Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/06/2008

Ek stel Ilza graag aan julle voor

Welkom Ilza. Ek stel haar graag aan julle voor in haar eie woorde:
"Ek is 'n vryskut-joernalis van Melkbosstrand. Oorspronklik van Randburg, maar woon die afgelope twintig jaar in die Kaap. Ek is Zac (6) se ma en die huwelik is iets waarvoor ek banger is as die duiwel vir die slypsteen. My stokperdjies is wyd: fanatiese leser, ywerige kok en wyndrinker, verf prentjies, kuier saam met vriende, skryf, stap by die see, fliek en 'n selferkende TV-kyker. Ek gaan kerk by die NG Kerk Bloubergstrand. Nie net die mooiste kerkie in die land nie, maar ook een van die ongelooflikste gemeentes ooit!

Ek het vir amper agtien jaar vir Media24 gewerk - vier jaar vir Huisgenoot, toe amper vyf vir Sarie en toe weer amper nege jaar vir Huisgenoot. Ek was 'n vermaakskrywer en my spesialisveld is Afrikaanse musiek."

2 comments:

johnny said...

Naand, Ilza,

Mag, jy't 'n mooi naam!

Ons sien daarna uit om jou verbale skilderye te lees. Vir oriëntasie kon jy miskien sommige van die vorige plasings lees.

Jy's nou tussen vriende,

johnny

Mart said...

Ilza,

Huisgenoot en Sarie se style verskil hemelsbreed. Word daar vir die joernaliste gesê hoe om hul style aan te pas, of wat maak dat tydskrifte verskillende "kulture" het?

Huisgenoot bied sappige brokkies aan en Sarie is meer stylvol.

Vertel asb meer hiervan?

Groete
Mart