Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/20/2009

Ons en die onderwys

Geen mens wat hom of haarself 'n Christen noem, kan onbetrokke wees by onderwyssake nie : as mens nie self kinders daar het nie, het mens kleinkinders of anders kry mens elke dag met produkte uit skole te doene in die sakewêreld.
My nekhare het Sondagaand orent gestaan met Fokus, omdat die kosbare gesprek weereens polities oorheers was en daar nie by werklike onderwyssake uitgekom is nie.... Lees verder onder opmerkings...

4 comments:

Henrietta said...

Freek Robinson het so skuinsweg verwys na 'n artikel in die Sunday Times , wat ons toe gelukkig gister in die hande kon kry. (Hier : http://www.thetimes.co.za/PrintEdition/Insight/Article.aspx?id=920158) SKITTEREND! Maak dié vrou minister van onderwys, ASSEBLIEF!

Enige van Mamphele Ramphele en Jonathan Jansen se artikels MOET gelees word!

Liza-Nel said...

Ek kan nie verstaan nie, noudat alles tot op die grond toe af gebreek is en die kinders die spit moes afbyt - ten spyte van herhaalde vooraf waarskuwings dat die onderwyssituasie op 'n nasionale ramp afstuur - nou wil sy parlement toe toi-toi...?

Henrietta said...

Liza, sy , Jonathan Jansen en mense wat opreg omgee vir onderwys kla al vir JARE oor "OBE" maar die politici luister nie - óf hulle het nie genoeg kennis oor onderwys nie, óf hulle het 'n politieke agenda (ek dink albei).

Ramphele is al 'n hele ruk besig, saam met ander wat ook daar skoolgegaan het, om die ou "sendingskole" te laat herleef. Sy is een van die min wat erken dat die hele ou stelsel oorhaastig tot niet gemaak is.

Henrietta said...

Hier is 'n artikel in Beeld oor Ramphele se planne om ou sendingskole te laat herleef:

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2376314,00.html