Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

2/09/2009

Waardering

Hiermee wil ek graag waardering en erkenning gee.

Dankie vir elkeen wat die gesprekke op hierdie blog lewendig hou. Dankie vir die altyd-nugter debat waar geen etikette om nekke gehang word nie en ons tog van mekaar kan verskil en mekaar kan reghelp sonder verwyte.

WAT 'N BLOG!! HOERA VIR ONS BLOG!! LANK LEWE ONS BLOG!!
HOERA VIR ELKE GEPSREKSGENOOT. EK WAARDEER JULLE.

Gideon.

3 comments:

Liza-Nel said...

Nie te danke Gideon...en dieselfde pluimpie vir jou ook.

Mart said...

Hi Gideon

Dis lekker om te lees dat jy die blog so geniet. Dit was nie maklik om aanvanklik weg te breek van KK nie en nou is dit vir my duidelik dat die hele proses absoluut die moeite werd was.

Groete
Mart

Henrietta said...

Hallo Gideon - mag ons veral hierdie stukkie onthou van wat jy sê: "waar geen etikette om nekke gehang word nie".... en punt 3 van ons "belydenisformulier".....