Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/08/2009

Terug by Ons geloof gesprek

Dankie, vir die uitnodiging van beide Liza-Nel en Henriëtta. Ek het net op Liza-Nel se uitnodiging gereageer. Wou nie 2 keer dieselfde ding doen nie.
Ek het regtig probeer om hierdie keer meer betrokke te wees by die gesprek en nie net 'n leesgenoot te wees nie.
Ek hoop julle sal dit met my uithou.

Groete,
Jan de Bruin

4 comments:

Henrietta said...

Baie welkom terug, Jan - en dis alles "die groen mannetjie" se skuld : elke keer as ons ingelog het, het ons 'n groen mannetjie gesien - nuuskierigheid het die res gedoen!

Moenie skuldig voel oor afwesigheid van tyd tot tyd nie - Ons is almal soos 'n kar se flikkerlig hier : dan ons "spark", dan ons "spark" nie....

Mart said...

Welkom, Jan. Ons sal graag van jou hoor.

Groete
Mart

Mart said...

Hoop om jou by die blog-byeenkoms op 17 Januarie te sien, Jan. Kyk op die voorblad vir inligting.

Yf said...

My ma was 'n nooi de Bruyn van Ficksburg en haar enigste broer was Casper de Bruin (toegeskryf aan 'n registrasiebeampte fout), so de Bruin van enige formaat is welkom hier wat my betref. (Nog altyd gewonder wat van hulle geword het - Casper de Bruin het blykbaar ook 'n seun met die naam Yf...

Vrede daar)