Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/27/2008

Mombai aanvalle

Ons het nou al 'n paar plasings gehad oor die ineenstorting van die globale ekonomie. Vir my lyk dit asof hierdie laaste aanvalle in Mombai nie soseer te doen het met die politiek en/of godsdiens nie, maar is dit gemik om die Indiese ekonomie 'n reuse slag toe te dien. Mombai is die "finansiële hoofstad" van Indië, en die aanvalle was nie lukraak nie maar baie fyn beplan, en op bepaalde teikens wat baie nou verweef is met die ekonomiese hart van Indië. Die tyd is ook baie goed gekies: die "boelie" VSA is in 'n oorgangstyd en nóg Bush, nóg Obama gaan nou lus wees om daar betrokke te raak - (ai al weer die ou tannie met die "conspiracy"-idees in haar agterkop, tsk-tsk...)

11 comments:

Liza-Nel said...

Hmmm...ek wonder weer of dit nie direk teen die Amerikaanse en Britse toeriste gemik was wat in die twee hotelle tuis gegaan het nie, daar Amerika se 'Thanksgiving' Donderdag begin het..en miskien ook verband hou met die bomaanval Donderdag by die Amerikaanse ambassade in Kaboel, Afghanistan waarin 4 mense dood is tydens 'n 'Dankseggingspretloop' nie.

Mart said...

Teen die middel van Donderdagoggend, het polisieluidsprekers blykbaar 'n verbod op beweging ingestel rondom die Taj Mahal hotel, wat 'n bekende landmerk in Moembaai is.

Kommandolede wat swart klere aangehad het, het die gebou ingestorm en skote het geklap, klaarblyklik die begin van 'n nuwe aanval op die militante wat gyselaars in die hotel geneem het.

'n Reeks ontploffings het die Taj Mahal geskud net na middernag. Gille is blykbaar daarna gehoor en swart rook het by vensters van die eeu-oue gebou op die Moembaaise waterfront uitgeborrel.

Brandweermanne het blykbaar die brand probeer blus en mense met lere van balkonne probeer afgehaal. Teen sonsopkoms was die brand nogsteeds nie geblus nie.

Ooggetuies sê die aanvallers het spesifiek Britte en Amerikaners uitgesoek by die hotelle en restaurante. Amptenare het verder gesê ten minste 120 mense is gewond.

Alex Chaimberlain, 'n Britse burger wat by die Oberoi hotel geëet het, het aan Sky News vertel dat 'n gewapende man wat Hindi of Oerdoe gepraat het, het tussen 30 en 40 mense uit die restaurant na die trappe weggelei.

"Hulle het spesifiek oor Amerikaners en Britte gepraat. Daar was 'n Italianer vir wie hulle gevra het van waar hy afkomstig is, en toe hy geantwoord het dat hy van Italië kom het hulle gesê dit is reg, en hom gelos. Ek het gedink 'reg, as hulle my enige iets moet vra sal hulle my seker skiet, maar Goddank het hulle nie,' het hy gesê."

Chamberlain het vertel dat hy weggeglip het toe die gaste teen die trappe op geforseer is, maar hy het gedink dat 'n groot deel van die groep as gyselaars gehou word.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, maar Moembaai was gereeld in die verlede die teiken van terroristeaanvalle wat op Islamitiese ekstremiste geblameer is, insluitend die bomaanvalle in Julie 2006, waarin 187 mense dood is.

Mart said...

Suid-Afrikaanse Lugdiens het Donderdag probeer om kontak te maak met kajuitpersoneel in Moembaai, waar terroriste aanvalle soveel as 100 mense dood gelaat het.

Suid-Afrikaans Lugdiens kan bevestig dat die redery tans vlug- en kajuitbemanning in Moembaai het," het die redery in 'n verklaring gesê.

"'n Totaal van nege bemanningslede is in Moembaai, en ses van hulle is reeds opgespoor. SAL probeer nog om kontak te maak met die oorblywende drie bemanningslede."

'n Groep, vermoedelik Moslem militante, het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.

Michael said...

