Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/11/2008

Ons Blog kry 'n facelift!

Ons dink daaraan om ons blog mettertyd 'n make over te gee.
Nuwe naam, nuwe logo, ens.
Ons wil voortgaan om oor alles te gesels.

Enige kreatiewe voorstelle is meer as welkom!

Groete
Mart











(Jocelyn Wildenstein, groot katliefhebber, wou vreeslik graag soos haar geliefde kat lyk...
Liza)

16 comments:

Mart said...

(Terloops, is dit nie amazing wat plastiese snykunde kan doen nie? Hierdie mense op die foto's lyk jare jonger na hul chirurgie!)

;))

Henrietta said...

Sjoe ja dit lyk regtig goed. OK, laat waai maar met die blok.

Hoe lyk dit, kan ek ook kom sit ? (vir daai lift, bedoel ek hehehe).

Henrietta said...

Ek meen, ons is mos nou in die tyd van die "total make-overs". Praat saam, ontwerp, gooi weg, slaan plat, bou weer.

johnny said...

Gee die blok 'n facelift, maar behou die christelike karakter.

Ons praat mos lankal oor allerhande goed, nie net oor godsdiens nie.

Stel voor ons behou ons bestaande etos.

johnny.

Mart said...

Goeie genugtig, Liza!!
Sy lyk sowaar soos 'n kat. Het die chirurg bietjie carried away geraak?

Liza-Nel said...

Mart, hierdie was maar die begin van die vrou se obsessie, jy moet die laaste fotos van haar sien en dit alles net om haar man te behou wat in elk geval later met 'n 19 jarige model weggeloop het...
http://www.dailymail.co.uk/tvshowbiz/article-516768/Is-scariest-picture-EVER-Bride-Wildenstein.html

Gideon said...

Voel vreeslik jammer vir die arme vrou - en dit omdat haar man van katte hou! Haar 1970-looks was nog die beste.

Ek hou van hierdie facelift-storie vir ons blok. Synde 'n absolute leek met sulke goed, sal ek maar net "sit back and enjoy the view". Voorspoed!

sister said...

Hallo Mart en Liza,

Ja, ander gesprekke sal interessant wees. Tog voel ek ook dat die christelike gesprek nie moet verdwyn nie. As gevolg v d blog, verloor ek so nou en dan stukke bagasie wat ek al lankal onnodig saamsleep. Dit help sommer vir my facelift ook. Ek glimlag nou meer - die bagasie is minder.

Andersins dink ek dit is goeie oefening om jou gedagtes te formuleer hier waar dit veilig is asook om ander mense se opinies /gevoel /ervaringe te beleef. Dit is verykend. Geloof is nie 'n onderwerp waaroor mense in die algemeen op sosiale kuiers praat nie. Waar anders beleef ons ander mense se insigte (buiten die media en die kerkdiens)? Dit is vir my insiggewend en ek sal dalk 'n volgende keer meer bekwaam wees om andersdenkendes te antwoord sonder om hulle te verwilder...

Groete,
Sister

sister said...

Daardie katgesiggie is sekerlik 'n photoshop weergawe?!

Ek wonder of sy elke oggend 'n pierinkie melk i.p.v. koffie of tee drink. Hehe.

Mart, ek dink tog my oplossing vir die facelift is minderpynlik en baie veiliger!

Groete
Sister

Henrietta said...

Lekker gelag vir jou " pierinkie melk" opmerking oor Wille Wildenstein, Sister - op die vloer of by die tafel - hehehe...

Lyk sy tog nie te (s)kat-lik nie! Ek wil 'n kat-egoriese stelling maak: sulke operasies kan kat-strofiese gevolge he... dink maar aan Michael Jackson?

Mans moet veral versigtig wees om nie te veel kere vir 'n lift te gaan nie : op 'n dag kan hul adamsappel sit waar hulle neuse moet wees...

Liza-Nel said...

Sister,
Wille Willemien Wildenstein of Bride of Wildenstein (Frankenstein) soos wat sy bekend staan in die Britse sosiale kringe is nie ge-"photoshop" nie. Dis werklik 'n vrou wat £2,000,000 spandeer het om so te lyk...en op die boonste foto lyk sy nog mak, op die wat geneem is na haar latere operasies lyk sy regtig weersinwekkend.

Mart said...

Wragtag!
So dis REGTIG hoe sy lyk??

Good heavens....

sister said...

Katgesiggie het duidelik nie genoeg verbeelding nie. Wat van 'n ou maskertjie? Ek kan aan baie beter en plesieriger dinge dink om met 2 000 000 pond te doen.

Ek wonder ook of sy 'kat'terig kommunikeer? Klink my sy's waaragtig in staat om d.m.v die purr en miaau geluide te kommunikeer. Ek dink nie ek wil in Augustusmaand by haar as gas kuier nie!

Mart said...

Wat gebeur in Augustusmaand, Sister??

;))

Liza-Nel said...

Ek wil haar beslis ook nie Augustusmaand op my erf hê nie - nee wag ons raak nou katterig...

Elna said...

dis nou 5 dae later.... en ek weet nou ook nog nie wat gebeur in augustusmaand (met katte, obviously) nie!? of is ek nou blond?