Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/11/2008

Prettige Kersdae…


Dankie Liza vir die roerende kat-prentjie – ek is seker ons het elkeen iets roerends of humoristies wat ons hier kan plaas? Hier volg iets onder opmerkings:

6 comments:

Henrietta said...

Dis Kersoggend en die leraar is vroeg by die kerk om seker te maak dat alles reg is vir sy Kersdiens...helaas die krip is leeg! Hy vra rond tussen
die mense wie die pop kon vat wat die Kind moes uitbeeld. Iemand sê dat hulle Jannie die koster se seuntjie vroeër om die hoek sien verdwyn het met iets in 'n kombersie toegedraai.

Hy stap oor die pad na die huis van die koster en klop aan. Die vader vertel hom toe dat Jannie en sy maats reeds vroeg weg is na die parkie waar hy met sy nuwe fiets gaan spog het.

Die leraar stap verder die straat af na die park. Van ver af sien hy reeds vir Jannie ry met die fiets en iets agter op die fiets vasgemaak in 'n babakombers.

Hy roep Jannie nader en sien dat dit wel die pop is wat die Kind in die krip moet uitbeeld en hy vra vir die seuntjie waarom hy die pop gevat het.

Die outjie sê toe: "Oom dominee ek het gebid vir 'n nuwe fiets en het Jesus belowe dat as ek dit sou kry, hy die eerste 'ride' op my fiets sou kry...daarom moes ek Hom vanoggend gou 'leen' om my belofte na te kom"

Liza-Nel said...

*proes* cute!!

Henrietta said...

'n Amerikaanse ma se brief aan Kersvader:

I've been a good mom all year.

I've fed, cleaned, and cuddled my two children on demand, visited the doctor's office more than my doctor, sold sixty-two cases of candy bars to raise money to plant a shade tree in the school playground, and figured out how to attach nine patches onto my daughter's girl scout sash with staples and a glue gun.

I was hoping you could spread my list out over several Christmas', since I had to write this one with my son's red crayon, on the back of a receipt in the laundry room between cycles, and who knows when I'll find anymore free time in the next eighteen years.

Here are my Christmas wishes:
I'd like a pair of legs that don't ache after a day of chasing kids (in any color, except purple, which I already have) and arms that don't flap in the breeze, but are strong enough to carry a screaming toddler out of the candy aisle in the grocery store. I'd also like a waist, since I lost mine somewhere in the seventh month of my last pregnancy.

If you're hauling big ticket items this year, I'd like a car with fingerprint resistant windows and a radio that only plays adult music; a television that doesn't broadcast any programs containing talking animals; and a refrigerator with a secret compartment behind the crisper where I can hide to talk on the phone.

On the practical side, I could use a talking daughter doll that says, "Yes, Mommy" to boost my parental confidence, along with one potty-trained toddler, two kids who don't fight, and three pairs of jeans that zip all the way up without the use of power tools.

I could also use a recording of Tibetan monks chanting, "Don't eat in the living room" and "Take your hands off your brother", because my voice seems to be out of my children's hearing range and can only be heard by the dog.

Michael said...

Haha Liza,

Noem 'n mens dit 'n geregverdigde satire?

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Liewe Vader Krismis,

Ek skryf maar nou al vir jou want, al weet ek jy bestaan nie, kan jy dalk meer aan my probleme doen as die meeste mense hier. My lysie is nogal lank, maar ek gaan die jaar soet(erig) wees. Eerste op my lysie is ‘n bietjie krag. Nie die soort wat die lyf mee werk nie, maar die soort waarmee die TV werk. As jy dalk ‘n nuwe yskas en ‘n ‘laptop’ kan ingooi, sal dit gaaf wees, want myne is op hulle laaste bene met al die raaiselagtige elektriese toevoer. Die tweede is ‘n slim, regverdige en betrokke president. Dit is dalk ‘n bietjie veel gevra, maar kyk maar hoe ver jy kan kom. ‘n Paar bevoegde ministers sal ‘n bonus wees. Ek hoor jy gebruik nie juis die teerpad nie, maar as jou helpers dalk iewers ‘n bietjie aftyd het, kan hulle dalk so ‘n paar van die slaggate kom opvul? Ek weet nie of dit juis tel onder ‘n geskenk nie, maar dit sal ‘n glimlag op duisende se gesigte sit. Ek weet nie wat jy gaan doen met die 19 000 mense wat vermoor is se geskenke nie. Dalk kan jy dit by die duisende by wie ingebreek is se huise afgee. En moenie bekommerd wees oor al die diefwering en alarms nie, die polisie is klaar so besig, oormoeg en onderbetaal dat hulle jou nie sal pla nie. (10111 werk ook nie meer nie.) Vir die res van my familie kan jy maar net brandstof gee, want ‘my oom het nie eens meer ‘n tenk vol diesel nie’. As jy nie kans sien vir my lysie nie, stuur maar kontant. Maak asseblief net seker van die adres, want dinge (plekname) het weer verander vandat jy laas hier was. Dankie en groete vir jou helpers. Hopelik het jy al die nuwe arbeidswet onder die knie!

EKKE

(skrywer onbekend)

Liza-Nel said...

Ek wonder hoe sal volgende jaareind se satire lees? Miskien het vader krismis teen daai tyd besluit om liewers maar verby te hou dis nou te sê as hy nie alreeds dan deur sy 'helpers' ge'hi-jack' is nie...

(Jammer Michael, maar ek het per ongeluk my pos uitgevee en moes dit toe onder jou kommentaar plaas.)