Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/05/2008

Die implikasies van ‘n “rasionele wêreldbeskouing”?

Michael se stellings oor “rasioneel en nie-rasioneel“ onder ‘n ander plasing (die katjie-draad) spook by my. Daar sê hy onder andere dat ateïste hulself sien as die enigste mense met ‘n rasionele wêreldbeskouing.

Toe lees ek onlangs in ‘n heeltemal ander verband oor behavioriste en behaviorisme. Volgens die boek glo ekstremistiese behavioriste dat slegs gedrag wat kenbaar is, wat waarneembaar is deur die mens se sintuie, wetenskaplik ondersoek kan word. Onwaarneembare verskynsels wat net by mense voorkom soos GEDAGTES, GEVOELENS EN WAARDES kan nie wetenskaplik ondersoek word nie en daarom verkies hulle om diere te ondersoek. Daar word ook 'n verband tussen hierdie groep mense getrek en Darwinisme.

Sjoe, maar myns insiens het dit baie belangrike implikasies, as dit waar sou wees? Daar is nogal heelparty dissiplines waar juis "nie-rasionele" dinge ter sprake is, soos filosofie, psigologie, psigiatrie, die studie van godsdienste en etiek onder andere? Beteken dit dat ateïste nie in hierdie velde betrokke is nie?

11 comments:

Michael said...

Henrietta vra:
"Beteken dit dat ateïste nie in hierdie velde betrokke is nie?"

O nee...! Ateiste is verseker in hierdie velde betrokke, as hulle enigsins intellektueel verantwoordbaar is en hulle naturalistiese voorveronderstellings erken dan kry jy gewoonlik dievolgende gedrag:

* Hulle sal ALLE menslike gedrag wil gelyk stel aan een of ander fisiese toestand soos brein funksies, hormone ens.
* Hulle sal hand en tand veg om te bewys wat ons bewussein bloot 'n "ontluikende eienskap" van die brein is.
* Hulle sal dogmaties stry dat slegs 'n naturalistiese beskouing geneem kan word t.o.v. die velde wat jy genoem het. (filosofie ingesluit...)
* Mense is maar net diere.

As enige van julle meer wil weet oor die hart van naturalisme as 'n voorveronderstelling van ateisme moet julle gerus oor Alvin Plantinga se werk begin lees.

Groete,
Michael
P.S. As atties nie intellektueel verantwoordbaar is nie dan kry jy 'n verskeidenheid van belaglike standpunte wat mekaar onderlik weerspreek.

Ag Nostus said...

Henrietta,

Nie alle ateïste kyk na die wêreld deur 'n suiwer rasionele bril, of redeneer op die manier wat Michael hierbo besluit het hulle doen nie.

Michael said...

Agnos,

Ek is nie lus vir nog van jou beskuldigings dat ek persoonlike opinies het wat foutief is net omdat jy so voel nie.

Kyk eerder na die verwysing wat ek gegee het (Plantinga se werk) en word wakker tot die feit dat 'n naturalistiese uitkyk fundamenteel tot veranwoordbare atties staan. Die wat dit nie erken nie speel met onverantwoordbare gedagtes wat net so belaglik soos enige bygeloof is. As jy dit gedoen het dan moet jy vir my konstruktief wys waar is die subjektiwiteit van my stellings.

As jy gaan aanhou om stellings te maak wat op niks meer as ongegronde verdagmakery van my idees gebasseer is nie, dan gaan gesprek baie moeilik vorder en moet jy dalk nie op my plasings kommentaar lewer nie. Maar as jy met konstruktiewe kritiek op my sienings wil reageer, gaan ons werklik lekker kan gesels en van mekaar kan verskil.

Hierdie plasing is nog 'n opregte poging om rasionele gesprek te voer. As daar iemand is wat vir my wil wys hoe irrasionele gesprek gevoer word sal ek dit waarder.

Groete,
Michael

Henrietta said...

Dankie vir julle twee se spoedige antwoord. Ek moet sê dat die boek gesê het dat van die behavioriste al meer en meer besef het dat menslike gedrag nie sondermeer met dierlike gedrag vergelyk kan word nie, en dat meer en meer erkenning gegee is aan baie ander faktore wat wel 'n rol speel om mense se optrede te beïnvloed soos die denke, emosies, waardes en norme.

Ek het veral gekyk na die rol van die denke op gedrag. Wat ek interessant gevind het, is dat mens selfs in die Bybel voorbeelde daarvan vind, soos byvoorbeeld by die twaalf verspieders. Twee van hulle (Josua en Kaleb) het na presies dieselfde situasie gekyk, en hulle was positief, en die ander 10 was negatief (Numeri 13).

Ook in die verhaal van Dawid en Goliat (1 Sam 17) het Dawid se oorwinning eintlik in sy denke begin.

Ag Nostus said...

Michael,

My verdagmakery van jou idees is glad nie ongegrond nie.

Die maklikste manier om te bepaal of alle ateïste se koppe werk op die manier waarop jy aandring hulle doen, sal tog seker wees om dit uit die perd se bek te hoor, of hoe?

