Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/18/2009

Health 24 se sekspeiling onder mans in SA


Byna twee derdes van mans erken hulle het al eennag-eskapades met ’n vrou gehad en byna 20% kan nie eens al hul vorige bedmaats se name onthou nie. Dit blyk uit Health 24 se jongste sekspeiling onder Suid-Afrikaners. Meer as 11 000 mense het dié aanlynpeiling, ’n lys met 81 vrae, ingevul. Sowat 10% van die mans het nie geweet saam met hoeveel vroue hulle al in hul lewe geslaap het nie en 23% het iemand al vir seks betaal. Die peiling wys 65% van mans fantaseer daagliks oor seks, teenoor net 35% van vroue. Net soveel mans is mal oor pornografie, maar net 18% sien kans om deel te word van sogenaamde bondage, liefdespel waar hulle vasgebind word. Meer as 36% van mans en 30% van vroue het al seks met ’n kollega gehad.
Die grootste ondersteuners van kantoorromanse is mense wat R30 000 of meer per maand verdien, is bevind. – Antoinette Pienaar in Beeld

47 comments:

Mart said...

Uhm, nouja. Wat sal ek sê? Dis nie net (miskien) Joost wat afdraaipaadjies neem nie, nê?

Liza-Nel said...

Lyk my Josie se "beweerde" eskapades het nou weer die spreekwoordelike Pandora se boks oopgemaak vir al wat 'n kenner, sielkundige en leek is om te bespiegel en te skryf oor die hoekoms en die waaroms...

Volgens die nasionale sensusopname van 2001 het 79.8% van alle inwoners in Suid-Afrika hulself as christene geïdentifiseer -(hier by ons is die % ongeveer dieselfde) - so wat die sekspeiling vir my sê is dat ons moreel bankrot en korrup is, dis al - ongeag enige verskoning wat gewoonlik opgedis word vir permissiwiteit.

Mart said...

Liza, 'men will be men' - ongeag jaartal, kontinent, of geloof.

Henrietta said...

Seks is nou juis iets wat mens op jou eie in 'n hoekie soos 'n roomys gaan sit en eet nie. Mart gebruik 'n ou uitdrukking "men will be men" - so waar seks die onderwerp is, wil ek ook 'n ou uitdrukking gebruik : "it takes two to tango" - m.a.w. hoe kan hierdie navorsing sê XX % mans - met wie het die mans dit gedoen? Daar behoort mos nie ‘n vreeslike verskil tussen die % mans en % vrouens te wees nie?

Dan sien ek ook dit is 'n "aanlynpeiling".... sover ek weet , openbaar mense bepaalde tipes “gedrag” as hulle iets anoniem doen, soos dat hulle nie so eerlik is nie. Verder kan o mens hier ook vra : “Are these men bragging or confessing?”

Nog iets i.v.m die aanlyn-ding : watter persentasie mense/mans in SA het toegang tot rekenaars? Sover my kennis strek, is daar bepaalde vereistes waaraan (xxxx - gesensor) errr ... “samples”, moet voldoen....

Henrietta said...

Wat my vorige plasing eintlik oor die artikel sê, in kort : "Sê WIE?"

Mart said...

Hi Henrietta

Dit blyk uit jou opmerking dat jy die sekspeiling in twyfel trek en die betroubaarheid en geldigheid daarvan bevraagteken. Verder sê jy dat vrouens met wie die respondente bedrywig was, ook aandadig is.

Anonieme respondente is juis meer eerlik met hul antwoorde.

Natuurlik neem dit twee om te tango, maar jy vergeet dat die seksbedryf meisies/vrouens bied om hierdie soort van uitstappies gerieflik en uitvoerbaar te maak.

Die presiese persentasie mans in SA wat toegang het tot rekenaars is nie hier ter sprake nie. Dis mos juis hulle wat deelgeneem het aan die peiling. Dit verdun nie die uiteindelike statistiek nie.

Jammer om jou te ontnugter, maar ongelukkig wys baie studies wêreldwyd dat groot persentasies van mans wel kanse vat op seksuele front.

Ek is seker jy ken nie sulke mans nie, maar dit beteken nie dat hulle nie bestaan nie.

Groete
Mart

Mart said...

