Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/01/2008

Pretoria straatname en Paul Kruger se standbeeld waai


‘ANC sál Pta stad van vryheid, eenheid maak’

“Niemand gaan die ANC keer om die stad te verander na die stad van vryheid en eenheid nie.”
Gemoedere het eergister hoog geloop nadat die DA in ’n mosie geëis het dat die raad sy “onwettige” openbare deelnameproses onmiddellik stop.

Die raad het in September bekend gemaak dat inwoners nuwe name kan voorstel vir 27 Pretoriase strate, “wat aanstoot gee weens hul koloniale en apartheidsverbintenisse”...
Adv. Kate Prinsloo, die DA-leier in die raad, het gemaan dat die DA – soos die VF+ – die naamstryd in die hof sal voortsit as die ANC nie die proses staak nie.
’n ANC-lid het gesê dit is onaanvaarbaar dat die stad se name nog daarop dui “dat dit die wit man se land is”.
Mnr. Gabriel Twala, ANC-burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, het nog olie op die vuur gegooi toe hy gesê het dat Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein “ook in ’n stadium sal moet waai”.

*BEELD (Verkorte weergawe)

5 comments:

Mart said...

Organisasie gestig om Pta-straatname te red
Marenet Jordaan

Die Boerevolkvryheid-stigting het 'n veldtog begin om mense aan te moedig om rooi strikke of harte aan die straatborde vas te maak van die 27 strate waarvan die Tshwane stadsraad die name wil verander.

Van ’n “internet-volk-staat” tot Dames Aktueel staan saam in ’n verenigde front van meer as 40 Afrikaanse organisasies om die verandering van 27 Pretoriase straatname te beveg.

Die besware teen die verandering van die 27 straatname in Pretoria, soos voorgestel deur die metroraad, sluit in:

• Dit is ’n kultuurhistoriese aantasting wanneer erfenis juis bewaar behoort te word.

• Die finansiële impak is geweldig. Volgens ’n onafhanklike ontleding wat aan die metroraad se straat- en pleknaamkomitee voorgehou is, kan dit tot R1 miljard kos weens al die sakepersele wat geraak word.

• Die proses is onregmatig, ongrondwetlik en daar was nie genoeg openbare deelname voordat die voorneme aangekondig is nie.

• Dit gaan grootskaalse verwarring veroorsaak by nooddienste en toeriste. Boonop is daar volgens eksterne adviseurs vir die straat- en pleknaamkomitee 14 000 strate in die Tshwane-metrogebied wat nog glad nie name het nie.

• Dit veroorsaak verdeling in die gemeenskap.

Liza-Nel said...

Adapt or Die.

Die Pretorianers kan soveel strikkies en hartjies in al wat 'n kleur is aan straatborde vasmaak soos wat hulle wil dit gaan geen duit verskil maak aan die regering se voorneme om die name te verander nie.

Dit kom al 'n langpad, dwarsdeur al die Afrika state wat onafhanklik geword het. Die eerste wat moet verander is altyd die straatname indien nie die land s'n self nie.

En daarna word dit gereeld as weerligafleier gebruik om die aandag van hul onvermoë om krisisse te hanteer en op te los.

Gideon said...

“Niemand gaan die ANC keer om die stad te verander na die stad van vryheid en eenheid nie.”
En hy hou seker nie rekening met die moontlikheid dat iemand anders binnekort in die saal mag sit nie.

Mart said...

Dis waar, Gideon...

johnny said...

U sien,

Ons het hier te doen met minderheidsregte.

Minderheidsvolke kan,volgens die volkereg, aanspraak maak teen die wegkalwing van hul kultuurerfenisse teen die kultuur chauvinisme van 'n meerderheidsregering.

Maar dan moet hierdie regte vervat wees in spesiale wetgewing van die staat om sodanige regte te beskerm.

Nou hoe verkry ons dan daardie regte?

Eenvoudig, ons doen dit volgens besluite wat 'n verteenwoordigende Afrikanerraad neem en as private wetgewing in die parlement loods. Artikel 234 van ons Grondwet maak daarvoor voorsiening.

Maar nee, ons verkies om soos zombies op Solidariteit en Afriforum se betaalde amptenare te vertrou dat hulle ons saak in die hof sal beveg, liewer as 'n verkose Afrikanerraad.

johnny