Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/14/2008

'n Algemeen aanvaarbare styl van verskille en konflik...

Daar bestaan ’n mite dat Christene totaal konflikloos moet wees en leef. As mens na die geskiedenis van die kerk kyk, besef mens dat bv. baie kerklike besluite nie sonder konflik gemaak is nie.
As ons na die Ou Testament kyk, sien ons hoe dit wemel met geskille tussen die verskillende outeurs, soos wat hulle op verskillende tye en plekke probeer uitwerk het hoe hul lewens saam met God moet wees. Profete-leerlinge en die priestervolgers het baie van mekaar verskil: Is die profetewoorde God se grootste les vir die gelowiges, of die Moses-wette? Oor die Dawidskoningshuis is twee verskillende geskiedenisse geskryf (die Kronieke teenoor die Samuel- en Koningsboeke).

In die Nuwe Testament sien ons ook talle verskillende voorbeelde van konflik...Dit gaan, volgens my, oor ’n algemeen aanvaarbare STYL waarbinne mense van mekaar behoort te verskil. Hoe voel julle hieroor?
Groete
Mart

11 comments:

Henrietta said...

Lekker onderwerp, Mart! Onwillekeurig dink mens aan hoe die twee faksies van die ANC mekaar gepak het toe die breukspul gekom het - woorde soos slange en honde is rondgeslinger...

Ek dink die eerste ding “vrede” – dat daar vrede moet wees en nie konflik nie. Partymense het korter humeure as ander en het nie altyd "'n wag voor die mond" nie!

Van die maniere wat mens konflik kan verminder of keer is deur ‘n mens se manier van praat. Een van my gunsteling verse in dié verband is Spreuke 15 vers 1: “ ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.”

Dan, soos dit in ons blog se “belydenis” ook staan, moet ‘n mens nie laster of vloek nie, maar eerder opbouend praat. Ek dink iets wat mens maklik vergeet, is dat wat mens sê en hoe mens dit sê, iets oor mensself getuig.

Henrietta said...

Hier is die eerste 4 algemene reëls van ons blog wat dit vir my nogal mooi saamvat:
1. Jy mag nie laster nie
2. Ook geen vuil- of vloektaal in jou mond neem nie
3. Jy mag geen persoonlike aanvalle teen jou naaste loots nie, of hom of haar op enige wyse te nakom nie
4. Jy mag geen haatspraak uiter teen dié wat anders as jy lyk of dink nie.

Mart said...

Die Bybelse resep vir ‘n regverdige geveg, naamlik dat jy nie kwaad vir kwaad moet
vergeld nie (Romeine 12:17), is eenvoudig en doeltreffend...

Mart said...

Konflik ontstaan dikwels wanneer mense se behoeftes bots. Wanneer die een se behoefte verhinder dat die ander een se behoefte bevredig word, is daar 'n botsing van behoeftes en ontstaan konflik. In regverdige konflik verloor niemand nie; albei partye kan wen indien die kommunikasie suiwer, opreg is en wanneer emosies gerespekteer word.

Sommige waardebotsings veroorsaak dat botsende partye nie geskille kan oplos nie. As mens besef dat die ander party 'n totaal ander waardestelsel as jy het, is dit soms beter om net om te draai en weg te stap van die konflik af.

Konflikhantering wat op 'n beskaafde manier aangepak word, bring mense soms nader aan mekaar en is 'n groeigeleentheid vir die betrokke partye. Konflik kan goed en nodig wees vir gesonde verhoudings...

Groete
Mart

Mart said...

In Galasiërs 5:22-23 word die vrug van die Gees teenoor die praktyke van die sondige natuur gestel: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid ens.).

Op ander plekke in die Bybel lees ons ook van eienskappe waarna 'n kind van die Here moet streef – eienskappe soos: draai die ander wang, wees die minste, vergewe mekaar. So word vrede gemaak en so word eensgesindheid verkry – so skryf Paulus in Fillipense 4:2.
En Paulus? In 2 Timoteus 4:2 lees ons dat Paulus se verhouding met Markus herstel is. 'n Groot breuk is heelgemaak.

Tot watter mate draai mens die ander wang?

Alet said...

