Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/08/2008

Waarom is die regte siening van God se skepping so belangrik?

Wat was God se doel met skepping? Om sy Goddelike krag, wysheid, wil, majesteit en Heiligheid te verkondig, sodat Hy die eer kan kry wat Hom toekom.

In die humanistiese tyd waarin ons leef, word die mens so maklik sentraal geplaas, so ook die menslikheid van Christus. Dit moet egter onthou word dat Christus óók waarlik God was (en steeds is). Wie kry in ‘n humanistiese bestel die eer? Die mens. Wie kom die eer toe? God Drie-Enig.

Lees verder onder opmerkings....

8 comments:

Henrietta said...

Ons moet onthou, die Drie-Enige God was betrokke by God se skepping - In Gen 1:26 staan daar : “Kom laat ONS mense maak...” ; Gen 1:2 sê die Gees van God het gesweef oor die waters . Kol 1 verse 15-16 sê so mooi dat alles in die hemel en op die aarde deur Christus en vir Hom geskep is.

‘n Verkeerde of verskraalde siening van God se Skepping en sy onderhouding daarvan:

• Sê in werklikheid dat enige vorm van lewe nie heilig nie (met al die gepaardgaande implikasies DAARVAN, soos bv dat die mens na God se beeld geskape is );
• Sê dat die mens nie verantwoordelik is teenoor God se Skepping nie (mens het dus nie ‘n kultuuropdrag van God gekry nie);
• Doen afbreuk aan wie en wat God Drie-Eenig waarlik is.

Hier die is net ‘n paar idees – ek is seker julle kan nog byvoeg!

Michael said...

Hallo Henrietta,

Ek wil 'n ander benadering tot hierdie onderwerp in bring. Dit gaan oor die feit dat ek verskriklik baie hou van flieks en vermaak. As ek na flieks en stories kyk dan het ek geen twyfel dat die gees van die tyd word uitgebeeld. Daar word ook baie nuwe ideologiese aansprake op ons denke gemaak.

Wat ek wil vra is hoe sal "die regte siening oor God se skepping" die aard en karakter van stories beïnvloed?

Om eerlik te wees sien ek al vir die afgelope paar jaar 'n geleidelike groei in die geestelikheid van hoofstroom flieks en TV stories. Alhoewel ek nie oortuig is dat die geestelikheid enige ander fondament as humanisme het nie, moet ek erken dat dit tog 'n bewys is van 'n diep soeke in die mens se psige.

Hoe dink julle sal stories lyk wat God se Skepping die regte erkenning gee en werklik na waarde verheerlik?

Groete,
Michael

Yf said...

Hallo julle,
Aangesien die Besondere Openbaring ook deel van God se skepping is, hoe anders sou ons Hom kon leer ken het as die nie vir die Bybel was nie? Dmv. die algemene openbaring (die skepping)? Moenie glo nie! Algemene openbaring beskouings (mitologie, afgodery filosofie) help en lei opsigself na niks. Daarom is die regte beskouing van die algemene openbaring, gelouter deur die Besondere Openbaring belangrik. Die verkeerde skeppingsbeskouing lei tot chaos, die (belangrike) regte een lei tot verwondering

Liza-Nel said...

Die doel van die skepping is tweeledig. Die belangrikse is waaroor die sanger (naam vergeet) in die liedjie “Dixie-land” sing: soos vertaal in Afrikaans: "Ek sien die glorie en die almag van die Heer." Die skepping openbaar die heerlikheid en goddelikheid van God.

Uit die betonoerwoud in die natuur is die skepping werklik iets wat 'n mens uit verwondering aan die sing kan kry. ('n Sonsondergang oor die Khomas Hochland...)

Maar die skepping is ook bedoel as geskenk aan die mens om te geniet en te gebruik. Jesaja 45: 18 sê God het nie die aarde geskep om woes te wees nie, maar om bewoon te word. Deel van die mens se taak is dus die bewoonbaarmaking van die wêreld. Maar as jy om jou kyk wat tans besig is om met die aarde te gebeur - die totale agteruitgang en 'onbewoonbaarmaking' daarvan - is dit duidelik dat ons besig is om ons aan die doel van die skepping te vergryp. Ons kan nie meer geniet wat God vir ons in gedagte gehad het nie, en sodoende word die grootheid en glorie van God bedek...

Liza-Nel said...

Michael jy vra: "Hoe dink julle sal stories lyk wat God se Skepping die regte erkenning gee en werklik na waarde verheerlik?"

Ek weet hoe so 'n storie moet lyk, maar ongelukkig sien ek nie sulke stories op TV en in die flieks nie. Ek vermoed daar is nie meer sulke fliekmakers nie...hulle meen seker dis nie 'viable' nie of dat daar nie so 'n groot mark vir sulke flieks bestaan nie - dit is nou as jy in gedagte hou dat die deursnee ouderdom van alle fliekgangers tussen 18 en 25 jaar lê.

Ek het nogal die twee dokumentêre flieks "Planet Earth" en "Earth" geniet. Die natuurtonele en die pure brutaliteit van die dierelewe wat sonder enige doekiesomdraai uitgebeeld word slaan eenvoudig jou asem weg. En bring mens tot die besef van die verstommende diepte van God se skepping.

So Michael dis omtrent die naaste wat ek aan 'n antwoord kan kom - enigiets waar daar nie mense in figureer nie!

Michael said...

Hallo Liza,

Ek geniet natuur stories ook verskriklik baie, maar ek moet erken dat dit my soms meer irriteer as selfs die siekste seep opera. Die rede is dat die natuur fliek makers so 'n absurde siening oor die natuur bymekaar sit dat dit my die harnas in jaag.

Jy moet gerus oplet hoe belaglik die mense namens die diere dink en selfs praat. Meeste van hulle afleidings is so onwetenskaplik en leer 'n mens in werklikheid nie veel nie. Dan word dit natuurlik ook gebruik om die skoonheid van God Skepping te verskraal tot 'n Darwinistiese Monster Grot ervaring.

Met hierdie kritiek probeer ek nie alle natuur flieks af maak nie. Daar is uiters goeie weergawes ook en as ek verby die standaard Darwin propaganda kyk geniet ek dit meeste van die tyd baie.

Groete,
Michael

sharondippenaar said...

Hallo Julle
Ek dink dat God in Sy Heerlikheid en Grootheid vir ons klein nietige mense net so 'n klein blykie wou gee in SY GLORIE en ALMAG. Mense as ons na die hemelruim kyk (weet nie of julle Indescibable gesien het nie,kykop youtube) dan besef ons inderdaad hoe klein en nietig ons is. In engels is daar 'n woord AWESOME. Dit is hoe ek sou probeer om ONS VADER te beskryf en die skepping is deel van sy geskenk aan ons wat HY geskape het vir SY plesier.

Henrietta said...

Ja Sharon, ek stem saam met jou - my kleinkinders gebruik graag die woord "freakishly awesome"! Gister en eergister was dit weer die allermooiste sonsopkomste - ek het met trane in my oë die skoonheid ingedrink , met die pragtige voëlkore se jubelsange in my ore - so 'n voorreg om dit te mag beleef!