Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/03/2008

Die swemmende kese

Johnny se Bosveld-vergadering

Liza se swemmende kese lyk soos drie van my tekenaars.

Jare gelede was daar 'n bobbejaan plaag in die Waterberge. Die boerevereniging het alles probeer om van die goed ontslae te raak, maar tevergeefs.

Iemand hoor dat ek 'n slag het om van bobbejane ontslae te raak en laat my uit Johannesburg kom.

Nee, ek sal hulle nie geld vra nie, maar hulle moet my om vredesonthalwe nie pla terwyl ek my werk doen nie.

Ek gaan staan toe op 'n groot rots in die koppies tussen Warmbad en Nylstroom en roep in bobbejaantaal dat ek goeie nuus vir bobbejane het.

Kort voor lank is ek omring van bobbelane. Hulle sit in so 'n wye sirkel om my, party op hul komberse, ander sommer op die sandgrond.

Ek verduidelik aan hulle dat ek besig is om tekenaars vir my firma te werf - ons was toe besig met 'n baie groot projek.

Hulle het nogal belang gestel totdat een vra wat die salaris sal wees. Toe ek die bedrag noem, gryp hulle almal hul komberse en goed en laat spaander oor die horison.

Hulle was nooit weer in die omgewing opgemerk nie.

Tot vandag weet die boere vereniging nie hoe ek die kese verjaag het nie.

johnny.

11 comments:

Mart said...

Hehehe!!

Johnny, ek kan aan 'n paar ander beroepe ook dink wat jy aan jou keesvriende kon noem.

:))

Liza-Nel said...

Ek sit op my vingers...willie weer iets sê wat kon gebly het nie...
;))

Mart said...

Lizaaa! Komaan, sê wat jy wou sê?

Liza-Nel said...

Nee, ek gaan beslis nie die bobbejaan agter die bult haal nie..:))

Mart said...

Hehehe!!
Jy's op jou stukke vandag - in Duits en in Afrikaans!

;))

Yf said...

Ek het die 'Achtung' in Hebreeus vertaal, maar dit toe maar eerder gelos watnt ek het besef dat niemand dit sou kon lees of verstaan nie - nie eers ek nie - alles mbv GOOGLE :)

Mart said...

Komaan Yf! Plaas dit vir ons in Hebreeus, toe? Ons sal nie weet as jy foutjies gemaak het nie!

;))

Mart said...

Dankie vir die fantastiese fotoverhaal van die kese, Liza!

(Wanneer laas het ek 'n fotoverhaal gesien! :)

Ek is seker Johnny gaan hom slap lag as hy dit lees...

Henrietta said...

Terwyl ons nou ons tales so mix, en aangesien ek 'n bobbejaantjie dood het aan die GRIEKS wat julle hier praat, sal ek liewer my verder in Liza se skitterende Adoons-prente gaan verlustig ;)))

johnny said...

Liza-nel,

Ek kan sweer die kêrel met die goeie paar rooi boude was op die vergadering!! Anders is dit sy ewebeeld.

Ek wou vroeër nie oor hom skryf nie, want ek was bang julle sal dink ek het iets teen iemand met groot boude. Wel ek het nie.

Dit was daai ou wat die bobejango sindroom aan ons verduideliuk het.

johnny

Mart said...

Ahhh, nou maak al julle bobbejaan stories skielik sin!

Swemmende kese
Waterberg kese
Mango-pit kese...