Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/02/2008

Misverstand

Sannie is besig om die sitkamer se plafon te verf, terwyl ai Siena vir haar die leer vashou. Sy het haar man se oorpakbroek aan, daardie oorpakke met kruisbande. Die broek is vol groot verfkolle en sy moes die broekspype oprol.

Hulle hoor 'n motor buite stilhou.

"Wie's dit, Miena?" vra Sannie.

Miena gaan kyk en kom terug: "Dis die Maruti, Miesies."

Haastig klouter Sannie van die leer af en beveel: "Miena, vra asseblief vir die Maruti om in te kom ek gaan net gou hierdie broek uittrek," en sy verdwyn in die gang af.

"Kom binne, Maruti," sê Miena vrolik. Die miesies sal nou hier wees, sy't net gou haar broek gaan uittrek."

"O," sê Dominee, ek kom nou weer, ek gaan net gou my Bybel in die kar bêre."

johnny

2 comments:

Mart said...

Hehehe!

Sannie is in vir 'n surprise!

Hehehehe!!

Gideon said...

Ds. ook!