Meer oor die genoemde peiling wat gedoen is:


"SA men's messy sex lives
Health24's Great South African Sex Survey has revealed that men start younger, get around more, forget partners' names, and are altogether dodgy in the bedroom department.

More than a quarter of South African men can't remember the names of all the people they've had sex with.

This is among the many startling responses that emerged from the Great South African Sex Survey, conducted by Health24 in December 2007 and January 2008, and sums up a depressing profile of sexual irresponsibility among South African men.

Nearly 45 percent of men have had more than 10 sexual partners, and almost the same number – 43 percent – have had three or more partners in the past year alone.

"These are the sort of numbers that people tend to lie about," cautions analyst Jean Redpath of Hlakanaphila Analytics, who analysed the survey results on behalf of Health24. She suggested one be particularly suspicious of very high numbers. So one ought, perhaps, ignore the 2,5 percent of men who claimed to have had 100 or more sexual partners (and especially the 0,71 percent – are they fruit flies? – who claim to have had over 1,000 partners).

Condoms and STIs
More reliable is this troubling statistic: just under 55 percent of men have had unprotected sex with a casual partner, and almost a quarter of men have, or have had, a sexually transmitted disease.

And while we're thinking casual sex, women who are prepared to consider a one-night stand must be quite thinly spread: just 56 percent of women say they've ever had one, and they've had to cope with all of the 70 percent of men who say they have.

How the survey was conducted
The Great South African Sex Survey was conducted online, and attracted 11 000 entries. The results were weighted to reflect the dominant demographic of urban South African adults, educated to matric level or higher. Just under two thirds are aged 25-49, with the remaining third falling on either side of this age group; and about half have English or Afrikaans as their home language.

A link between paying and taking
around 14 percent of men claim to have paid for sex, and there is a significant and disturbing correlation between this group, and those who admit to having been accused of taking sex by force. Among those who have paid for sex, just over one in five has been accused of taking sex by force (compared to less than one in ten who have never paid for sex).

This, perhaps, should finally put paid to any suggestion that legalising prostitution will cut the incidence of rape.

More about the women
Women, by comparison, emerged as altogether more clean and fresh in their love lives. Only 8 percent, for instance, can't remember all the names of all their sexual partners. That may be because women have better memories, or it may be because there are fewer partners to remember – 77 percent of women have had 10 partners or less in their lifetimes (and only 0,25 percent claimed to have had over 100). Probably, as the survey suggests, it's because they’re more conscious and more thoughtful about when and who they jump into the sack with.

Just on two thirds say they have never had unprotected sex with a casual partner.

A disturbingly high percentage of women – 28 percent – said they had at one stage or another been subject to some form of sexual abuse.

Other statistics that emerged include:
What are you thinking about? We now know what women (mostly) think about when they're having sex: 35 percent are thinking about pleasing their partner, and 30 percent say "I'm too engrossed to think at all". Only 4,55 percent admit they fantasise about someone else. Take that, George Clooney.
We're an exhibitionist nation. About 79 percent of men and slightly fewer women (73 percent) say they've had sex in a public place, where they could conceivably have been spotted. Just about everyone else has fantasised about it.
Losing our virginity. Men become sexually active younger: 54 percent claim to have lost their virginity before they turned 18, compared to 44 percent of women.
Anal sex. We don't love anal sex quite as much as the French do, but we're not too averse either: about a third of us (men and women) have engaged in it. Worryingly, given that this is the most risky sexual practice of all, men who claim to have given anal sex are amongst the most cavalier about the use of condoms: 68 percent of this group say they have had unprotected sex. Amongst gay male respondents, a whopping 42 percent say they have never engaged in anal sex, and less than a quarter – 23 percent – say they have received it.
Fetishes. Just over a third of all men have a bit of a fetish of the latex/rubber kind.
Office romance. More than 40 percent of women say they have had carnal knowledge of a co-worker.
Now that's something to think about as you head towards the photocopy machine.

(Heather Parker, Health24, February 2008)"

http://health.mweb.co.za/sex/Sex_survey/1253-4088,44697.asp

Groete
Mart

Henrietta said...

Ag nee! Wreed word my idealistiese bâbbel oor die onkreukbare karakters ons volksvaders gebars so vroeg in die môre....

