Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/17/2008

Roeping

Hoop julle het ook soos ek op die rusdaggie 'n kans gehad om na te dink oor die lewe - so dink ek toe aan "werk vir die Here". Dit is nog iets wat myns in verband staan met Jesus as Rabbi: Roeping. Daar is alreeds een en ander daaroor gesê onder die genoemde draad. Glo julle daar is iets soos "Goddelike roeping"? Hoe sien julle sodanige roeping?

4 comments:

Henrietta said...

Die Compact Bible Dictionary wat ek het , sê die woord “roep” het in die Bybel vier betekenisse, en een daarvan is “to summon or appoint”. Daar is alreeds in die ander draad gesê dat die rabbi (en dus ook Jesus as Rabbi) krities kyk na sy student : Is hierdie persoon reg om my volgeling te wees? Kan hy alles deurstaan? Sal hy enduit kan volhou?

In hierdie verband gebruik Rob Bell in sy boek “Velvet Elvis” die voorbeeld van Petrus wat op die water na Jesus wou loop. (“Doen wat my Rabbi doen”). Jesus het die volste vertroue in Petrus en nooi hom uit ... Maar Petrus sien die golwe raak, dink nie aan die vertroue wat die Jesus , die Rabbi, in hom het nie. Nadat Jesus Petrus gehelp het en die storm stilgemaak het, kniel hulle almal voor Hom en sê: (Markus 14:32). “U is waarlik die Seun van God”. Hulle besef dat hierdie geen gewone rabbi is nie!

Ek is seker elkeen van wat hier lees het al soos ek gevoel: Dit wat die Here van my vra, is te veel, die vereistes is te hoog! Menslik gesproke, ja, maar ons moet onthou dat dit nie van ONS “goedheid” afhang nie!

Aan die einde van die eerste brief aan die Tessalonisense praat Paulus oor gereedwees vir die wederkoms van die Here. Hy roep die lesers op tot ‘n heilige lewe. Dan lees ons in 1 Tes 5:24 lees ons in verband met heiliging

(Amplified Bible): “Faithful is He Who is calling you [to Himself] and utterly trustworthy, and He will also do it [fulfil His call by hallowing and keeping you]. Mag dit ons aanspoor om getrou te wees aan (en in) ons roeping!

Yf said...

Hallo Henrietta,
Ons is Jesus se voete en Sy hande, ens, hoe dan anders, ons is dan deel van Sy liggaam. Die Here Jesus roep ons ook dan om iets te doen in enige vakwetenskap of wetskring (en sal jy asb. net weer aan die klas verduidelik wat dit is)Daarom beskou ek myself eerstens as christen en tweedens as maatskaplike werker want maatskaplike werk is nie my werk nie dis my roeping. So roep die Heere ons waar Hy ons nodig het om Sy werk te doen in vele en alle opsigte.

Michael said...

Hallo Henrietta,

Vir my is die antwoord 'n "eenvoudige" afleiding van ons toestand as geskape mens. Ons almal het 'n "roeping" om mekaar lief te hê en God lief te hê. Dit was nie nodig dat God ons met hierdie roeping en die gepaardgaande vrye wil geskep het nie, maar Hy het, want Hy wou.

Daarom sien ek verskillende grade van roeping. Fundamentele roeping soos God se wil in die algemeen en doelgerigte roeping wat 'n spesifieke goddelike doelwit het.

As God die fokus van ons roeping is en nie ons vrye wil nie, dan behoort daar baie minder probleme te wees. Mense wat altyd vra, "Maar hoe weet jy dit is God se wil?", is vir my heeltemal te veel opgetrek met hulleself en daarom dink hulle ek is net so opgetrek met myself as wat hulle is.

Moet nie dink dat ek nie die gevaar van my en ander se goddelose vrye wil aan myself voel nie. Tog het ek 'n baie sterker geloof dat die Heilige Gees se gesag in hierdie wêreld groter as my vrye wil is.

As dit daarom by doelgerigte roeping kom dan kan ek net op God staat maak om my te help om sin te maak van die spesifieke doelwit wat Hy vir my het.

Daarmee erken ek ruiterlik dat dit moeilik is, maar ek sal verseker nooit weer dink dit is onmoontlik nie.

Groete,
Michael

Mart said...

Hallo julle,

Ek dink 'n roeping is meer spesifiek wat mense individueel "aanvoel" om te doen op aarde.

Die kuns lê vir my daarin dat ek vrek fyn moet vra en LUISTER wat God wil hê ek moet doen - dit beskou ek as my roeping...

Groete
Mart