Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/28/2008

Die knoop is deur!

Manuel & Ramos Ingelyf!
Julian Jansen, RAPPORT
Franschhoek

"Mnr. Trevor Manuel (52), minister van finansies, en me. Maria Da Conceicao Ramos (49), uitvoerende hoof van Transnet en aangewese uitvoerende hoof van Absa, het gister hul lang romantiese vennootskap met ’n huwelik verseël.
Die intieme troue, ná vyfuur gistermiddag, is op die spoglandgoed L’Omarins naby Franschhoek gehou. Die landgoed was van net voor middagete al vir die publiek gesluit – “vir ’n private geleentheid”, volgens die aankondiging wat op die hek aangebring is...
...Manuel en Ramos is al jare lank lewensmaats. Hul verhouding was onlangs in die nuus toe dit bekend geword het dat Ramos op 1 Maart volgende jaar by dr. Steve Booysen sal oorneem as Absa se uitvoerende hoof. Manuel-hulle het gesê hul verbintenis sal nie ’n konflik van belange veroorsaak nie."

3 comments:

Henrietta said...

Volgens al die berigte dié week is die media met mag en mening weggehou maar met selfone kan mens vandag selfs op sulke privaatplekke 'n "papparazi"-foto of twee neem!

Nou kan hulle wettiglik "pillow talk" oor ekonomiese sake hê...

Elna said...

Ja, hoe mooi. Ten minste is daar 'n commitment.

Dis nou voorwaar vir jou 'n skitterende voorbeeld van VANDAG, MORE, ALTYD SAAM....!
:-)

Daar was gewonder oor "onder watter geloof" die seremonie sou plaasvind. Weet iemand? Dit lyk vir my heel 'doodgewoon'?

Mart said...

Hi Henrietta,
Die "pillow talk" pla my nie, solank hulle integriteit bo verdenking bly.

Elna, dis 'n interessante stelling dat daar ten minste commitment is. Dit lyk asof die huwelik die enigste vorm van ware commitment is. Ek wonder ook onder watter geloof die troue plaasgevind het...

Groete
Mart