Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

12/01/2008

Die groot Krediet Krises (KK) Sameswering!!!

Hallo julle,
Ek het die antwoord net vanoggend gekry! Die rede hoekom daar 'n groot krediet krises in die wêreld en veral die ontwikkelende wêreld is...

Dit is baie eenvoudig 'n oplossing vir die groter demografiese krises. Hierdie ekonomiese krises is die noodsaaklike "altimate sacrifice for the greater good". Die rede is dat die konings van hierdie wêreld het agter gekom dat al die welvaart veroorsaak dat mense nie meer kinders kry nie en dit veroorsaak dat ekonomië gevaar staan om oorgeneem te word deur 'n massa mense vanuit die ontwikkelende lande.
Vir hierdie standpunt van my het ek die volgende klinkklare bewyse om op die tafel te sit.
Britons 'saving money with sex'
"As the credit crunch bites, Britons may be turning to sex as a cheap way to pass the time, a charity says. A YouGov survey of 2,000 adults found sex was the most popular free activity, ahead of window shopping and gossiping."
Daar het julle dit, as die krediet krises enigsins langer as 6maande gaan duur het die Britte 'n volgende "baby boom" op hande. Halleluja, die banke kan selfs 'n land se demografie beheer... Die vraag is net wie beheer die banke. Ek weet wie... Hy IS die Koning van die Heelal.

Groete,
Michael
P.S. Mag al die Britse kondome gaatjies in hê!

4 comments:

Henrietta said...

Hahahaha...!! Michael, dankie vir hierdie lekker laggertjie so op die blou Maandag!

En wie moet ONS (hier in SA) bedank? Nie Boland Bank dié keer nie, maar ESKOM...

Mart said...

Michael, dis 'n goeie samevatting van jou! Hehehe!!!! :))

Terloops, die Verenigde Nasies sê die grootste verlangsaming sedert die Groot Depressie staar die wêreldekonomie in die gesig.

Die VN verwag dat die wêreld se ekonomiese produksie in 2009 met tot 0,4% sal inkrimp weens die verlangsaming in ontwikkelde lande – veral in die VSA en Europa.

Dit sal die eerste inkrimping in die wêreldekonomie sedert die 1930’s wees, het die VN gesê...

Lyk my 'window shopping', skinder en veral seks gaan waarlik ernstig begin aftrek kry...

;)

Michael said...

Vir die Westerse lande hoop ek dan werklik hulle sal hulle demografiese krises kan oorbrug met hierdie "gulde geleentheid".

Groete,
Michael

Mart said...

Hehehehe!!!!
;))