Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/05/2008

Welkom aan Laurelai. Hoop jy kry gou al die knoppies sodat jy kan begin uitsaai!

6 comments:

laurelai said...

soos jy weet , is die knoppies vind maar n klein deeltjie van iets se....
n klip in die bos, ek lees oor katte honde rotte en slange se plekkie in die hemel...sit hulle aan die tafel van die Lam se fees. of IS hulle die fees???
of gee ons werklik om?
My God is een van liefde..die liefde wat ek vir my hond, kat , rot of slang voel, is ook n gawe..en liefde is soos energie, dit kan nie verwoes word nie, alleen van vorm verander...
Ek glo nie dat die details belangrik is nie, al wat werklik tel, is om die liefde te sien, te onvang, en aan te stuur...en dankie te se, dat dit ooit in jou besit was, al is dit vir jare, of net n oomblik
KOm ons 'lighten-up' so bietjie..en geniet NET die gawe.

Mart said...

Net om Laurelai aan julle voor te stel. In haar eie woorde:

"Ek is a kuns direktrise vir advertensies. Ek het kuns geswot met n beurs in België, teruggekom en "below the line design" gedoen, en toe opbeweeg na agency, na die "beats the benz ad" wat n hit was. Ek het Hunt lascaris verlaat en op my eie gegaan met n pel, John Bonham-Carter (ja, van die befaamde familie) en self begin ads maak..... ek doen alles wat jy kan SIEN in advertensies.
Ek werk meestal in Oos, Wes en Noord Afrika, vrou-alleen met mans crew wat ek daar optel...Die liefde in my lewe is 'n konsertpianis in Irak...(how weird, en van Brandfort in die Vrystaat af kom!)
Ek is 'n alleenloper, het nog nooit getrou of kinders gekry nie, was nog altyd "buite die lyne" geskets..so my lewe is a fees...ek het a absoluute jol, en ek MAAK iets..al is dit ads...

Ek het sielkunde geswot, n gepublishde filisoof en jazz muso gedate vir 12 jaar, (altyd langs mekaar gebly), ek ry bikes, vlieg, roei, hokkie op ys, kajak in amazone... Die enigste konstante faktor in my lewe is my hond, Miles Davis. Hy is nou 16 en 'n Jack Russel..."

Die res sal sy oor tyd hier vertel soos wat haar tyd dit toelaat.

Dankie vir jou eerste gedagtes op ons blog, Laurelai.

Henrietta said...

Dankie vir die inligting, Mart. En die helfte is ons nog nie vertel nie, glo ek... Dit lyk my ons moet nou sê: "Uit Brandfort, altyd iets nuuts... " hehehe! As ek reg onthou , het Mother of the Nation ook iets met Brandfort te doen?

In elk geval, ons sien uit om jou verleidelike liedjies te hoor en ek hoop net ons dryf jou nie daartoe om jouself soos jou naamgenoot in 'n rivier te werp nie!

Snaaks hoe mens se kop werk: die deuntjie draai nou die hele tyd deur my kop - "Ich weis nicht was soll es bedeuten... " of so iets, Mnr Alant se Duits op skool is BAIE ver in die verlede...

johnny said...

Hallo, Henrietta,

"...ein Maerchen aus alter Zeite, das kommt mir nur vor dem Sin..." usw.

Partykeer maak die malende liedjies mens mal, dan probeer ek dit met 'n ander vervang en verplaas bloot die irritasie in my kop van een wysie na 'n ander.
johnny

Gideon said...

Ek sê ook baie welkom aan ons nuwe Rabbedoe. Ouens beter handskoene aantrek!

Ag julle, verskoon my tog, maar ek kon dié versoeking nie weerstaan nie. Miskien verkeerde spellings en so aan, maar ek het 'n gedagte Liza-nel sal daaroor kan oordeel. Ek is al van skooldae af verlief op dié liedjie.
So hier kom dit na die beste van my vermoë:

DIE LORELEI
Ich weis' nicht wass sol es bedeuten
das ich so traurig bin -
ein Märchen aus alten Zeiten
das komt mir nicht aus dem Sin.

Die Luft ist kühl, und es dunkeln,
und ruhig fliesst der Rein.
Der Gipfel des Berges funkelt
im Abendsonnenschein.

Die schönste Jungfrau sitzet
dort ober - wunderbahr!
Ihr goldes Geschmeides blitzet;
sie Kämmt ihr goldenes Hahr.

Sie kämmt es mit goldenem Kamme
und singt ein Lied dabai;
es hat eine wundersame, gewaltige Melodei.

Den Schiffer im kleine Schiffe
ergreift es mit wildem Weh;
er schaut nicht die Felsenriffe -
er schaut nur hinauf, in die Höhe.

Ich glaube die Wellen verschliengen
am ende Schiffer und Kahn,
und das hat mit ihrem Singen
die Lorelei getan.

Groetnis.

Liza-Nel said...

Gideon jy's in die kol en het 'n baie goeie geheue...die woord "alten" word soms met "uralten" (oeroue) vervang.

Welkom Laurelai - ek glo darem nie dat enige dier eendag die hoofdis op die hemelspyskaart gaan wees nie. Ek het 'n vermoede dat diegene van ons wat dit tot doer bo gaan maak baie appels en druiwe en vye gaan eet. :))