Hallo Mart,

Ek hou van die manier waarop jy die volgende stel: "(d)is 'n groeigeleentheid vir die betrokke partye." Dit is waar die corny uitdrukking van 'n WEN-WEN situasie nogal van pas is VS dat albei partye verloor omdat daar nie wedersydse respek en geduld is nie.

Die "wang-draai" onderwerp is een waaraan ek nie lekker vat kan kry nie. Aan die een kant is dit tog duidelik, want ons moet die Bybel gehoorsaam: mens moet jou ander wang ook draai in konflik-situasies. Aan die ander kant voel ek dat daar 'n sekere mate van realisme moet wees. Ons is tog mense en ons is op die oomblik nog in 'n aardse realm. Hoeveel keer moet mens dan jou kop stamp, in die naam van Christelikheid?

Dié vraag mag dalk kras klink, maar uit persoonlike ervaring voel ek dat mens net soveel keer moet toelaat dat jy seerkry voordat jy terugveg of omdraai en wegstap.

My vraag is m.a.w. wat die verhouding tussen die ideaal van die "wang-draai" scenario in die Bybel teenoor die geaardheid van die mensdom, is?

Alet***

Henrietta said...

Hallo Alet! Die "ander-wang"- saak het ook lank in my agterkop vasgesteek, tot ek dele van die bergrede eenkeer met huisgodsdiens met my kinders gedoen het. Ek khet gevra: "Hoekom sou Jesus dit van ons verwag? " antwoord my seun (toe nog in die laer skool): "Want dis al manier wat die ge-faait sal ophou , mamma!" Praat van "uit die mond van die suigeling"!

Rugbyspeler Pierre Spies se pa, (ook Pierre) het aan 'n groep "Sportmanne vir Christus" behoort, en op 'n keer toe hulle hier op besoek was het iemand gevra: "Maar sal die ander ou dan nie dink dat ek 'n sissie is nie?" Pierre se antwoord: "Dan sê jy vir hom,'ek weet jy dink ek is 'n sissie, maar ek slaan nie terug nie omdat ek 'n Christen is'", m.a.w. gebruik dit as getuienisgeleentheid.

Henrietta said...

In vandag se beeld is twee artikels wat verband hou met ons onderwerp. Neels Jackson se artikel (hier :

http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2442592,00.html ) gaan juis oor debatte wat tans in die media gevoer word oor “christene” wat van mekaar verskil.

Ek vind meer aanklank by ‘n korter artikel van Dr Adrio König, wat ook hieroor gaan (hier:
http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2442591,00.html )

Yf said...

Respek in randsake
Eenheid in kernsake
Liefde in alle sake

Waarom maak ons dit tog so moeilik vir onsself? Dit behoort tog mos nie so te wees nie.

Die beste manier om konflik te vermy is om pro-aktief op te tree. Jy weet mos watter van wat jy sê of doen gaan konflik veroorsaak, so hoekom doen jy dit?

Vir wie draai jy dien ander wang? Jou antw. hang van jou vertrekpunt af. Of Christus sal jou daarvoor eer of jy sal ander gevolge ervaar (as jy dit nie doen nie) so maak gerus jou keuse

In vrede

Henrietta said...

Wat vir my weereens duidelik geword het uit gister se artikels in die Beeld EN die debat in die koerante die afgelope tyd, is dat die NG Kerk stadig maar seker by 'n kruispad kom - en dit gaan oor baie meer as die Belhar-kwessie.

Die Nuwe Hervormers, voel dit my, is met 'n georkestreerde poging besig (amper soos die "Cope"-groep in die politiek ;))) om 'n nuwe groepering te vorm.

Die taktiek wat hulle gebruik, is maar die oer-oue tegniek van twyfel- saai, die "is-dit-werklik-so?" metode... En wat gaan mense se reaksie daarop wees?

Mart said...

Hallo Henrietta,

Jy sê: "Die taktiek wat hulle gebruik, is maar die oer-oue tegniek van twyfel- saai, die "is-dit-werklik-so?" metode..."

Ek wil heeltemal met jou saamstem. Die idee van twyfel-saai is 'n ou tegniek om veral onseker mense mee te vang.