Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/05/2008

Daar kom die Olibama!

Daar kom die Olibama! Die Olibama kom vér oor die see.ee..eee!

Obama - sy verkiesing as president (nie juis onverwags nie) het nie juis implikasies vir Suid-Afrika nie, of het dit?

4 comments:

Michael said...

Uit wat ek gehoor het is dit duidelik dat daar 'n groot verwagting van die "Nuwe Wêreld" dat Obama hulle man gaan wees. Die Nuwe Suid Afrika is verseker ook deel van daardie "Nuwe Wêreld".

Met die verloop van wêreld ryke soos die een waarvoor Amerika vir die afgelope amper 100 jaar voor staan, kan 'n mens nie met sekerheid sê waar hierdie verandering heen gaan nie.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

Hier by ons in Windhoek was daar groot feesvieringe veral vanuit die Moslemgemeenskap en familie in Kenia vertel dieselfde storie...

Henrietta said...

My Nederlandse man maak al lankal 'n studie van Islam, omdat so baie "inkommers" in Nederland van Moslemlande af is.

Verskeie Nederlandse koerante beweer dat Obama 'n bekeerde Moslem is. Maar, sê my Hollander, as dit só was, sou die hele Moslemwêreld op hom afgekom het, want vir hulle is dit totaal en al onaanvaarbaar om "van geloof te verander" en afvalliges word verguis en vervolg. Die "stilte" van Moslemkant dui volgens my man daarop dat hy nog steeds 'n Moslem is, en dat die hele Moslem wêreld juig oor sy verkiesing....

Aan die ander kant, die VSA se intelligensiediens sou dit mos al lankal aan die lig gebring het?

Tensy daar een of ander "conspiracy" is ? (julle weet mos nou al van my en my voorliefde virrie conspiracy-stories - hehehe)

Alet said...

Wat dink jy kan ons verwag uit hierdie "Nuwe Wêreld", Michael?

Henrietta, ek wonder nou: al is Obama Moslem, sal dit regtig 'n verskil maak aan hoe die mense hom ontvang en ondersteun? It goes without saying dat die Moslem gemeenskap dalk anders sou stem maar maak dit regtig 'n verskil aan die res van die bevolking?

Wat ek so interessant vind van dié verkiesing is dat die stemproses en die plan B en C wat die VSA het as die proses nie 'n regverdige uitkoms het nie, verseker dat Amerika teen die einde van Januarie 'n president moét hê...maak nie saak wat gebeur nie.

Alet ***