Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/12/2009

Zuma se pad - vol duwweltjies?

Op Donderdag 25 September het Mart vir ons 'n plasing begin wat ons lank aan die skryf gehad het : "Zuma se pad na Uniegeboue is blink en geplavei", n.a.v. 'n artikel van Tim du Plessis in Rapport, waarin hy onder andere sê: " Ons het dit nou op gesag van 'n onberispelike hofuitspraak: Mbeki is 'n politieke samesweerder van die opperste orde wat gewetenloos die instellings van die staat misbruik het om sy sinistere politieke agenda te bevorder."

Volgens Tim lê Jacob Zuma se pad na die Uniegebou "blink en geplavei" en die man wat daarvoor bedank moet word, is Thabo Mbeki...

(Rapport, 14 September 2008)
begin deur Mart om 11:20 AM

Miskien kan ons terugkyk na wat ons gesê het, en weer daaroor gesels, noudat regter Nicolson "oor die vingers getik is" (kommentator oor RSG) deur Regter Harms?

4 comments:

Gideon said...

Het ek vir Helen Zille reg gehoor? - 700+ aanklagte van bedrog en korrupsie? En nou verander "Bring my masjiengeweer" skielik na "Ons het die wittes nodig, hulle het die land opgebou". 'n "Leier" wat nog geen leierskapspotensiaal gewys het nie.
Enigiemand wat nog JZ se "verkiesingsbeloftes" (verkiesingsfoefies) glo en vir hom stem, het êrens 'n groot skroef los.

Ons land kan nie 'n president bekostig wat so baie bagasie het nie - en nie eens sy persoonlike finansies kan beheer nie - net so min as ons vir Jackie Selebe as hoof van ons polisie kan bekostig.

Ek hou my hart vas dat Kgatlema en die hof die hofsake sal kan afhandel vóór die verkiesingsdatum - "a pipe dream?"

Henrietta said...

Ja Gideon, ek wonder oor presies dieselfde dinge as jy - In Shaik se saak het daardie regter gesê daar is duidelike tekens van "'n algemeen-korrupte verhouding" tussen Zuma en Shaik" . Intussen het Zuma hemel en aarde probeer beweeg om die saak uitgestel te probeer kry - waarom doen hy dit as hy onskuldig is? TOE het hy en sy meelopers geskree Zuma "wants his day in court" - nou kan hy mos sy "day" in "côt" kry ...


Oor 'n president met bagasie : Dis waarom ek die ander plasing oor politieke naïwiteit ook geplaas het : ek is seker duisende (miljoene? ) mense gaan nog steeds vir hom stem...

Yf said...

Henrietta,
Ek dink die woord wat jy eintlik soek is duiweltjies. Ek wonder tog of Kgalema nie al lekker begin sit in daai stoel wat al sy liggaamsvorm begin aanneem nie? Gaan hy regtig ewe netjies opstaan en sê "JZ ou maat, hiers jou stoel, ek het hom net vir jou warm gehou?"

Onthou ook tog net 'n slag wie was die Minister van Verdediging tydens die wapenskandaal.

Henrietta said...

Zuma sien hy is nou in 'n hoek vasgeverf, en die "nuutste" (eintlik al 'n paar jaar gelede gedreig) is "to spill the beans" oor die "groot visse" wat almal gegraai het in die wapen-koekie-pot. Sal daar ooit 'n einde aan die storie kom, wonder mens?

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2454363,00.html