Liza-Nel said...

Moet nou net nie die volksmoeders vergeet nie, hoor! Blaai maar gerus deur die Bybel...Batseba, Jeszebel, Bernice, Salome, Magdalena, Rahab, Potifar se vrou, Delilah en nog vele meer. Dink net hoeveel mans het hulle nie in hulle tyd verlei nie - trouens die Bybel is deurspek met verwysings na owerspelige vrouens en prostitusie. En uit al die peilings blyk hulle eweknieë in ons dag en tyd net so besig te wees.
Dus 'men will be men' kan beslis ook vervang word met 'agter elke swernoot staan/lê 'n verleidster'.
;>))))

Mart said...

Daar sou nooit 'n uiters suksesvolle en finansieel haalbare seksbedryf gewees het as daar nie mans was nie....

Gideon said...

Lyk my die "ouens" neem nie juis deel nie... seker maar skuldgevoelens (ja, Mart, jy sê seker nou 'n groot "AMEN!").

Wat ek eintlik wou sê: Dankie, Liza, vir die (vreeslike) lekker-lag-stukkie: "'agter elke swernoot staan/lê 'n verleidster'." Ek het my omtrent gebreek!!

Wys jou net, Mart, "it takes two to tango". Daarmee wil ek gladnie sê die beskuldigdes is onskuldig nie. Net dat daar vir elke swernoot 'n swernoot-in moet wees, en vir elke "volksvader" se "bubbletjie" wat gebars het, 'n "volksmoeder" (of miskien 'n "-dogtertjie" moet wees.

Maar helaas - of mans nou spog of bely - feite bly feite.

Groetnis.
Gideon.

Liza-Nel said...

...En ook nie as daar nie vrouens was nie - soos Henrietta gesê het 'It takes two to tango/tangle'.

Ek wonder wie het eerste met die bedryf begin?

Henrietta said...

Liza vra: Ek wonder wie het eerste met die bedryf begin?

Eva?

Henrietta said...

Dit klink my ek is een van die mees bevoorregte vroue op aarde, omdat ek my lewe lank in ons plattelandse omgewing (van toeka tot nou) omring is in gesin, in nabye en verdere familie én vriendekring, met Christenmans wat beginselvas is , toegewyde vaders , liefdevolle eggenotes.

Ek moet regtig baie, baie hard dink om meer as twee vingers af te tel vir die anderes...

Liza-Nel said...

Ek stem. Dit is hoekom die term "men will be men", wat mos altyd 'n verskoning blyk te wees vir manlike swakheid, my dwars teen die bors stuit. Ons is almal ewe skuldig ongeag die geslag.

En ja ek beaam wat jy sê Henrietta dis hoekom ek voel om die mans wat wel 'anders' is te verdedig.

Mart said...

Henrietta en Liza,

Dis nie nodig dat julle julle eie mans hier hoef te beskerm nie. Niemand op hierdie blog verdink hulle van enige ontrouheid nie. Inteendeel.

Om egter voor te gee dat die seksbedryf nie regtig bestaan nie, of dat dit nie so erg is nie, of om die skuld te gee aan wie ookal, is naïef.

Dis 'n feit soos 'n koei. Strippers en prostitute maak 'n lewe uit mans wat bereid is om vir seks te betaal. Dis al. Ek het op geen stadium gesêdat alle mans dit doen nie. Ek het ook nie gesê dat julle mans en mansvriende dit doen nie.

So ontspan nou en kyk die realiteit in die oë?

Mart said...

Henrietta, ek herhaal: die feit dat jy 'n beskermde plattelandse bestaan voer beteken nie dat ander aktiwiteite, veral in stede nie bestaan nie.

Ons moet miskien eerder na feite kyk, dit bespreek en nie persoonlik betrokke raak by besprekings as ons nie saamstem met die feite nie.

Mart said...

Ek wil graag byvoeg dat ek nie 'n waarde oordeel maak op hierdie draad nie. Ek beskou 'n fenomeen (in hierdie geval die seksbedryf) net soos wat ek enige ander onderwerp hier sou beskou en bespreek.

