Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/04/2009

Die religieuse onvolwassenheid van ateiste

Een van my gunsteling skrywers, Johann Rossouw, verwys onlangs in 'n skrywe van hom na die religieuse onvolwassenheid van byvoorbeeld Afrikaanse ateiste soos George Claasens.

Laasgenoemde het byvoorbeeld op sy blog geskryf dat hy 'grootgeword het met religie wat elke dag in my keelgat afgedruk is'. Volgens Rossouw, wat sy skrywe en gedagtes hier baseer op die boek van ene Charles Taylor, genaamd 'a Secular age', projekteer 'wetenskaplike ateiste' hul ongelukkige jeugervarings in die kerk op die ganse religie. Ditto Claasens. Taylor se argument is dus dat sommige ateiste nooit werklik na 'n religieuse volwasseneid gegroei het nie.

Religieuse onvolwassenheid. Mmm...Beslis 'n nuwe konsep vir my in die nuwe jaar. Ek is egter seker dat CS Lewis dalk ook aan hierdie konsep geraak het, met verwysing na sy aanvanklike ateisme.

Rossouw sluit sy essay af met een van Taylor se mees treffendste stukkies wysheid, naamlik dat die 'Christendom (en ander religiee) se klem op ons onvoldoende insig in die werklikheid en die goddelike lewend gehou sal word om ons teen selftevredenheid te beskerm'.

Net 'n laaste gedagte - en dit is na aanleiding van nog iets wat Rossouw skryf, naamlik dat sekularisasie onder Afrikaners nie ver gevorderd is nie: ons kan gerus daardie enkelinge in ons gemeenskappe wat die moderne ateistiese diskoers van onverdraagsaamheid en onbeskoftheid so graag wil bevorder en akkommodeer, aanvat. Alhoewel hul invloed nog min is, behoort mens nie te gerus te wees nie. Druk sal toenemend uitgevoer word op byvoorbeeld staatsinstellings, skole en dies meer om in die openbare lewe geheel en al weg te beweeg van religieuse gebruike en simbole, desnieteenstaande die meerderheid mense in hierdie land wat verkies om spiritueel te wees.

NS: Rossouw het 'n paar ander interessante punte in sy skrywe, ek noem dit mettertyd.

Groete

18 comments:

Henrietta said...

Geseënde 2009 vir julle Bertus, en dankie vir hierdie hoopvolle stukkie - ek sien uit na die ander plasings wat jy beloof het.

In ander plasings die afgelope tyd het van ons ook die vermoede uitgespreek dat daar 'n berekende aanslag is teen mense wat hul Christenwees ernstig opneem. Ek is bly Roussouw dink dat Claasens en kie in die minderheid is...

Soos hy, het ek ook sterk die gevoel dat ons hulle nie in hul kwaad moet sterk nie, maar eerder moet aanvat.

Henrietta said...

Bertus, iets anders wat genoem word het my ook al opgeval: die "blame-game" wat ateïste speel - en so graag word "die-godsdiens-wat-in-my-keel-afgedruk-is" verskoning gebruik.

Ek het die afgelope ruk baie tyd gehad om TBN te kyk, en sien toe ou-ou DVD's van Billy Graham en dat sy seun nou sy bediening oorgeneem het - snaaks dat die "oormatige godsdiens" in hierdie en ander geslagte-lange Christen families (ook ons eie) nie dieselfde effek gehad het nie?

Mart said...

Bertus, dis ‘n lekker draad.

Die konsep van godsdienstige volwassenheid hou positiewe implikasies in vir teoloë, sielkundiges, beraders en opvoeders. Die bekende sielkundige, Gordon Allport, het reeds in die 50er jare ses komponente identifiseer betreffende geestelike volwassenheid:

1.Godsdiens dien as ‘n hoofmotief wat mens se lewe rigting gee
2.Die vermoë om kognitief te differensieer en om ‘n hoë vlak van komplekse denke te hê betreffende godsdienstig-eksistensiële kwessies
3.‘n Sekere begrip/vermoë om betekenis aan die lewe te kan heg en toleransie te toon vir alternatiewe uitkyke
4.Nederigheid
5.Om morele gevolge te besef
6.Om ‘n goed geïntegreerde mens te wees.

Ek lees op "Prometheus Unbound" wat George Claasen skryf:

"…Jesus and religion are today passed by because they have become irrelevant in the face of the findings of science. There is not one single reason to continue believing in God, Jesus, the Holy Spirit, Allah, and all the other gods any more. Science has indeed been standing watch at God’s funeral. The ebbing of faith cannot be turned around by people, even some scientists, who want to have it both ways.”

Hierdie stukkie wat deur Claasen geskryf is, slaag ook nie Allport se toets vir geestelike volwassenheid nie.

*(Kyk by http://prometheusongebonde.wordpress.com/)

Groete
Mart

Bertus said...

Claasens se hubris is onsmaaklik.

Hy kan inderdaad op sy hoede wees vir selftevredenheid.

Swak!

Bertus said...

Net vir duidelikheid - dit was nie Rossouw wat meen dat die ateiste noodwendig aangevat moet word nie, dit is eerder my idee.

Ek dink egter dat Rossouw heel subtiel 'n paar dwarsklappe uitdeel na die 'groot Afrikaanse ateis - George Claasens'.

