Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

1/09/2009

Ai! My feilbare Rekenaar!


Gisteraand het ek weer my “nuwejaarsbesluit” laat links lê, my boodskappie vir die “meulsteen om die nek” geskryf, ge-“preview”, ge-“publish” en siedaar: “Web page has expired”!!! Die hele boksemdaais verlore. Nou’s dit maar weer terug na skryf op Word en “kaplaks” – op die forum.

Die ander dag weer wil my (koordlose) muis skielik nie kommunikeer met die USB-dingetjie in my skootrekenaar nie. Kyk of lg. se liggie brand – nee! Trek uit, sit in – nog niks. Sit nuwe batterye in vir die muis – nog niks. Gaan kyk na die muis se “properties” – dáár lyk iets nie pluis nie, maar ek is nie slim genoeg daarvoor nie, en te bang ek neuk alles verder op. Doen “System Restore” na die laaste “update” – maar nee, muisie willie saamspeel nie. Nou sukkel ek maar aan met die “touch-pad” (of wat sy naam okal is) tot my vriend, die plaaslike rekenaar-boffin, terugkom van vakansie af. Maar ek moet erken: Ek is só muis-bedorwe dat ek telkens my hand van hom moet terugtrek en dan maar vir myself moet lag.

Maar nouja, dit is waar my fantastiese selfbeheer inkom – en my skootrekenaar nognie op die gras voor my kantoorvenster gaan kuier het nie.

Groete.
Gideon.

3 comments:

Henrietta said...

As ek nou iewers onder in die Kaap naby was, het ek gaan inloer vir 'n koppie Joko-tee "vir daardie daaglikse katestrofes" EN uit simpatie - want ek het hierdie laaste week 'n soortgelyke jeremiade te vertelle .... net, my rekenaar is bietjie groter as joune - sal hom nie so maklik op die gras gesmyt kry nie... As die netwerk nie "HANG" nie, dan is die krag skielik af en moet die hele lange proses van aansit, inlog, geheime kodes, ens ens herhaal word - Mag ons probleme gou iets van die verlede wees ... en hier lig ek my koppie tee daarop!

Liza-Nel said...

Gideon, 'n moontlike oorsaak vir die "webpage" wat "perspire" het... You have the "Do not save encrypted pages to disk" option enabled in Internet Explorer Advanced Settings kan 'n "check"-merkie/regmerkie wees..

Gaan na Tools> Internet Options> Advanced> 'scroll' af tot by die 'Security'-hofie en die blokkie waar staan 'Do not save encrypted pages to disk', as daar 'n regmerkie in die blokkie is, haal dit uit...

Vir die muispes moet jy maar 'n kenner inroep of een van die oulike nuwe muis-variëteite op die mark aanskaf...:))

Liza

Gideon said...

Liza, baie dankie vir die wenk. Ek het gaan kyk, maar toe is daar darem nie 'n "chek"-merkie in die blokkie nie. My rekenaar maak darem nie altyd so nie. En ek sommer gegrap oor my ou rekenaartjie se kuier op die gras - dit neem baie, baie meer om my op my perdjie te laat spring.

Groetnis.