Ek vind dit jammer en vreemd dat julle aflei dat ek julle persoonlik betrek/bespreek en derhalwe in alliansie gaan om o.a. mans te verdedig wat nie van die seksbedryf gebruik maak nie.

Die onderwerp van bespreking is mans wat wel sekskapades het. Nie mans wat dit nie het nie.

Liza-Nel said...

Nee Mart jy het dit verkeerd ek hoef nie my man of of wie ook al hier te beskerm nie...maar om te sê "men will be men" beteken dus hulle is so gemaak en so laat staan - dis 'n uitdrukking wat maklik verkeerd opgeneem kan word.

En ek's beslis nie naïef oor die realiteite van die lewe nie daarom het ek die anderkant van die argument ook aangehaal - die seksbedryf is nie slegs net 'n manlike domain nie, as die vrou gewillig is om te betaal is beide ewe aandadig aan die transaksie...- die heler is net so goed soos die deler.

So wat stel jy voor doen ons of bespreek ons - die oorsake?

Mart said...

Liza: "..En ja ek beaam wat jy sê Henrietta dis hoekom ek voel om die mans wat wel 'anders' is te verdedig..."

Hoe bedoel jy dan nou: "..Nee Mart jy het dit verkeerd ek hoef nie my man of of wie ook al hier te beskerm nie.."??

Verder is dit 'n universeel bekende feit dat sommige mans die seksbedryf aan die gang hou, want hulle betaal daarvoor. 'n Stripper se gemiddelde maandelikse inkomste is R40 000 kontant, belastingvry per maand. Nie sleg nie, nê?

Ek verstaan nie wat jy sê in jou laaste plasing, paragraaf twee nie. Jammer dat ek dus nie daarop reageer nie.

As jy 'n mening oor die oorsake wil waag, luister ek graag.

Mart said...

Liza, julle oorreageer op 'n bekende uitdrukking, nl. "men will be men".

Daar bestaan geen rede waarom ek dit hier hoef uit te lê nie. In die konteks van hierdie draad was my gebruik van die ou uitdrukking heeltemal duidelik en gepas.
Geen verdere kommentaar van my kant af dus hierop nie.

Liza-Nel said...

Om egter voor te gee dat die seksbedryf nie regtig bestaan nie, of dat dit nie so erg is nie, of om die skuld te gee aan wie ookal, is naïef.

Waarvolgens my aanmerking 'ek is nie naïef nie' ek is bewus daarvan.

Ek verstaan nie wat jy sê in jou laaste plasing, paragraaf twee nie. Jammer dat ek dus nie daarop reageer nie.

Ek het die plasing van jou pos verstaan spesifiek in die lig van jou erste "comment" daarop. Maw ek kan dan mos net sowel die "flip side' van die munt ook betwis en verdedig?

My mening is reeds gelig en dis jammer as jy dink ek het dit persoonlik opgeneem.

Mart said...

Liza, jy kloof nou hare en ek verstaan nie jou "flipside of the coin" argument nie.

Die seksbedryf word wêreldwyd deur mans aan die gang gehou. As daar nie manlike kliënte was nie, was daar nie 'n seksbedryf nie. Dis so eenvoudig soos dit.

Bg. is 'n feit wat ek keer op keer hier probeer tuisbring, sonder om 'n waarde oordeel te maak.

Verstaan jy nou wat ek probeer sê?

Liza-Nel said...

As daar nie manlike kliënte was nie, was daar nie 'n seksbedryf nie. Dis so eenvoudig soos dit.

En as daar nie vroulike inskiklikes was nie was daar nie 'n bedryf nie. So eenvoudig soos dit. - Wat was eerste die hoender of die eier - weet jy dalk...?

Mart said...

Liza, ek is nie bereid om op hierdie vlak met jou te gesels nie.
Om die een of ander rede kibbel jy, probeer jy moeilik wees en verwoes jy nou hierdie draad.

Ek het absoluut geen idee waarom jy dit doen nie. Dis die eerste keer dat jy so vreemd teenoor my optree...

Geniet in elk geval die res van jou verjaarsdag, asook die naweek.

Groete
Mart

Liza-Nel said...

Dis die eerste keer dat jy so vreemd teenoor my optree...

Dis jammer ek dog ons kon al die kante van 'n pos/onderwerp/saak be'praat'.

