Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/16/2009

Ateïs dink Afrika het God nodig?

In Saterdag se BY is ‘n vertaling van ‘n artikel van Matthew Parris. Hy is in Johannesburg gebore en het in die ou Njassaland grootgeword, en hy skryf dat die Christelike godsdiens goed is vir Afrika. Lees Engelse artikel hier :
http://www.timesonline.co.uk/tol/comment/columnists/matthew_parris/article5400568.ece
en Afrkaanse artikel hier:
http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2469409,00.html
Lees verder in opmerkings.

4 comments:

Henrietta said...

My eerste gedagte was een van dankbaarheid dat één ateïs vir die waarheid oopgegaan het, en natuurlik die hoop dat hyself tot inkeer sal kom. Toe gaan lees ek bietjie rond en bont, en nou dink ek anders:

Ek sal wat Parris sê met ‘n groot knippie sout neem, dankie! Ek ken hom van geen adam nie, maar artikels van hom en dit wat ek oor hom lees, sê vir my hier is ‘n slang in die gras…

Liza-Nel said...

Henrietta, die eerste gedagte wat by my opgekom het nadat ek die stuk uitstekende joernalistiek gelees het was as hy dan nou God se werke persoonlik aanskou het en so sinvol daaroor kan skryf hoekom is hy dan nog steeds 'n ateïs?

Watse slang vermoed jy?

Michael said...

Hallo Henrietta,

Ek dink nie daar is 'n slang in die gras nie. Dit is eerder 'n ateïs wat vir die wêreld probeer wys dat almal nie soos Dawkins is nie. Deur die bestaan van die Britse ryk het daar 'n opregte Christelike oortuiging ook geloop. Dit was verseker nie net humanistiese oorwegings wat die psige van die imperialis gedryf het nie.

Wat ek uit hierdie artikel raaksien is die swaai wat hy uitwys, weg van die post-moderne sosiologie af. Dit dra baie gewig om te sien dat daar uit hierdie ou se pen kritiek teen sosiale relativisme kom.

Tog sal ek jou gelyk gee dat 'n humanis wat die Christendom wil "inspan" nie verdien om vertrou te word nie. Die eenvoudige rede vir my is dat iemand wat sy eie geregtigheid maak my "bang" maak.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Dankie vir julle sinvolle antwoorde. Liza, ek was ook getref deur die uitstekende joernalistiek, en Michael, die slang in die gras wat ek raaksien, is dat hy soveel reaksie as moontlik wil uitlok (die Engelse artikel het meer as 300 reaksies uitgelok - meesal Christene) om "fools" van gelowiges te maak : Mugabe is die produk van 'n sendingskool, Chiluba het hoog opgegee oor sy Christenskap maar was net so korrup soos die res, 'n rebelle groep wat voor die voet moor en verkrag noem hulself "the Lord's Resistance Army " - ek kan aan en aan gaan.