Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/15/2008

GELUK MET JOU VERJAARSDAG
OP DIE 16E DESEMBER, YF.
MAG JOU NUWE LEWENSJAAR
'N ONVERGEETLIKE EEN
WEES!
VAN AL JOU BLOG-VRIENDE

6 comments:

Alet said...

Baie geluk, Yf! Ons Boogskutters bly maar oulike mense ;-). Hoop jou Kerstyd en die jaar wat voorlê is baie geseënd.

May God keep you in the palm of His hands.

Alet***

Henrietta said...

Kaleb was ‘n positiewe , optimistiese mens met ‘n besonder lewenslustige geaardheid (Lees:Num 13:30; Deutr 1:36; Jos 14:6-14 – veral v. 11 &14; Jos 15:13). Wat my by van hierdie verse opval, is dat daar staan : “... omdat daar ‘n ander gees (Gees? ) in Kaleb was...”. Hy sien hy kans vir die bergwêreld waarvoor ander skrik!

Mag die Here jou ryklik seën, mag hierdie nuwe lewensjaar in die besonder ‘n Kaleb-jaar wees, wanneer jy jou 2009-berge aandurf.

Mart said...

Yf, Liza-hulle is in Europa op die oomblik. Sy het my gevra om namens haar vir jou 'n verjaarsdagkaartjie te maak. Ek is nie 'n kunstenaar nie, maar ek hoop die kaartjie is vir jou mooi genoeg!

Groete
Mart

Yf said...

Hey, dankie Mart! As jy ooit 'n werk as 'n kunstenaar soek sal ek jou 'n goeie verwysing gee. Dankie vir jou ondersteuning in alles wat ons saam moes deurmaak die jaar. Vrede en nabyheid vir jou, vriendin.

Ja-nee Alet, wat praat jy! En om alles te kroon is die naam Yf die Nederlandse vorm van 'n boom met die Engelse naam Yew. En dit was nie sommer so 'n boom nie hoor. Van hierdie bome is die pyle en die bekende "English longbow" gemaak. 'n Baie gedugte wapen op sy tyd wat die vorm van oorlogvoering drasties verander het. Reikafstand 282 treë - kon 'n pyl dwarsdeur 'n ridder se been en perd skiet. Die dat ek so gek is oor ons sterreteken.

Maar wat my rêrig omgewonde maak is dat ons beklee is met die wapenrusting van God en ons Aanvoerder op die wit perd het 'n skerp 2-snydende swaard en skei tussen murg en been, siel en liggaam, skape en bokke...

Al is ons of voel ons gewond ons is die die oorwinningsleermag van 2 teen 1 (onthou, net 'n derde van die engele het gerebelleer). Ek sin in my geestesoog al hoe kom ons oor die velde aangery, van horison tot horison agter daardie Aanvoerder aan, nie om onnodiglik te veg nie, maar net om te aanskou oor hoe Hy oorwin en om daar te kan wees om die plesier, voorreg en eer te kan hê om Hom te vereer!

Henrietta, my maaikie, die Here het jou oor my pad gebring toe ek iemand soos jy bitter nodig gehad het. Dankie dat jy altyd daar is en dat ons al so baie diep dinge kon gedeel het. Dat jy my kwesbaarheid met soveel deernis en liefde hanteer en behandel het. Ek eer jou - ek eer jou in die Naam bo alle name.

In Vrede

Michael said...

Baie geluk Yf,

Mag hierdie jaar wat kom vir jou wonderlik rustig wees in ons Vader se teenwoordigheid. Ons almal sien uit na nog baie heerlike gesprekke.

Groete,
Michael
P.S. Ek was ook uit sirkulasie vir so 'n paar dae. Jammer vir die laat gelukwense.

Mart said...

Yf,
Dankie vir die mooi woorde. Ja, ons het saamgestaan en 'n groot oorwinning behaal.

Dis goed dat jy tevrede is met my verjaarsdagkaartjie poging. Ek mis vir Liza. Sy is die meester van kuns - met woorde, asook grafies!

Groete
Mart