Gideon said...

....and girls will be girls...
Ag kom nou julle - kom ons probeer objektief na die (lelike) ding kyk. Ek dink wat ons vir mekaar probeer sê is dat die ding bestaan- ongelukkig. Maar gelukkig is daar baie uitsonderings.

Mart, ek dink jy het vir Liza en Henrietta verkeerd gelees (sien jou plasing February 20, 2009 11:16 AM.) Jy het darem nie ontken dat daar (baie!)uitsondersings is nie.

Ek kan om die dood nie sien dat hulle naïef genoeg was om die bestaan van die seksbedryf te ontken nie. Lyk my eerder hulle het net probeer sê "alle mans is nie eenders nie", EN dit is nie net mans wat die bedryf bedryf nie.

Vat dit nou kalm, girls, anders trek ek julle oor my skoot, en wie weet, word ek dan beskuldig van bybedoelings en deelname aan die bedryf!! :)

Vrede!

Gideon

Henrietta said...

Baie dankie, Gideon, vir die wysheid van die grysheid , ek dink jy vat dit goed saam - Mag die Woord waar word : 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af... (Spr 15:1)

Henrietta said...

Mart, sommige "past experiences" spook van tyd tot tyd by my, so daar is dae wat ek ook soos jy dink.

Tog wil ek net in alle liefde sê, ek het gereeld die woorde : "Alle mans is dieselfde" rondgeslinger as iets nie na my smaak was nie- tot ek gesien het hoe seer my woorde my liefste man maak. En hy is BESLIS nié só nie....

Mart said...

Ek vind hierdie trant uiters vreemd. Waarom betrek julle my persoonlik by hierdie draad? Waarom word ek hier op persoonlike vlak verdink? Waarom impliseer jy, Henrietta, dat ek my "past experiences" op persoonlike vlak hier betrek? Hoe dink ek, Henrietta? Kom, vertel my asseblief?

Kan julle nie sien dat ek 'n tema objektief probeer bespreek nie? Lyk my as ek 'n draad oopmaak wat met mans te doen het, het julle reeds besluit wat ek op die hart het.

Ek het absoluut niks teen mans nie. Trouens, ek het 'n ongelooflike nice man ontmoet en ek vermoed hier kom 'n ding.

As sielkundige hou ek daarvan om te analiseer en wetenskaplik na sake te kyk.

Ek neem ten sterkste aanstoot dat julle my hierdie kans misgun het en op meerderwaardige wyse 'n "short cut" geneem het en my verkeerd gelees het.

Die onskuldige uitdrukking "men will be men" het nou ekstra gewig verkry omdat Mart dit geskryf het. Watter twak?

En Gideon, jy kan maar ontspan. Ons mag van mekaar verskil op hierdie blog. Ons mag ook direktief kommunikeer en vir mekaar vertel waar die misverstande is.

Daar is geen rede om paniekerig te raak nie. Ek is net vrek jammer dat ek doelbewus verkeerd gelees word op hierdie spesifieke draad. En Liza en Henrietta kan maar aan my verduidelik wat nou eintlik hier gebeur het.

Mooi naweek vir julle,
Groete
Mart

Mart said...

Henrietta, waar het ek geskryf dat "alle mans dieselfde" is? Waar kom jy nou daaraan?

Waarom is jy nou weer besig om van jou eie man te praat? Ek probeer keer op keer om 'n OBJEKTIEWE bespreking hier te doen. Elke keer praat jy en Liza van julle eie mans. Waarom vind julle dit nodig om julle eie mans by hierdie bespreking in te bring?

Ek skud my kop in totale verbasing. Regtig.

Mart

Mart said...

Ek wil bevoeg dat ek twee jaar gelede 'n in-diepte studie oor die seksbedryf vir die universiteit gedoen het.

My idee was om ook my navorsing en bevindings met julle te deel. Dis vrek interessant. Na dese is dit duidelik dat julle nie my plasings objektief lees nie en derhalwe gaan ek my tyd mors om dit met julle te deel.

Tog jammer.

Groete
Mart

Alet said...

Of die hoender of die eier eerste was, is nie die punt nie, maar dat die hoender at all aanhou eiers kry is wel die punt. M.a.w. dat die mark vir tango-ing enigsins nog bestaan, is erg!

