public Opinion Strategies het getoon dat daar verwarring en onkunde onder die Amerikaanse publiek heers oor wat presies die taak van die VN nou eintlik is. Hulle was byvoorbeeld ten gunste van ontwikkelingsdoelstellinge mits dit deur die WHO, UNICEF of die Internasionale Rooi Kruis geloods word eerder as deur die VN self - dit terwyl die WHO (World Health Organisation) en UNICEF deel uitmaak van die VN...

The UN could learn from the way NATO and the European Union (EU) have become relevant brands in managing European security. Both have realized that branding is not merely window dressing, but incorporates the power of image, influence and reputation — essential parts of their strategic equity.
-The United Nations In Crisis: By Lisa Marchese and Rachel Simmons

Gideon miskien is jy reg, maar mens moet nie vir Rusland, Sjina en selfs die Moslemlande onderskat nie, hoor...

The haemorrhaging of western power, as reflected in longer-term voting patterns in key UN bodies, is mirrored by the increasing clout of China, Russia and the Islamic world, according to an audit of European influence at the UN by the European Council on Foreign Relations.
"The EU is suffering a slow-motion crisis at the UN," says the report, noting that the west is now being regularly outwitted in global diplomatic poker by the Chinese and Russians. The problem is fading power to set the rules. The UN is increasingly being shaped by China, Russia and their allies ... The west is in disarray. The EU's rifts with the US on many human rights issues at the UN in the Bush era have weakened both.

- Ian Traynor in Brussels The Guardian, Thursday 18 September 2008

Yf said...

Hallo Henrietta,
Kyk mens na die geskiedenis, dan blyk dit dat die Midde-Ooste die eerste in die ontwikkeling van beskawing (o.a. tegnologie) was, daarna die Weste. (Grieks-Romeinse era) Die pendulum swaai terug na Midde-Ooste tydens die donker middeleeue na die verval van die Romeinse Ryk. Die Weste neem weer die "centre-stage" oor in die tyd van die Rennaissance. Tot nou toe. Ek stem saam, die VSA se magposisie is besig om te taan. Dit sal my niks verbaas as die politieke beweging van ïsolationism" weer begin veld wen nie. Maar ek glo nie die volgende magsbasis sal in die EU wees nie. Die Weste is te afhanklik van grondstowwe en het nie goedkoop arbeid nie. Ek dink die volgende magsbasis is in die Verre Ooste. Sjina (goedkoop arbeid en grondstowwe), Japan (tegnologie en gepaardgaande inligting, jou kosbaarste hulpbron) en tot 'n mindere mate Indië en Indonisië (Indonisië is die land met die grootste Moslem bevolking) Eintlik kry ek Australië en Nieu Zeeland jammer, eilande van westerse kultuur in 'n see van oosterse kultuur.

Daar is al van die VSA gesê "The only nation in world history to go from a state of barbarism to a state of decadence, without going through a state of civilization." Kyk weer na hulle geskiedenis, nie te vergesog nie, dink ek. Die EU is nog meer dekadent. By die VSA en EU is daar net dood eenvoudig nie meer die nodige ekonomiese vitaliteit te bespeur nie. Duitsland is slegs die 3de grootste ekonomie, naas die VSA en japan, een van die dae die 4de want Rooi Sjina is besig om vinnig in te haal.

Daar is ook al gesê dat, wanneer 'n nasie sy derde geslag van gebroke huwelikke ingaan, waar vader en moeder figure en rolmodelle ontbreek, dan is sy val naby.

Die val van die Grieks-Romeinse beskawings word o.a. toegeskryf aan juis die verval van die tradisionele huisgesin, met vroue wat meer mag en status verkry het, (besigheidsvroue in eie reg, ens. Dalk nie so baie regte en status soos vandag nie, maar tog baie meer as wat dit was. En vir geval die feministe iets hiervan probeer maak, dis reg dat hulle status verbeter het.)Maar veral omdat slawe en huursoldate die meeste van die werk gedoen het. Die middelklas en rykes het dood eenvoudig net te lekker begin leef en genot en plesier was die hoogste nagestreefde doel.
Vandag het ons dalk nie so baie huursoldate (vredesmagte) nie, maar die EU en VSA het baie te veel goedkoop arbeid en onwettige immigrante. Mens hoor ook dat ons kidners gesog is in Engeland, omdat hulle bereid is om te werk (ek glo dit amper nie van ons tieners nie) terwyl die Engelse jeug net te lui is en eerder 'on the dole' sal gaan as om te werk.

