Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/12/2008

Die sout beeld van die Bybel

More almal,

Ek weet ek skryf deesdae min - ek is effe besig, maar laat ons bietjie mooi besin oor die 'geslotenheid' van die blok. Ek dink dis reg dat die mense wat die ergste verontrief is die finale rigting aandui, maar ek self is nie ten gunste van isolasie nie. Dit lyk vir my die besluit was reaktief van aard - op 'n onsmaaklikheid maar om die blok te sluit gaan nie, ek is amper seker onsmaaklikheide in die toekoms afweer nie. Ek dink tog daar is 'sigwaarde' daarin dat almal kan sien hoe christene opereer. Geheime / geslote groepe broei net alle verkeerde, verdraaide en oordrewe vermoedens uit en baar stellings wat op verdagmakery gemik is.


Elke diertjie het sy plesiertjie, ek weet,en gaan kyk maar as jy wil, maar ek het Sodom en Gemorra agter my gesit - waarom bly terugkyk en jou lewe laat versuur deur wat daar gesê word? Ons weet almal dat sekere dele van die genepoel hth (swembadkloor) nodig het, maar hou in gedagte dat dit gepaard kan gaan met Mev. Lot se sindroom. Ons is lankal uit Egipte uit, nou moet Egipte mos finaal uit ons ook uit.

Ons het so pragtig aangegaan, kom ons strek ons uit na wat voorentoe is!

2 comments:

Henrietta said...

Ek het van die begin af soos Yf gevoel. Die draad wat daar aan die begin van die blok opgestel was om ons mening te vra, is afgehaal voordat ek my mening kon gee. Soos julle weet het ek soos Henry ook nog van tyd tot tyd my mening "daar anderkant" gegee - maar dit was 'n hele tydjie gelede.

Ek hou van Yf se beeld van die swembadskoonmaker! Behalwe die sout en die lig voorbeelde is daar ook nog Josef in Egipte en Daniël en sy vriende. Volgens my oortuiging is ons "in" die wêreld, maar nie "van" die wêreld nie.

Hier waar ek werk, kry ek op 'n byna daaglikse basis te doen met 'n groot verskeidenheid mense. Hier is byvoorbeeld twee Indiërs wat verkieslik net deur tussengangers met mekaar praat : hulle is oorspronklik van verskillende "kaste" volgens hulle oortuigings. Verder is die een 'n Christen, die ander een 'n Hindoe, die een is 'n vegatariër en die ander eet lustig vleis met ons werksetes!

Ek glo ek leer baie "people skills" in my omstandighede, hoe om te luister na mense wat soms radikaal van my verskil, ook wanneer en hoe om "akkommoderend" te wees, sonder om my beginsels prys te gee. EN ook hoe om geluidloos en glimlaggend op my tande te kners ;))))

Liza-Nel said...

Henrietta, nee die "Hi Almal"-draad waarop ek menings vra i/s 'n geslote of oop blog is nie afgehaal nie dis net laer af geskuif ...