Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/12/2009

Politieke naïwiteit?

By gebrek aan ‘n beter term, noem ek dit so. Lees verder onder opmerkings.

3 comments:

Henrietta said...

Of is dit vrees? “Better the devil you know than the one you don’t know”? Dit blyk ‘n universele verskynsel te wees : mense wat oënskynlik vir partye/persone stem, sonder om behoorlik daaroor na te dink.

Dit word gesê dat die gemors in Zimbabwe die inwoners se eie skuld is - hulle het hom/sy party ingestem. ‘n Israelse ambassadeur het presies dieselfde gesê oor die Palestyne wat gesorg het dat Hamas die politieke leiding in Gaza kry.

En ons hier in Suid-Afrika, met ‘n verkiesing wat voor die deur is.... ?

Gideon said...

Daar is darem heelwat verskil tussen ons en Zimbabwe: Mugabe is nie ingestem met die laaste verkiesing nie - hy het dit bewimpel. Hoop Lekota-hulle se COPE gaan 'n verskil maak in die (sover) blindelingse ANC-navolging.

OOk al gewonder: Wie van Mugabe of Israel het nou al die meeste mense se dood gekos? Israel het immers gereageer op aggressie, maar die arme Zimbabwieërs is onskuldig en magteloos. Ek ag die internasionale politieke gemeenskap lamsakkig en inkonsekwent omdat hulle nou groot ophef maak oor Israel se "moorde", maar Mugabe word toegelaat om eenvoudig aan te hou met sy moordtog.

Henrietta said...

Ja, dis geen geheim nie dat verkiesings oraloor op een of ander manier bewimpel word - en dan ewe plegtig as "free and fair" verklaar word!

Ek dink dinge hier by ons gaan nog baie interessant word - Muller van die VF+ oor Motlanthe spook nog by my : "julle het dit reggekry om n leeu ingespan te kry - gaan julle dit regkry om hom uit te span?" of iets in dieselfde lyn...