Soos enige immorrele ding in die lewe, kan 'n mens argumenteer oor sy oorsprong en waarheen sy toekoms sal gaan. As daar nie 'n mark vir dwelms was nie, was daar nie meer dwelms beskikbaar nie. Ens. Dieselfde idee geld vir die seksindustrie.

Dis regtig jammer dat ons almal nie meer gaan kan hoor oor die studie nie, want ek het Mart se navorsing gelees en deel gebly van die proses waardeur sy gegaan het om die studie aan die gang te hou...en dit was baie interessant! Miskien moet ons wegbeweeg van haar comment "men will be men" en besef dat mans deel is van die mensdom en dat ons as Christene onder dieselfde klas gesit word, i.e. MENSE.

We should not have any holy cows at this forum. Net lekker praat en deel van lekker praat is objektief wees en bo alles, om te luister.

Alet***

Gideon said...

Mart,
Ek is bly jy sê: "Ons mag van mekaar verskil op hierdie blog. Ons mag ook... vir mekaar vertel waar die misverstande is."

Ek wil jou vra om vir Liza en Henrietta van die hoek af te haal. Ek het die hele draad weer 2x deurgelees, en ek kan nie iets kry waardeur hulle jou persoonlik betrek het of persoonlik verdink nie. As jy dit dus só gelees het, probeer gerus weer daarna kyk en sien die misverstand raak.

Ek verduidelik graag:
Henrietta het onthou dat sy vir haar man gesê het "alle mans is dieselfde", totdat sy besef het hoe seer dit hom maak. Toe wil jy weet wanneer jý dit gesê het. Dit is mos nie wat sy gesê het nie?

Jy wou ook weet waarom sy haar man hierby betrek, maar ek verstaan dit as slegs 'n tersyde opmerking, soos jou eie: "ek het 'n ongelooflike nice man ontmoet".

Nie een van hulle twee het ontken dat die bedryf bestaan nie, maar jy sê (beskuldigend, soos ek dit sien): "Om egter voor te gee dat die seksbedryf nie regtig bestaan nie, of dat dit nie so erg is nie, of om die skuld te gee aan wie ookal, is naïef."

Jy sê ook: "Ek vind dit jammer en vreemd dat julle aflei dat ek julle persoonlik betrek/bespreek..." Ek kry dit eenvoudig nie in hulle besprekings nie.

As hulle met mekaar saamstem, dink jy dat hulle "in alliansie gaan".

Jy dink hulle is "meerderwaardig", en sê "Die onskuldige uitdrukking "men will be men" het nou ekstra gewig verkry omdat Mart dit geskryf het." Ek moet sê as iemand vir my sê "men will be men" sal ek óók dink hy bedoel dat ek soos ander mans is - en ek sal nie gelukkig daaroor voel nie. So natuurlik soos ek sou sê "darem nie so nie!", so natuurlik sou hulle kon sê: "Aha, maar mý man is darem nie só nie". So 'n reaksie is mos maar natuurlik - nie omdat Mart "dit" gesê het nie.

Soos jy sê, ons mag mos maar van mekaar verskil. Ons druk ook ons gedagtes op verskillende maniere uit (soos ek nou reeds die risiko loop!). So kom nou, laat ons nie persoonlike aanvalle in 'n onskuldige gesprek soek nie. Laat ons mekaar se bona fides aanvaar.

Mooi loop.
Gideon.

Alet said...

Hierdie draad klink soos 'n broken rekord...get back to the point, people.

Alet***

Liza-Nel said...

Dis regtig jammer dat ons almal nie meer gaan kan hoor oor die studie nie, want ek het Mart se navorsing gelees en deel gebly van die proses waardeur sy gegaan het om die studie aan die gang te hou...en dit was baie interessant!

Dan moes sy eerder haar eie studie geplaas het en nie Health 24 se Sekspeiling nie...ek's seker dit sou baie interessanter gewees het.

Miskien moet ons wegbeweeg van haar comment "men will be men" en besef dat mans deel is van die mensdom en dat ons as Christene onder dieselfde klas gesit word, i.e. MENSE.