;)

Bertus said...

Mart, is daar 'n verskil tussen geestelike en religieuse volwassenheid?

Mart said...

Henrietta, ek stem saam met jou gedagte rondom die "blame game" wat weer hier in werking getree het.

Mart said...

Bertus,
Allport praat van "the religious maturity scale". Hier word nie verwys na "spiritual maturity" nie.

Jammer dat ek dit swak weergegee het.

Groete
Mart

Liza-Nel said...

Mart, net so terloops. Ek aanvaar Allport se ses punte verwys na godsdiens oor die algemeen, maw nie die Christelike geloof as sulks nie? Want sover ek verstaan praat die Bybel nie van 'godsdienstige' volwassenheid nie maar wel van 'n 'geestelike' volwassenheid of sou die twee begrippe dieselfde betekenis hê in 'n Christelike konteks? (Ek wil nie 'n issue daarvan maak nie - ek wonder net.)

Dink enigiemand 'n Boeddhis of 'n Hindoe of persone van watter ander godsdiens ookal kan dieselfde vlak van geestelike volwassenheid bereik as 'n Christen?

Henrietta said...

Lekker vraag, Liza! Ek is seker Alport sou sê van JA. ALLE mense het onsterflike siele, sê die Bybel. (Sommige mense wat dink mens gaan dood soos 'n klip gaan dit eers later uitvind).

Aanhangers van ander gelowe het vir my as Bybel-gelowige skuldig laat voel met hulle toewyding aan hul dooie gode...

Daar is baie eienskappe wat 'n mens kan ontwikkel as jy in 'n "hiernamaals" glo, wat jy nie sal ontwikkel as jy glo als eindig hier op aarde nie.

Mart said...

"Little is known about Allport's own religious experience. He refers to his home as one characterized by "plain Protestant piety and hard work" and his mother as one who ". . . brought to her sons an eager sense of philosophical questioning and the importance of searching for ultimate religious answers" (1968, p. 379). He was very active in social service during college and perceived himself as replacing the doctrines of his childhood with "some sort of humanitarian religion" (1968, p. 380). He taught in Constantinople the year after receiving his bachelor's degree in the then equivalent of today's Peace Corps. Several years later he reacted to this "essentially Unitarian position" (1968, p. 380) because he perceived it exalted his own intelligence. lIe felt this was a "cheap" way out of the dilemma. Although we do not know where this insight led him, he does indicate the direction his faith took by writing, "Humility and some mysticism, I felt, were indispensable to me; otherwise I would be victimized by my own arrogance" (1968, p. 380). Like William James before him, he appeared to embrace a most meaningful private faith. Although he does not report it of himself, it is known that he was an active member of the Episcopal church."

* Allport, G. W. The person in psychology. Boston: Beacon Press, 1968.

Henrietta said...

Ek het weer bietjie deur al die plasings gelees en dit het my laat dink aan die volgende vrae:

1.Is 'n mens in die eerste plek 'n gees (primêr) wat 'n liggaam het (sekondêr)?
2. Of is mens in die eerste plek 'n liggaam(primêr) met 'n gees (sekondêr)? daarin?
3. Indien nie een van die twee nie, wat dan?
4. Maak 1 en 2 hoegenaamd saak?

Liza-Nel said...

Sjoe...ek dink beide is ewe belangrik ongeag die feit dat beide omtrent elke sekonde van ons bestaan met mekaar in stryd is ...

Ek weet volgens Plato die Griekse filosoof, is die liggaam as minderwaardig beskou. Die liggaam is gesien as 'n tronk van die siel.
Maar dwarsdeur die OT en NT word eerder van begrafnisse as verassing gepraat so mens kan dan seker aflei dat die liggaam baie waarde moes gehad het vir God? Al was dit dan net in lewe.

Christus het mos ook in gees sowel as liggaam opgestaan...

Henrietta said...

Dankie Liza, jy het altyd sulke interessante antwoorde! Ek het redelik laat in my lewe tot die besef gekom dat volgens die Bybel, ALLE mense vir ewig lewe! Gelowiges EN ongelowiges... Na die opstanding gaan die mens 'n verheerlikte liggaam hê, nie weer hierdie ou verganklike liggame nie - dit het my maar laat dink, dat die siel dalk belangriker as die liggaam is!

Henrietta said...

Hier is verse om te lees: Pred 12: 7; Mat 10:28;1 Kor 15:54; Open 20:4.

Michael said...

Hallo Henrietta,

Oor die belang van die liggaam vs. die siel dink ek dat die samewerking van die twee meer belangrik is as die vraag oor die een en die ander se belang.

Wat vir my eerste opval oor die verhouding is... Gal 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

Dit is vir my duidelik dat die impulse van die vlees onder die heerskappy van ons gees moet kom.

Die laaste gedagte vir nou is dat ek wonder of die liggaam vs. siel vraag nie amper is soos om te vra watter geslag is die belangrikste nie... mans of vrouens. Dit is lekker om oor te skerts en verbruikersmag te bekom maar dit maak nie werklik sin om die twee geslagte teen mekaar af te speel nie.

Groete,
Michael

Attie Heunis said...

Statisties is Christene dommer as Ateïste. En hier weer.

Attie Heunis said...

Statisties is Christene dommer as Ateïste. En hier weer.