Ek is daardie perd, Michael. In die konteks van hierdie gesprek is ek jou ateïs. En as ek vir jou sê dat ek glad nie dink rasionele denke kan ons werklikheid volledig verklaar nie, dat ek myself glad nie as 'n naturalis sien nie en definitief nie dink die verband tussen menslike emosies en chemie is eenduidig nie, gaan jy dan wragtig die vermetelheid hê om vir my te vertel dat ek lieg oor hoe ek dink en wat my motiveer, of my probeer wysmaak dat ek 'n "verskeidenheid belaglike standpunte sou hê wat mekaar onderling weerspreek" as ek NIE in die kassie wil klim waarin jy my wil forseer nie?

Henrietta,

Ek dink dis 'n baie lekker en sinvolle onderwerp wat jy gekies het, en ek is seker ons sou baie lekker daaroor kon gesels.

Maar, soos Kato, begin ek nou besef dat dit 'n fout was om die uitnodiging te aanvaar om hier te kom saamspeel.

Ek het destyds met julle vertrek van Kletskerk af simpatie met julle gehad, want ek het met julle saamgestem dat julle sleg behandel was daar. Ek dink ek het dit hard en duidelik gesê by meer as een geleentheid.

Dit word egter nou vir my duidelik dat (met mense soos Michael onder julle geledere) dit hier nie anders gaan wees nie. Die onverdraagsaamheid en bevooroordeeldheid waarvan julle wou vlug, het ongelukkig saamgetrek hierheen.

Op 'n ander draad beskuldig Michael vir Kato daarvan dat sy glo sy geloof sou "vertrap" wanneer sy sê dat sy waarheid nie haar waarheid hoef te wees nie.

Die bietjie wat ek van Kato hier gelees het, het my glad nie met die indruk gelaat dat sy op ander mense se geloof sou wou trap nie. Ekself het ook geen begeerte om op enigiemand se geloof te trap nie.

Ek sien dat julle op 'n ander draad besin oor die wenslikheid daarvan om ongelowiges hier te hê. Kom ek maak dit vir almal makliker, en vra dat Liza my naam ook van die blog verwyder.

Groetnis,

Johan.

Michael said...

Hallo Agnos,

As jy nie oor jouself en jou eie sienings van 'n IDIOLOGIE soos ateisme kan kom nie, dan sal ons nie kan gesels nie. Jy is NIE my attie op hierdie forum NIE. Vir die eenvoudige logiese rede dat jy nie kan staan vir 'n ganse goed gedefinieerde idiologie nie.

Wat ek wel vir jou vir soveel keer gevra het is om jou posisie aan die hand van meer as net jou gevoel te plaas. As jy oor jou weergawe van hoofstroom denke van ateisme wil gesels moet jy asb. hier bly gesels want ek het besluit dat dit baie beter sal wees as ek hierdie forum verlaat.

Daarom Kato en Johan dit is duidelik dat dit in hoofsaak ek is wat julle idiologiese uitdagings bied wat julle nie geval nie. Ek respekteer dit en sal daarom nie julle gemoed verder benadeel nie.

Aan al my vriende hier... Julle verdien die geselskap van andersdenkendes baie meer as my insette, groetnis en mag julle 'n geseënde tyd hier hê.

Groete,
Michael

Ag Nostus said...

Dis sinneloos om nou Martie Martelgat te wil speel, Michael.

Kato is reeds weg, en ek beplan ook nie om te bly nie.

Ek gee nie om as mense skerp van mekaar verskil nie, en het nog altyd van 'n lekker fight gehou, maar dan wil ek darem weet dat my opponent die argument ook geniet, en ek is nie seker of dit hier die geval is nie. Ek het by meer as een geleentheid gevra vir duidelik daaroor, wat ek nie gekry het nie.

Ek dink julle het 'n lekker lewendige en interessante blog, en sal waarskynlik steeds kom lees wat als hier kwytgeraak word.

So long, and thanks for all the fish!

Mart said...

Bye, Ag Nostus.
Jammer om jou te sien gaan.

Henrietta said...

Ai, ek is jammer dat "my" onderwerp dinge in so 'n rigting gestuur het. Dit lyk my ek gaan nou nie antwoorde op al my vrae kry nie. Die "geselskap" met een en almal hier vind ek baie stimulerend , in 'n heel ander klas as waaraan mens in die algemeen gewoond is.

Daarom hoop ek van harte dat julle daaroor sal slaap en sal besin - ek glo soos Liza elders s^e, dat dit maar die tyd van die jaar is - ook by die werk knor mense vir mekaar.

Hoe seg die liedjie nou weer? "Life's too short to quarrel.. "

Mart said...

Henrietta, lees Johnny se nuwe draad van vandag. Hy plaas dit vir ons in perspektief...

Bertus said...

Nee!!!

Bly Michael, jy moet nog eendag jou gedagtes oor die 'Kosmiese Kersfeesvader' met my behoorlik deel.

Laat ou battle-axe Agnos eerder loop, die ou knorgat loop en skoor soek oral waar hy kom.