Stem saam dit is wat ek met my eerste pos probeer sê het - die peiling dui vir my op een ding en dit is dat ons, beide mans en vrouens, moreel bankrot is...

Mart said...

Gideon, as jy nie omgee nie, sal ek dit verkies dat Liza en Henrietta self reageer op my plasing aan hulle. Ons is almal mans genoeg om self te antwoord en ons het nie 'n regter nodig nie.

As hulle nie daarop wil reageer nie, beskou ek dit ook as 'n antwoord.

Groete
Mart

Liza-Nel said...

Jammer, maar ek het nou so waar uit antwoorde geraak...

Cheers,
Liza

Ns. I have an idea that the phrase "men will be men" was coined by some woman to disarm the man she was preparing to overwhelm.

Mart said...

Liza, ek het daardie dag Health24 se sekspeiling geplaas omdat dit op dieselfde dag as Joost se storie in Beeld gepubliseer is. Dit het dus betrekking gehad op Joost se beweerde video.

My navorsing gaan nie oor Joost, of sy beweerde wandade nie. Eers toe hierdie draad belangstelling uitlok en ons wyer hieroor begin gesels het, het ek begin dink om my navorsing hier ook met julle te bespreek.

Die uitlatings wat ek hier maak het betrekking op die kennis wat ek gekry het tydens die afhandeling van daardie studie.

Daarom voel ek dat reaksies wat op my as persoon gemik is, onvanpas was. Henrietta beweer dat sy dae het wat sy ook "soos ek dink". Dit het my verslae gelaat, want eerstens het sy geen benul wat ek dink nie en tweedens het ek gepoog om hierdie draad eerder akademies verantwoordbaar aan te pak - wat natuurlik nou verdun is deur haar aannames oor my (en wat ek kwansuis dink!)

Dankie Alet dat jy my navorsing interessant gevind het.

Ons moet ALMAL daarteen waak om mede bloggers te kategoriseer. Dis 'n lui metode om iemand te leer ken. Dis ook 'n onmedemenslike manier om te werk te gaan.

Ek voel dat julle my nou in 'n hokkie geplaas het as iets soos 'n tipe "mannehater", of watookal. Dis eenvoudig nie waar nie en ek neem ten sterkste aanstoot.

Hierdie draad het my finaal laat besluit dat ek nooit weer my kennis en insig rakende onderwerpe oor geslag met julle kan bespreek nie. Die ettiket is reeds op my geplak, wat sobere en objektiewe gesprekvoering rondom hierdie soort van onderwerpe onmoontlik maak.

Groete
Mart

Liza-Nel said...

Ja wat los dit liewers hierdie draad is al net so vervelig en afgesaag soos Joost se sekskepades.

Liza

Mart said...

Jammer jy kon toe nie logies reageer op my nie, Liza. Ek neem kennis van jou opinie van hierdie draad wat ek begin het en wat reeds 40 opmerkings uitgelok het. Dis goed so.

Wil jy dan asseblief vir ons 'n interessante draad oopmaak? Ek neem graag deel.

Groete
Mart

Henrietta said...

Liewe Mart, dat die debat hier tot so 'n vlak gedaal het, maak my hartseer, veral gesien in die lig van Gideon se mooi woorde van 'n paar weke gelede.

Ek bly by wat ek sover gesê het en ek is bly Gideon het namens my gepraat - hy het dit so raak opgesom, dat ek baie min het om by te voeg.

(Ek het hier my reaksie op jou opmerkings gister (20ste) net na 11 am oor die feit dat jy nie hier 'n waarde-oordeel uitspreek nie , uitgevee - as jy wil, kan jy daaroor nadink).

Gideon said...

Mart, ek vra verskoning. Ek het probeer om 'n vriend te wees.

Liefdetjies.

Alet said...

Watookal jy doen, doen dit uit liefde. Waar die liefde in hierdie draad is, weet ek regtig nie. Waarheen al die bloggers gaan as hulle van Ons Geloof Gesprek af verdwyn, weet ek nog minder. Maar ek dink die twee hou verband met mekaar.

Alet***

Elna said...

Soooo jammer ek spring nou eers op hierdie wa....miskien is hy al verby???

Mense, mense... Lets start at the points of agreement: die kruks van die saak is...mense hoereer rond. Dis baie baie hartseer.

