Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/13/2009

VEELS GELUK DOKTOR HENRIETTA!!

5 comments:

Liza-Nel said...

Sjoe - dis fantasties!! Baie geluk met die besonderse prestasie. Jy verdien dit dubbeld en dwars.

Vir diegene wat nog nie weet nie Henrietta het vanoggend verneem dat sy nou amptelik Dr. Henrietta Klaasing is...Sy het haar doktorsgraad verwerf in Praktiese Teologie (Pastorale Berading), titel : "Verslawingsparadigmas en die Implikasies vir Hulpverlening : 'n Pastorale Studie".

Mart said...

Geluk, Dr Henrietta!

Dis regtig 'n baie, baie groot prestasie.

Ons almal op die blog is TROTS op jou. Jou doktorsgraad getuig van intelligensie, insig, kennis en ongelooflike deursettingsvermoë. Ons is trots om jou hier by ons te hê!!!

Groete
Mart

Gideon said...

Baie, baie, baie, baie Geluk Henrietta!!! - met AL die by-gedagtes reeds genoem.
Nou kan jy seker weer bietjie asemhaal.

Michael said...

Baie geluk Henrietta!!!

Ek is baie opgewonde oor hierdie groot gebeurtenis. Dit is seker 'n heerlike seën op soveel jare se harde werk.

Mag ons Vader jou ryklik seën met al die werk wat jy nog vir Hom gaan doen.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Baie dankie vir al die mooi wense - ek voel skoon verleë ... en Michael, die meeste mense "profeteer" soos jy dat ons Vader nog baie werk vir my het in Sy Koninkryk - my ou beste is baie bly want hy bedink alreeds allerhande slim plannetjies om my "ketting korter te maak".... ;)))