Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/10/2008

Henry 'n gesant op KK.

Ons almal weet dat Henry nog geroepe voel om op KK te gesels. Sal dit verkeerd wees as Henry ons so nou en dan vertel van die kwessies waarmee hy persoonlik te doen kry? Ek vra dit omdat ek glo dat ons elkeen het 'n unieke rol om te speel en ons respekteer dit graag.



Henry, jy sal ons moet kom vertel want ek weet dat ek nie jou gesprek of enige gesprek op KK volg nie. Ek spandeer heeltemal te veel tyd (vrye tyd en andersins...) in hierdie gesprek.



Wat dink julle?



Via (nie Viva nie...) vryheid van assosiasie!!!

4 comments:

Henry said...

Hallo Michael,
Ek doen dit graag. Sal laat weet hoe dinge daar lyk en voel, asook onderwerpe wat daar aangeroer word, waarop ek deelneem.

Vir 'n begin, (en hierdie is nou ongelukkig nie heeltemal "geloofsgesprek" nie) wil ek graag die blokgenote se idees oor Orania en die lewensvatbaarheid van sodanige, miskien toekomstige dalk "volkstaat" binne die Republiek dink, veral gelees teen die onlangse politiese strominge wat daar tans is die Republiek plaasvind.

Groete,

Henry

Michael said...

Henry,

My idee is verseker nie om 'n spioen op KK te he nie. En dit lyk of jy dit so sien.

Dit gaan werklik oor jou ervarings en veral die dinge wat jy in terme van ons "fundamentalistiese" sienings sal wil bespreek. Niemand hier dink ek is meer lus vir die grusaamheid nie.

Jy moet die Orania draad begin! ek sal my twee sent byvoeg. Ek sien Johnny het klaar op die "Kommies" draad.

Groete,
Michael

Henry said...

Hallo Michael,
Goed dan, dan gesels ons op die "Kommies" draad verder daaroor.

Nee, wat ek eerder sou verkies om te doen is om argumente terug te bring hiernatoe sodat ek vir hulle uit ander hoeke ook perspektief kan kry. Amper so-iets soos raad vra, indien nodig.

Jy vir een het 'n onuitputlike bron van wetenskaplike kennis wat net ontgin moet word. . .

Groete,

Henry

Henry said...

Hi Mart,

Welkom terug. Wie anders as onse Kameraad Eksteen, het hoeka al voelers uitgesteek.

Moenie worrie nie, ons gesprekke is veilig by my.

Groete,

Henry