Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/06/2008

Die Kinderbybel

My seun, Zac, is ses jaar oud. Hy is 'n wonderlike kind. My pa het hom gemoedelik genoem. En hy is. Hy hou van lag en hy hou daarvan om mense te laat lag. Zac het nie nukke nie. Hy kan homself besig hou, sy eerste woord was kar en hy is mal oor enigiets te doen met bouery. Hy hou ook van 'n goeie storie. Boeke is 'n groot deel van sy lewe en niks is lekkerder as om hom op my skoot te tel en vir hom te lees nie.
Zac het twee Kinderbybels. In die aande wanneer ek hom in die bed sit, lees ons eers daarin. Sy gunsteling verhale is die wat met bouery te doen het. Noag en sy ark, die toring van Babel en so aan. Hy hou ook van Jona en Dawid en Goliat. En dit is weer toe ek hierdie verhale vir hom lees, wat my kop aan die werk gegaan het.
Wanneer laas het jy die Kinderbybel gelees met die oe van 'n CNN-kykende, koerantlesende mens in 2008? Vra jy jouself ook af of Jona regtig deur die groot vis ingesluk het? Of daar regtig niks op aarde was toe Noag en die diere twee-twee op die ark geklim het? Raak jy ook bang vir jou kind se vrae wat jy weet jy nie gaan beantwoord nie?
Moet mens altyd soos 'n kind glo? Selfs al twyfel jy self soms?

5 comments:

Bertus said...

Hi Liza

Ek is ook nou op die Kinderbybel fase. My dogtertjie het my al 'gefloor' met van haar vrae.

Ek erken baie kere dat ek nie weet nie.

Ek wil weer soos 'n kind glo, maar ek kan nie meer nie. Ek wil weet.

Mart said...

Bertus, ons het 'n nuwe skrywer op die blog. Dis sy wat hierdie draad oopgemaak het. Sy is ILZA.
Nou sal ons mooi moet konsentreer, want ons het 'n LIZA en 'n ILZA...

Mart said...

The following statements about the Bible were written by children and have not been retouched or corrected (ie. bad spelling has been left in):

"In the first book of the Bible, Guinessis, God got tired of creating the world, so he took the Sabbath off."

"Adam and Eve were created from an apple tree."

"Noah's wife was called Joan of Ark."

"Noah built an ark, which the animals come on to in pears."

Liza-Nel said...

Hallo Ilza, dis my vrees ook. My dogtertjie is maar drie jaar oud en verstaan nog nie mooi waaroor die stories gaan nie, die prentjies is nog al wat haar aandag boei, maar die vrae gaan beslis kom... en al wat ek sal kan doen is om haar te onderrig soos wat my ouers gemaak het...wat sy eendag daarmee gaan maak is dan uitsluitlik haar eie keuse.

Groete
Liza

Michael said...

Hallo Ilza,

Dit is lekker om jou met hierdie gedagtes te ontmoet. Ek het so 'n paar dae afgevat van Ons Geloof Gesprek.

My twee seuns hoor ook gereeld die kinder Bybel verhale. Wat vir my baie belangrik was selfs voordat ons kinders gekry het was om self uit te vind waar staan die wêreld en alles wat ons weet nou eintlik oor die wonderwerk kwessie. Daar is 'n baie groot gedeelte van die kritiek teen wonderwerke wat uit die Era van Verligting kom en moderne Liberale Teologie het ook sy wortel in hierdie idiologiese gebeurtenis.

Wat ek persoonlik ontdek het is dat daar geen wetenskaplike of filosofiese of teologiese probleem bestaan met die kennis rondom wonderwerke in die Bybel. Ek het hierdie artikel al voorheel aangehaal, maar jy sal dit waardevol vind: http://www.reasonablefaith.org/site/News2?page=NewsArticle&id=5212

Met hierdie agtergrond en studie is dit nou vir my baie lekker om vir my seuns en die enetjie oppad te kan vertel dat God wel wonderwerke doen omdat Hy nie net 'n gedagte is nie maar wel die opper wese wat ons in die Bybel leer ken.

Dit is werklik lekker om te sien dat hulle dit so verstaan en dat dit nie naief of onwetenskaplik is nie. Ek gesels net so lekker oor die fundamentele beginsels van wetenskaplike ondersoek en 'n rasionele uitkyk op die lewe (in kinder terme...).

Op KK het ek 'n baie lang gesprek gehad wat juis oor die akkuraatheid van die Bybel gaan. Ek het met al die liberale kritiek teen die Bybel te doen gekry en dit het my gehelp om te vind dat daar 'n konsekwente "fundamentalistiese" antwoord op al hulle kritiek is.

Persoonlik sien ek die liberale teologie se "Achilles Heel" is ongetwyfels hulle naturalistiese uitkyk op die lewe. Dit kom daarop neer dat hulle eintlik sonder bewyse 'n voorveronderstelling het dat slegs die fisiese bestaan. Alles wat hulle as metafisies erken is bloot 'n uitvloeisel van die fisiese. Hierdie siening word konsekwent bevestig deur al my interaksies met liberale en selfs fundamentalistiese gelowiges. Ek self het totaal naturalisties groot geword in 'n baie konserwatiewe predikant se huis.

Jy sal daarom sien dat ek myself net in een boksie sit... Ek is 'n post-naturalis. Dit is 'n idiologiese revolusie wat baie meer antwoorde bied as modernisme of post-modernisme.

Ek hoop nie ek het jou afgeskrik met al hierdie gedagtes nie, maar my kinders se opvoeding is verseker 'n besondere rede hoekom ek oor hierdie goed dink en sorg dat ek nie 'n oppervlakkige antwoord kry nie.

Groete,
Michael