Dink julle dat die terroriste gaan nou in die algemeen ander lande as die tradisionele vyande kies om te teiken? Wat Henrietta se conspiracy aan betref is daar baie te sê oor Indië. Ek glo wel dat Indië die voorkeur nuwe moondheid is as dit van die Weste sou afhang. Die rede is eenvoudig die lang en ineen geweefde verhouding wat Indië met die VK het.

Wat hierdie spesifieke aanval betref is ek nog maar baie onkundig en Mart se verduideliking is ongeveer die beste bespreking wat ek nog gelees het.

Groete,
Michael

Gideon said...

Dankie Mart vir die detail van daardie gebeure. Henrietta, jy weet seker nie hoe naby jy aan die waarheid gekom het met die "conspiracy"-idee nie. Dit is beslis nie nét dié van 'n ou tannie nie.
My eerlike mening is dat hierdie nie 'n geïsoleerde voorval (of selfs reeks voorvalle) is nie, maar deel vorm van 'n meesterplan van bykans ongelooflike omvang.
(tsk tsk - nog 'n ou (?)!)

Gideon.

Henrietta said...

“The ISI (Pakistani Inter-Services Intelligence) appears to play the role of a force for the destabilization of Central Asia, India and the Middle East. It acts as a Central Asian base of operations for the CIA and British Intelligence to carry out Anglo-American imperial aims.

India will be the main focus of this report, due to the escalation of organized terror and violence against it in the past few years. As India is one of the fastest-growing economies in the world, after China, its northern neighbor which also borders Central Asian countries, its place in the New World Order is yet to be set in stone. Do western, and particularly Anglo-American elites allow India to grow as China, all the while attempting to co-opt their banking system to the western banking elite, thus, making them controllable? Or, will India be destabilized and dismantled, as is the plan with the Middle East and Central Asia, in order to redraw borders to suit geopolitical imperial ambitions, creating a network of manageable territories feeding the Metropoles of the New World Order, specifically New York (Wall Street) and London (The City of London)? “

En ook:

What we are seeing with Pakistan and India is an effort to drive the region into chaos. The US allowing blame to be placed on the Pakistani ISI for the Embassy bombings in Kabul has provided an excuse and basis for US military intervention in Pakistan, which has already begun,[60] and which threatens to plunge the region into total war and crisis. But then again, that’s the idea.”

Liza-Nel said...

Hierdie is 'n 'verbatim' uittreksel uit 'n e-pos van 'n Indiese vriend van ons en sy mening oor die Mumbai-voorval:

What has happend in Mumbai-India it is indeed a tragic lost of many inoccent lives. But what extremist hindus are trying to create an opion against Pakistan is absolutely false and i consider it as consiparcy. As a Pakistani, I too find it intriguing that only days ago, for the first time, the reach and influence of indigenous Indian terror groups was being registered for the first time, with the arrest of two serving senior Indian army officers with links to Hindu terror groups involved in major terrorism acts; acts that were blamed on Muslims. And now suddenly we have a spectacular incident, too
sophisticated for any foreigner to execute without massive
facilitation and support base, where allegedly Muslim terrorists have left behind an ID card and a cell phone with a SIM card originating in a 'neighboring' country. How convenient. They should have checked
better since they could have also found an ISI staff card on one of
the dead terrorists. There are close to 100 groups in India , of all shades, fighting the Indian state and people, including Hindu
terrorist groups. India should get its own house in order before
blaming 'neighbors'. This coming from a country where close to 600
Christians were killed just a couple of months back by Hindu groups, and 2500 Indian Muslims were burned alive in the 21st century's first incident of genocide, in 2002 and where Kashmiri, Dalit, and other
minority women are raped everyday as part of Hindu religious
oppression. Please think and read the facts that exposes India's
extremism.

For the past many weeks, the biggest story in India was involvement of Indian Military Intelligence officers in orchestrated acts of
terrorism against Muslims to create a Hindu-Muslim riot situation as well as to create a justification for war against Pakistan . Many Indian army officers were caught and Indian Police was forced to work
deeper into finding more BJP, Bajrang Dal and RSS terrorists in Indian military and Intelligence setup. This story had created a serious panic in Indian military and their Fascist patrons in Hindu Zionists.

