Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/02/2009

Wat sê die drie muisies?




Wat dink julle sê die drie muisies in die prentjie vir mekaar? Lees verder onder opmerkings.....

21 comments:

Henrietta said...

Ek dink die onderste muisie (op die klip) sê: "En wat het jy nou al weer aangevang, dat ek 'n blom moet kry??"

Liza-Nel said...

:))

"Maak in hemelsnaam gou Kareltjie, die tak gaan breek!!"

Mart said...

Ghie-ghie!

"Hey jy daarbo, bly nou eers kalm! Hierdie is 'n groot oomblik vir my en ek het dit mos vir jou verduidelik.

Ek hoop sy hou van pienk..!"

Liza-Nel said...

...en ek hoop ook jy hou van pienk... pienk sterretjies!!!

Mart said...

"Moenie so negatief wees nie, pêl. Ek's amper klaar met hierdie oefening. Jammer as jou senuwees nou begin klaar raak!"

Henrietta said...

Middelste muisie dink : "Ai tog, wat sal 'n muis-man nie alles doen om 'n mooi muis-meisie te beïndruk nie!!"

Liza-Nel said...

Boyz II Men: What you Won't do for Love

[...]
I guess you wonder where I've been
I searched to find the love within
So I came back to let you know
Got a thing for you
And I can't let go
My friends wonder what
is wrong with me
Well I'm in a daze from
your love you see
I came back to let you know
Got a thing for you
And I can't let go
Some people go around
the world for love
But they may never find
what they dream of
What you won't do, do for love [...]

Henrietta said...

Giegiegie - Liza, ek dink die Boyz sal lekker lag as hulle sien wáár hulle liedjie beland het...

Mart said...

Die drie muisies beeld vir my ware vriendskap uit...dis beautiful.

Henrietta said...

Ja, ek dink ek verstaan die uitdrukking "Just hang in there" nou so 'n bietjie beter....

Liza-Nel said...

Ghieghie...nothing is what it seems to be...kan julle dalk vir my sê wat het van die boonste twee 'clowns' se sterte geword?

Henrietta said...

Ja nee, trust Liza , die dierekenner, om dit op te merk ... Ek dink dis 'n tipe marmotjie en nie eintlik "muise" nie .... hehehe

Liza-Nel said...

Nee liewe Henrietta die foto is ge"photoshop"...:))) As jy die foto van naby bestudeer sal jy sien dat die onderste veldmuisie wel 'n stertjie het waarvan net die begin sigbaar is. Die boonste twee se stertjies is dalk net nie sigbaar nie - krul agter die ruggie weg. Let ook op dat die pootjies nie regtig aanmekaar vasklou nie. Die middelste muisie en die blommetjie is gemanipuleer -'but so what' dit vertel steeds 'n oulike storie- danksy julle verbeelding. ;)

Henrietta said...

Ai tog, Liza, en daar google ek nou al vir ure om uit te vind watter tipe "rodent/hamster/marmot" ens ens dié goetertjies is - muis-agtig, rot-agtig of (glo dit as jy wil!) selfs van die eekhoringfamilie!!

Selfs uitgekom by die sg "guinea pigs" (wat terloops nie van Guinea afkomstig is nie, EN ook nie "pigs" is nie!).

In elk geval, my muis/rot-kennis is verbreed en ai, jy IS darem oulik met dié Foto-Winkel manipulasies van jou ;))))

Henrietta said...

En ek bly maar 'n "sucker" as dit by diere kom : Jarre gelede met die eerste ruimtetuie (die Sputniks en daai goed) stuur die Russe die eerste hond die ruimte in (voor hulle mense gestuur het).

As ek reg onthou was dié hondjie se naam Laika ('n tefie). Wou 'n oud-kêrel hom doodlag vir my harstogtelike gehuil toe hy my 'n storie spin dat die arme hond kleintjies gekry het daar bo in die ruimte!!

Ja, nodeloos om te sê: dit was die einde van die verhouding...

Liza-Nel said...

Wil jy nou vir my sê jy gaan nooit weer met my praat nie?!!

Nee ek het nie die photoshop-manipulasiewerk gedoen nie. Ek het die prentjie iewers raakgeloop en gedink dis nogals vrek oulik en komies...en so met die eerste oogopslag heel realisties.

Toemaar ek sal opmaak en ene soek wat rêrig is...

Henrietta said...

Nee, Lizatjie, no hard feelings - ek het net vertel hoe "naief" ek soms kan wees - ;)))

Mart said...

Liza, dis goed dat daardie kêrel sy ry gekry het. Hy hoort nie in jou geselskap nie!

Henrietta, dis te oulik dat jy die knaagdiertjies gaan GOOGLE het! Wys jou net hoe gretig jy is om altyd te leer. G'n wonder ons "celebrate" een van die dae jou GROOT graad nie!!

Hehehe!

Henrietta said...

Ja Mart, VIS-graat - mens het soms 'n "graat" nodig om goed uit te VIS....

Mart said...

Nee, nee, Henrietta, jy gaan nie so verby kom met jou harde en werk en uitsonderlike prestasie nie!! Watch this space!!

Hehe!

:))

Mart said...

Liza, ge-"photoshop", of te not, hierdie drie muisies is uitstekend! Jy kan soveel "photoshop" soos jy wil.

:)