Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/01/2008

HELP!

Ek is maar nog dom hier: Kan iemand asb. help?
1. Ek sien my ouderdom word verkeerd aangegee op my profiel. Êrens bereken die rekenaar iets verkeerd.
2. My naam verskyn op die blogblad sonder my verjaardagdatum - wat ek wel (korrek) gegee het op my profiel. Wat het ek verkeerd gedoen?
3. Nie een van my nuwe poste se titels verskyn op die lys van gespreksonderwerpe aan die regterkant nie. Ek het net die titels bo-aan ingevul, maar nie die "Labels for this post" onder-aan nie. Waarvoor word lg. gebruik?

6 comments:

Mart said...

LIZAAAAA!
HELP!!!

;))

Dankie dat jy jou tegniese probleempies vir ons vertel het. Dis gewoonlik die tipe probleme wat blitsvinnig en sonder emosie (deur Liza of Michael) opgelos word!

Hehe!

Mart

Liza-Nel said...

Gideon hallo ek sien jy het 'n probleempie. Wat die foutiewe verjaardagdatum aanbetref kan ek nie veel doen nie, behalwe om voor te stel dat jy na jou profielblad gaan, op "edit profile" - naas jou foto - kliek en dan jou verjaardag afhaal en weer invul. Jou "Edit Profile" blad is slegs vir jouself sigbaar en kan ook net deur jouself verander word.

Jou verjaardagdatum sal jy vir my moet gee sodat ek dit met die hand op die verjaardaglys kan aanbring.

Ek sien jou postitels verskyn wel. Miskien kyk jy te vinnig of dalk is die rekenaar te stadig. :)

Aan die "Label" onderaan die posblad hoef jy jou nie te steur nie. Ek weet nie wat die funksie daarvan is nie, maar tot dusver kom ek en die ander lede blykbaar goed daarsonder klaar. (Miskien kan Michael verduidelik)

Dankie vir jou skakel na die Apokaliptiese Profesieë, ek gaan lees sodra ek 'n tydjie kry.

Liza :))

Gideon said...

Mart, dankie vir jou mooi lang, harde gil. Ek glo dit het vir Liza laat wakkerskrik!

Liza, baie dankie. Ek wou sê ek sien net so 'n strepie trek soos jy my te hulp snel. Dankie ja - ek het my profiel ge-"edit", maar dit het nie verander nie.
Aangesien ek nou nie een van die skoner geslag is en my skaam vir my geboortedatum nie, gee ek dit sommer nou: 11/05/1933. En geen ge-oom-ery nie, asb. Miskien eendag wanneer ek begin oud word.

Groetnis en mooi loop.

Michael said...

Hallo Gideon,

Ek dink nie ons gebruik die Label funksie nie. Dit is bloot 'n manier om onderwerpe te organiseer. Dit beteken nie dat ons dit nie kan begin gebruik nie. Ons sal net ons onderwerpe moet begin organiseer in so 'n geval.

Tot op hede is ons lekker aan die gesels, sonder onderwerpe.

Groete,
Michael

Mart said...

Plesier, Gideon. Ek moes ekstra lank en hard gil, want Liza bly baie ver van my af.

(Hoop nie my bure is nou vies vir my nie! ;))

Liza-Nel said...

Gideon as ek so na jou profiel kyk is jy nog gans te jonk en bedrywig om as oom aangespreek te word.

My pa sê altyd om oud te word is niks anders as 'n slegte gewoonte nie en 'n besige man het nie tyd om dit aan te leer nie...:))