Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/30/2008

Is ons almal skuldig aan 'n vorm van misdaad?

'n Kaapstadse man het na 'n radiostasie ingebel en verkondig het dat hy hom nie gaan steur aan ’n nuwe munisipale regulasie wat meer as twee troeteldiere per gesin verbied nie. Hy het ook aangekondig dat hy nie ’n ander regulasie gaan gehoorsaam wat hom verbied om vir sy kinders in sy huis alkohol te gee voordat hulle minstens 18 jaar oud is nie. Desmond Tutu het onlangs gesê ons Suid-Afrikaners is misdadigers. Is gewone Suid-Afrikaners wat dink dat hulle wetsgehoorsame burgers is, dus maar eintlik ook in 'n groot mate deel van die misdaadprobleem?

7 comments:

johnny said...

Jy sien, die kwessie van misdaad is relatief. Wat in Suid Afrika 'n kriminele oortreding is, is algemene praktyk oorsee, soos byvoorbeeld valuta oortredings.

Die probleem met vandag se politici is hul beheptheid met wette maak.

Hoe meer die staat inmeng in die lewe van landsburgers, hoe meer kriminele oortredings word gepleeg.

Al wat ons werklik nodig het is die tien gebooie, dan sal daar ook veel minder kriminele wees.

johnny

Henrietta said...

"Great minds think alike" of die ander weergawe(;)))), want in gister se Rapport is 'n volbladartikel met min of meer dieselfde strekking (net opskrif gelees, sal vandag behoorlik lees).

Is dit nie maar die wese van die gedagte van "die balk in eie oog nie nie raaksien nie"?

Henrietta said...

Die artikel in Rapport waarna ek verwys, is: "Ek is 'n misdadiger" is van Chris Moerdyk, en hy verwys ook na Tutu se stellings.

Ja Johnny, jy is heeltemal reg oor die relatiwiteit van misdaad - snaaks hoe "sag" ek teenoor myself is oor oortredings (bv padreëls) en skaars minute later, kliphard op iemand skel wat presies dieselfde doen as ek ....

Henrietta said...

Ek dink Tutu sal heerlik saamgesels met die oud-burgemeester van New York, Rudolph Guiliani. So paar jaar gelede was hy oral in die nuus met die sukses wat hy behaal het teen misdaad , en hyself het dit toegeskryf aan sy sero-toleransie teenoor "klein misdade" soos bv stukkende vensters. As ek reg onthou is dit die "broken window" approach genoem.

Dis nogal 'n eienaardige verskynsel wat ons in praktyk gesien het hier by die verafgeleë skole: die oomblik as jy ongeërg raak oor (veral) stukkende vensters by 'n skool, word die heel vensters feitlik oornag 'n aanloklike teiken.... dieselfde met graffiti en 'n gekrap op banke. Dis of dit 'n "aansteeklike siekte" is!!!!

sister said...

Ja, ek stem saam met Henrietta oor die siekte ding aangaande stukkende en heel vensters en graffiti. As ons uit die positiewe kant kyk dan sien ons heel vensters, netjiese skoolgronde en omgewing ens.. (as iets breek word dit dadelik herstel/ vervang) Dit kweek respek en trots en positiewe bydraes i.p.v. vernielsugtigheid. Trots kweek waardigheid en daarmee kan almal vorentoe beweeg.
Maar o wee, as die stukkende ruit nie dadelik herstel word nie, dan word dit die rinderpes van die samelewing. Dis soos muf wat net 'n plek soek om te groei...

sister said...

Ekskuus, ek het my verspreek!

As my skoolgebou of staatsgebou of omgewing onderhou word, kweek dit waardigheid en dit kweek trots en respek...

Liza-Nel said...

VAN DIE OS OP DIE JAS:

Stukkend gooi en 'n gekrap op banke, mure en bome is deel van die mens se psige en dateer terug uit die grottydperk.

Quik One, die befaamde New Yorkse Graffiti kunstenaar sê hy het al in sy leeftyd sy naam en verskeie grafiese beelde op meer as 10,000 mure wêreldwyd in Graffiti-styl verewig of geskryf (mens praat glo van 'skryf' en nie krap nie).

Dit word deesdae erken as 'n volwaardige kunsvorm en in lande soos Amerika word 'graffiti kunstenaars', as teenfoeter vir opsetlike muurontsiering, aangemoedig om op 'n kunstige en kleurvolle manier uiting te gee aan hulle 'skryf-drange'.

Sommige sielkundiges meen weer dat dit in baie gevalle 'n uiting van protes/woede kan wees wat stem uit die kinderjare toe 'n gekrap op mure 'n skrobbering tot gevolg gehad het.

Die digter Gilberte Brassai som dié verskynsel soos volg op in sy gedig The Wall:-
A wall throws down a challenge.
Protecting property,
defending order,
it is a target for protest,
insult,
demands
and for every political,
sexual,
or social passion.
-Gilberte Brassai

Om vensters stukkend te gooi, bo en behalwe om daardeur protes aan te teken of uit blote kwaadwilligheid, kan dalk net lekker wees - siekte ofte not, want hoekom is die Grieke dan so lief daarvoor om tydens hulle familiefeeste borde en glase stukkend te gooi? Opa! ;))