Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/14/2008

Ou Bybelverhale - die verhaal van Jona

Terwyl ons nou die onderwerp van ou Bybelverhale aanroer, lees bietjie hierdie artikel oor die groot vis :
http://www.asa3.org/ASA/PSCF/1991/PSCF12-91Davis.html....
(Lees verder in opmerkings)

8 comments:

Henrietta said...

Een van die argumente van ateïste en skeptici is dikwels : "die verhale is vergesog..." Dit het my getref teen die einde van Ds Jansen se Repliek -artikel dat daar ingenieurs is wat verstom staan oor die seevaardigheid van die replika van die ark (wat presies gebou is volgens die Bybelse mate).

Hierdie verhaal (waarheen die skakel lei) vertel van 'n man wat deur 'n groot vis ingesluk is en dit oorleef het.

Wat dink julle oor die verhaal van Jona?

Mart said...

Dankie vir die skakel, Henrietta. Ek sal dit netnou gaan lees. Interessante draad!

Liza-Nel said...

Ghieghieghie, moenie jou mond te groot oop rek nie, jy mag straks later op jou neus kyk...dis nou te sê die slimjanne wat alles wil afmaak as fabels.

Mart said...

Die gemeente Helderberg het 'n paar jaar gelede reeds 'n voorlegging oor dié saak aan die sinode gedoen. Daaruit het 'n amendement blykbaar gevloei, naamlik dat die sinode die historisiteit van Jona aanvaar.

"Of jy glo wat Jesus gesê het (Hy sal ná drie dae uit die dood opstaan, soos Jona drie dae in die maag van 'n vis was) óf jy sê Jesus is 'n leuenaar," het een spreker aan die sinode gesê...

Henrietta said...

Die visstories is interessant en kan mens gebruik vir mense wat skepties is.

Soos die mense van Helderberg sou ek myself ook graag op die Bybel wou beroep. In 2 Konings 14:25 word daar gepraat van die profeet Jona, die seun van Ammitai. Twee van die evangelies, (Matteus selfs twee maal) en Lukas praat van die "teken van Jona" waar Jesus self die drie dae wat Hy in die graf sou wees, vergelyk met Jona se drie dae in die ingewande van die vis.

Yf said...

Die deurlopende draad deur al die argumente is dat "gebrek aan bewyse is bewys van gebrek." Baie wetenskaplik van diesulkes wat dit handhaaf. Lord Kelvin (gaan lees oor hom!) het kort voor dit gebeur het gesê "heavier than air machines are impossible" want daar was geen bewyse dat dit ooit moontlik sou kon wees nie. Sug. Slimjanne.

Michael said...

As ek na die argumente van die Liberale Verligtes kyk teen die moontlikheid van wonderwerke dan sien ek die tipiese arrogansie wat gegroei het uit 'n "baie geregverdigde" bevryding van bygelowigheid. Dit is tipies van die mens om die insig wat ons kry op onsself te projekteer en dan te dink dat ons self by die antwoord gekom het.

Die feit dat die era van bygeloof nou grootliks iets van die verlede is maak nie dat ons moet glo dat fantastiese gebeure onmoontlik is nie. Dit is juis in hierdie era van ondersoek wat die mens met al groter verstomming nuwe en meer fantastiese dinge amper op 'n daaglikse basis ontdek, ondersoek en beskryf. Dit is presies hierdie wonders wat ons nou so gereeld ontdek wat maak dat die redelike man eerder moet soek vir insig as hy van 'n wonder soos Jona hoor.

Daar is 'n magdom van nuwe meganismes om die fisiese instansie van enige wonder te kan verklaar. Ek glo dat elke wonder wat in hierdie wêreld gebeur het 'n meganisme in hierdie wêreld het, juis om die balans van ons fisiese bestaan te handhaaf. Dit beteken dus dat daar nie noodwendig 'n fisiese oorsaak is nie, maar dat die fisiese gevolg wel gehoor gee aan alle natuur wette. So ver ek dit persoonlik al oordink het, geld dit vir alle wonderwerke wat geboekstaaf en bewys is deur getuies.

Groete,
Michael

Gideon said...

Mostert ná die maal:

Ek verwonder my soms oor alles wat mense van walvisse en hulle vermoë om mense in te sluk, te sê het, en bewyse te soek dat dit wel moontlik is.
My (fundamentalistiese?) siening was nog altyd: Al was daar nog nooit 'n walvis wat eens 1/10de van 'n man kon insluk nie - wat het dan vir God verhinder om wel 'n walvis te "beskik" wat 'n man kón insluk?