Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/24/2008

Kersfees vrae en antwoorde vir ons kinders...

* Is 25 Desember die geboortedag van Jesus Christus? Indien nie, waarom herdenk ons dit dan as die geboortedag van ons Verlosser en Koning?
* Is die herdenking van die geboorte van Jesus Christus deel van die feesdae wat deur God ingestel is? Indien nie, hoekom vier ons dit dan?
* Wat is die oorsprong van die viering van Kersfees?
* Waar kom die naam Kersfees vandaan en wat beteken dit?
* Waar kom Kersvader vandaan en wie is hy nou werklik?
* Wat het Kersvader, die kersboom, liggies en gee van geskenke met Jesus Christus te doen?
* Wat is die oorsprong van die gee van geskenke, die kersfeesboom, die kersmaaltyd en van die talle ander gebruike en tradisies van Kersfees?
* Word God deur die viering van Kersfees vereer?




8 comments:

Alet said...

Great vrae dié! Ek't verseker al meer as een maal hierdie gedagtegang begin maar nie heelmemal voltooi nie, weens 'n tekort aan kennis en navorsing.

Uit al die vrae wat jy genoem het, Mart, kan ek 'n paar probeer antwoord maar ek sal graag wil hoor wat die eintlike antwoorde daarop is...al kry ons hulle stukkie vir stukkie :-).

Alet***

Mart said...

In die Noordelike halfrond is Desember die middel van die winter. Die skaapherders het nie gedurende die wintermaande saam met hulle skape in die oop veld oornag nie. Desember is dus nie die geboortemaand van Jesus Christus nie.

Die presiese geboortedatum van Jesus is waarskynlik onbekend. Daar is blykbaar geen Skrif in die Bybel wat vir ons hierdie inligting gee nie.
Indien die geboortedatum van Jesus Christus egter belangrik is, dan sou ons dit in die Bybel kon vind. Jesus het nie die disippels geleer om Sy geboortedag te herdenk nie, maar wel om Sy kruisiging en opstanding gereeld te herdenk. Dit doen ons dan ook by wyse van die Nagmaal en met die viering van die Paasfees.

Die meerderheid kenners is dit eens dat Jesus in alle waarskynlik gedurende laat somer of vroeë herfs van die Noordelike halfrond gebore was – ongeveer ses maande na die viering van Pasga. Volgens sommige was dit gedurende laat September tot vroeg Oktober.

Mart said...

Christmas: Die woord Christmas (in Arikaans verwys ons na Kersfees) is afgelei van die Katolieke gebruik van Christ-Mass, met ander woorde die Christus-Mis wat gehou word. Hierdie term (Christmas) beskryf dus `n katolieke instelling en ritueel.

Kersvader: In 1931 het die Coca-Cola maatskappy die Sweedse kommersiële kunstenaar, Haddon Sundblom, gekontrakteer om `n Kersvader te skep wat in rooi getooi is en Coca-Cola drink. Dit was die laaste stap in die skep van Kersvader met sy wit baard en rooi klere wat op `n takbokslee deur die hemelruim ry.

Alet said...

Ek't darem geweet van die Coke advertising scheme wat in 'n universiële figuur ontaard het, maar die res is nuus vir my. Wat het geskenke te doen met Kersfees? Net bloot dat dit 'n vrygewige tyd moet wees?

Alet***

Michael said...

Ek het ook die Coke storie as die waarheid gehoor. Dit is glo bekend dat St. Nicolas, eintlik bekend was om groen klere te dra.

In die Narnia fliek, "The Lion, the Witch and the Wardrobe" het Kersvader verseker nie rooi klere aan nie, maar wel groen. Hoe die kinders hom herken het sal net die draaiboek skrywerk weet want ek is seker C.S. Lewis het niks oor groen klere gesê nie.

Ek wonder of die Groen Party dalk binnekort die Coke PR stunt gaan troef met 'n terugkeer na 'n groen kersvader.

Persoonlik maak ek maar iets van die mens St. Nicolas teenoor my kinders. Dit is nie vir my nodig om die hele Roomse storie vir hulle uit mekaar te trek nie.

Wat die keuse van Desember aan betref het ek gehoor van die feit dat dit die noodelike halfrond se mid winter is en dat die terugkeer van die son gevier was in ander heidense gelowe. Daar moet iets hieroor op die net beskikbaar wees.

Groete,
Michael

Michael said...

Dit is hoe C.S. Lewis Kersvader beskry het in The Lion the Witch and the Wardrobe.

"It was a sledge, and it was reindeer with bells on their harness. But they were far bigger than the Witch's reindeer, and they were not white but brown. And on the sledge sat a person whom everyone knew the moment they set eyes on him. He was a huge man. in a bright red robe (bright as hollyberries) with a hood that had fur inside it and a great white beard, that fell like a foamy waterfall over his chest."

Gideon said...

Alet,
Die gee van geskenke het tradisioneel geword met die gedagte dat ons daarmee herdenk dat God ons Sy Seun geskenk het.

Die herdenking van Jesus se geboorte is beslis nie deur God ingestel nie. Ons vier/herdenk dit omdat ons dit graag wil doen. En ja, ek stem saam met Mart: Jesus kon nie ged. Desember gebore gewees het nie - dit was winter daar en die herders en skape het net in die somer op die oop veld oornag.

Word God deur die viering van Kersfees vereer? Ja, ek glo so - want sê gelowiges dankie vir Jesus die Redder - net soos ons dankie sê vir die feit dat Hy vir ons gesterf het.
Dit is egter waar (en tragies!!) dat baie sg. "viering"s van Kersfees niks met Jesus te make het nie. Ek het al baie gesien wat eenvoudig 'n skande is. Dit wil darem ook nie sê dat die paslike viering van Christus se geboorte taboe is nie.

Groetnis.

Gideon.

August Oosthuizen said...

Hoop die help vir julle wat 'n baie goeie antwoord soek.

Die Misleiding van Kersfees

http://www.sharingbiblicaltruth.co.za/index.php/articles/64-unbiblical-feasts/305-die-misleiding-van-kersfees