Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/02/2008

Humortjies

Mnr. A is op pad om met sy 4rde vrou te gaan trou.
V: Wat het van die ander 3 geword? Het hulle jou gelos?
A: Nee - almal oorlede.
V: Siestog - wat het gebeur?
A: Die eerste 2 is dood van giftige sampioene.
V: En die derde?
A: Kopbeserings, skedelbreuk en so aan.
V: Goeitog! Hoe het dít dan gebeur?
A: Sy wou nie haar sampioene eet nie.

3 comments:

Liza-Nel said...

Gideon!!! Onthou gedagtes sit gewoonlik om in dade...

Gideon said...

:)Dan sal ek maar 'n ander plan moet maak.
Piet en sy vrou beleef 'n bankroof terwyl hulle daar sake doen. Een van die bankamptenare raak opstandig en een van die rowers skiet hom net daar poegaai. Hy vra toe vir 'n ander ou: "Het jy gesien?" "Ja" sê die ou. Skiet hom ook sommer dood - so gaan dit nog met twee ander. Toe vra hy vir Piet: "Het jý gesien?" "Nee", antwoord Piet, "my vrou het!".

Mart said...

Hehe!

Jammer sy wou nie haar sampioene eet nie...