Hier word nou vir die bekeerdes gepreek. Die feit DAT daar mans en vrouens is wat one night stands het, wat "nie hul seksmaats se name onthou nie", let alone BETAAL (of geld ontvang) vir seks, is die issue.

Fisiologies is dit tog geen onbekende feit nie dat mans baie meer seks-georienteerd is. Dit skep dus die VRAAG. Iemand het die gaping in die mark gesien (al was dit noual in die Bybelse tyd), en die AANBOD geskep.

ALMAL weet - ook daai's wat deelneem - dat dit sonde is. Of jy nou 'n ateïs, christen, agnostikus is. Anders sou hulle dit mos aan die groot klok gehang het??? Daarom is dit 'n ding van die donker. Niemand erken hul bedrywighede openlik nie. Nie ek, my man, jou man of vrou, nie Joost nie, en ook nie Sannie nie. Niemand nie!

Wat is dan die oorsaak? Dis 'n basiese behoefte wat by enige mens bestaan en nie bevredig word nie: om lief gehê en aanvaar te word.

As 'n mens dit nie kry by die mense naaste aan hom/haar nie, gaan die mens dit op 'n ander plek soek. Dis jammer dat dit so maklik geword het om dit op ander plekke te kry, ne?
In die regte lewe steel mense. Sommiges word uitgevang. Ander nie.

En die TV- en fliekbedryf laat dit so "normaal" lyk!

Begrawe die strydbyle. Stem ons dan nie eintlik saam nie?

"Ons is almal sondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God..."

Wat behoort ons nou te doen? Bid dat manne en vroue nie mislei word nie, (nie verlei word nie!!!) slegte keuses maak nie en nie in hierdie "sad" strik vasgevang word nie?

Soli Deo Gloria

Elna

Michael said...

Vir die rekord moet ek myself ingooi by die kant wat die begrip "Men will be men" verwerp. My rede is eenvoudig dat ek glo dat dit gebore is uit 'n evolusionêre psigologie wat glo dat die mens maar net nog 'n dier is en daarom gelyke seksuele impulse het.

Enige iemand wat die krag van die Heilige Gees in sy lewe ervaar kan getuig dat volkome lewenslange getrouheid vir alle mans en vroue moontlik is.

My laaste punt kom uit 'n boek "The Spiriatual brain" waar verwys word na 'n toets wat gedoen is om te kyk of mans beheer oor hulle seksdrange het en of dit bloot 'n chemiese respons is waaroor hulle geen beheer het nie. Die toets het klink klaar bewys dat al die mans in die toets groep kon suksesvol hulle seksuele drange onder druk deur hulle vrye wil te gebruik. Die toets kon nie gefnuik word nie want hulle neurale en liggaamsresponse was gemonitor in beide die geval waar hulle moes toegee aan erotiese suggesties en toe hulle gevra was om dit te onderdruk.

Vir my is hierdie studie die wonderlike bevestiging wat die Bybel vir ons sê dat ons 'n vrye wil het maak nie saak in watter omstandigheid nie. Daarmee erken ek ook dat die verslawing aan erotika is 'n groot probleem, met 'n chemiese en 'n geestelike aspek, maar dit is verseker nie 'n onoorkombare probleem nie.

Groete,
Michael
P.S. Mans en vroue ly in my siening net so erg onder hierdie aanslag van Satan. My broer Louis wat ook al hier was is 'n mediese dokter en bestudeer seksuologie en het baie goeie insigte in hierdie verband.

Gideon said...

Michael, ek stem. Mens se vrye wil is beslis gemoeid daarmee. Om te besluit waarop jy gaan fokus is tog om jou gedagtges daarop toe te spits - hetsy seks of iets anders. Ek glo dat 'n mens se gedagtes baie, baie belangrik is, en dat jy daaroor volle beheer het. Daaroor kan mens seker ure lank praat.

Geen wonder die Bybel leer:
"Bedink die dinge wat daarbo is..." en"
Ps.(#?): "Laat die woorde van my mond en die oordenkinge van my hart welbehaaglik wees voor U..." (Ou vertaling - die NAV sê dit net 'n bietjie te vlak na my sin)

Groetnis.
Gideon.