Something had to be done to divert the attention of the world and
Indian public from acts of terrorism by Hindu Hardliners. .....Then
comes the Mumbai Massacre.

-Uit die perd se bek...

Gideon said...

Die Indiese vriend het 'n punt beet as hy sê: "...too
sophisticated for any foreigner to execute without massive
facilitation and support base,...". Ek glo die hele "conspiracy" is baie groter as wat hy (of ons) dink.

Gideon

Michael said...

Daar is verseker iets wat in daardie deel van die wêreld aan die broei is en julle bring lekker nuwe insig. Dankie, ek geniet ook 'n goeie sameswering.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Wat my dronkslaan, is dat geen groep nog ge-"claim" het om die skuldige te wees nie - gewoonlik spring hulle soos een man op en sê: "Dis ons wat so oulik was!" en nou word daar in duisend tale geswyg....

Mart said...

RAPPORT vandag:

"Beleg in Indië fyn beplan
Die beleg van Moembaai is verby.
Nou wil die wêreld weet wie het Indië se finansiële hart drie dae lank tot stilstand geruk en byna 200 mense afgemaai.

Die aanspraak van die Deccan Mujahideen, ’n onbekende groep van die suide van Indië wat in e-pos aan Indiese nuusagentskappe aanspreeklikheid aanvaar het, word nie in intelligensie-kringe as eg beskou nie.

Die Indiese minister van buitelandse sake het Vrydag die skuld op Pakistan gepak.

“Daar is voorlopige, prima facie-bewyse wat aandui elemente met Pakistanse bande is betrokke,” het mnr. Pranab Mukherjee gesê.

’n Indiese intelligensie-amptenaar het aan The New York Times gesê die terroriste het tydens die aanvalle nie-Indiese selfone gebruik en oproepe van buite die land ontvang.

Ander intelligensie-bronne het aan AFP gesê agt van die terroriste het reeds ’n maand voor die aanval in Moembaai aangekom.

Indië verdink ’n Islamitiese militante-groep van die bestrede Kasjmir-gebied, Lashkar-e-Taiba, wat ’n historiese verbintenis met Al Qaida het. Die aanvallers se spesifieke fokus op Westerlinge en Jode ondersteun volgens ontleders die agenda van ’n wêreldwye djihad.

Amerikaanse teen-terroriste-kenners het beaam die manier waarop die aanvallers te werk gegaan het, strook met vorige aanvalle van dié groep van Kasjmir, soos hul aanslag op die Indiese parlement in 2001.

Ander berigte in Indië lui dat tot sewe van die aanvallers kom van Brittanje.

Volgens The Sun in Brittanje het Indiese owerhede beslag gelê op BlackBerry-selfone wat in die aanvallers se besit was en wat bewys dat hulle die webblaaie van Britse koerante besoek het om te sien hoe daar in Brittanje verslag gedoen is oor die aanvalle.

Volgens Indiese polisiebronne het die terroriste ook Oerdoe- en Arabiese webblaaie besoek wat gewild is onder Moslems in die noorde van Enge-land.

Lede van Scotland Yard se terrorisme-eenheid is reeds na Moembaai op pad om dié bewerings te ondersoek.

Die Britse eerste minister, mnr. Gordon Brown, het gister gesê hy het geen aanduiding van sy Indiese eweknie, mnr. Manmohan Singh, oor Britse betrokkenheid by die aanvalle gekry nie, maar dis te vroeg vir gevolgtrekkings.

Die groepie jeugdige terroriste se gekoördineerde beleg van Moembaai se grootste toeristegebied is haarfyn beplan.

Hulle was duidelik goed opgelei in die hantering van gevegswapens en handgranate.

Die aanvallers wat vir die beleg van die Taj-hotel verantwoordelik was, was ook duidelik goed bekend met die ou gebou en die vermoede bestaan dat sommige van hulle selfs voor die tyd in die hotel gewerk het.

Teen laat gistermiddag was die dodetal 195, wat 22 buitelanders insluit. Sowat 295 mense is beseer."

Bronne: Reuters, AP, AFP