Ons het die Roomse gevaar en die Rooi gevaar gehad, en ek dink die Geel en die Rys gevaar gaan ons volgende tref en ons is nie reg daarvoor nie. Globalization is nou een van die "catch phrases" en dis alles goed en wel as jy die mark met jou produkte kan oorstroom, maar as jy aan die ontvang kant is - Aikona, dan's dit nag vir jou ekonomie en jou mense.

Nog net 2 observasies. Tot en met 1945 was militêre mag die belangrikste. Die wat die militêre mag gehad het, het die septer geswaai. Na 1945 tot, sê maar min of meer nou was/is dit industriële mag. "As jy nie maak soos ek/ons wil nie, boikot of saksioneer ons jou net, totdat jy dit wel doen." Maar nou raak inligting die mees belangrike. Diegene wie die nuutste inligting het, gaan op die voorpunt wees, want hulle ontwikkeling gaan altyd een stappie voor die ander wees. Daarom is inligting jou mees kosbare hulpmiddel.

Laaste observasie, vir my is daar iets verkeerd met die beginsel dat die land wat die meeste wêreldinvloed het net soveel sê het in die VN as enige piesangskil republiek. Veto reg is alles goed en wel, maar teoreties gesproke het Libië an Absurdistan net noord van die Limpopo presies net soveel besluitnemingmag en -sê in die VN as ander baie meer verantworodelike lande. Dis mos nie regverdigbaar nie. Die toegevoegde waarde wat jy kan bied, behoort mos te bepaal hoeveel invloed jy kan uitoefen. Is dit dan nie hoe dit in alle besighede gaan nie? Daar is tog sprake van 'n hierargiese besluitnemingstruktuur. Hoekom dan nie ook in politiek nie? Waarom moet belastingontduikers e.a. kriminele net soveel stemmag hê as ek? Wat se toegevoegde waarde gee hulle aan die maatskappy (samelewing)? Wat my betref, as jy jou rug op die wet keer, verbeur jy ook jou regte.

So effe afgedwaal, 'skuus. Die VN is oneffektief en net geldmors. Geen wonder almal betaal nie hulle ledegeld nie. Maar wat anders? Iets of iemand gaan verseker in daai vakuum instap. Miskien 'n bond van internasionale goepe soos die WRK of groot organisasies wat net lojaal aan hulleself is, i.p.v. lande, veral in gedagte houdende die "global village" waarna gemik word, tesame met die Internet wat massa sosiale aksie baie vinniger kan organiseer as ooit tevore. Nog 'n bewys van hoe magtig die beheer van inligting geword het.

Maranatha!

Henrietta said...

Dankie Liza en Yf, lekker gelees aan julle bydraes!

Hier is die webblad van die groep :
http://www.intelligencesquared.com/

Ek sien daar is net prentjies oor verlede Saterdag se debat, maar ek kry nie 'n opsomming daarvan nie.

Gideon, ek weet nie of dit dáár is waar jy jou idee gekry het nie, maar die volgende debat ís júís oor : die VSA se dae as wêreldmoondheid is getel!

Yf, dit lyk of hulle reken Indië is die moondheid om mee rekening te hou...

Liza-Nel said...

Lees gerus hier, John Gray (een van die deelnemers aan die onlangse debat) se opinie oor die krisis waarin Amerika tans verkeer: A shattering moment in America's fall from power
http://www.guardian.co.uk/commentisfree/2008/sep/28/usforeignpolicy.useconomicgrowth

Sy boek Straw Dogs - op ons boekelys - is ook 'n besliste 'moet' lees...