Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.-Anon.......As ‘n kerk haar woorde begin devalueer, dan word die kerk ‘n ramp vir die volk. - K Schilder

11/02/2008

Die kat met die snor

Die foto van die kat met die Hitler-snor laat my diep ongemaklik voel. Hitler was 'n massamoordenaar. Om die Nazi-saluut, Sieg Heil, hier te sien, al is dit bedoel as 'n grap, is vir my geweldig steurend. Ek vra myself af: Hoe sou dit lyk vir 'n persoon van Joodse afkoms? Watter boodskap sou dit uitstuur oor die mense wat bydraes lewer op hierdie blog en hulle standpunte? Sou enige Joodse mens gemaklik kon voel met 'n blog wat grappenderwys 'n kat met 'n Hitler-snor verbind aan die Nazi-saluut? Ek is nie eers Joods nie, en ek vind dit glad nie snaaks nie, inteendeel.

Ek dink daar is party onderwerpe waaroor liefs nie grappe gemaak moet word nie. Ek distansieer myself ten sterkste van hierdie Hitler/kat-grappie.

Kato.

27 comments:

johnny said...

Hallo, Kato,

Jy het kennelik 'n oop senuwee vir Jode se gevoelens. Dit is goed so, veral as jy dieselfde gevoel sou hê vir die gevoelens van Moeslem lesers op die blog.

Probleem is egter dat daar nie Joodse lesers of Moeslemlesers op die blog is nie. Jou aanmerking is dus net van retoriese aard, wat nie enige ernstige kommentaar regverdig nie.

Die katjie is salig onbewus van sy gewaande Hitler ewebeeld en hy sit net en prrrrrr, minding his own business.

Glo my, die kat het geen anti-semitiese betekenis nie. Dit sal 'n kwade dag wees as mens elke volk en kultuurgroepo se gevoelens in ag moet neem voordat jy 'n prentjie van 'n dier, voël of blom in 'n tydskrif mag plaas.

Dit verhinder niemand egter om as gewete van die groep op te tree nie.

groetnis,
johnny

Mart said...

Sjoe Kato, jy is nogal kwaai! Liza maak ons blog van die begin af mooi en sy sorg vir die hoë estetiese standaard hier. Ek is seker sy het geen intensie gehad om iemand moontlik te affronteer nie.

Is jy nou amptelik ons blog se gewete? Jy raps ons darem nou gereeld met jou swepie...Eish!

Mart said...

Liza, haal asseblief die katjie af?

Kato die Ketter said...

Hallo Julle,

My kommentaar is nie bedoel as persoonlike aanval op enigiemand nie; toe ek dit gepos het, het ek geen idee gehad wie die foto van die kat op die blog gesit het nie. Eintlik sou ek verkies om dit nooit te geweet het nie.

Nee Johnny, dit gaan glad nie oor my "oop senuwee" oor Joodse gevoelens nie. Of die blog deur Joodse mense gelees word of nie, het ook niks uit te waai met die saak nie. Die woorde "Sieg Heil" roep beelde op van doodskampe, gaskamers, en "terror" op 'n skaal wat die menskom selde voor of na die Hitler era beleef het. Om in 'n grap daarna te verwys, is uiters onsensitief teenoor die mense wat hulle lewens of geliefdes in hierdie "grap" verloor het.

Ja, dit gee my aanstoot, en ek maak geen verskoning daarvoor nie.

Groete, Kato.

Mart said...

En die onsensitiewe opmerkings van sommige ongelowiges roep beelde by my op van 'n man, nl. Jesus wat grusaam aan 'n kruis vasgespyker is...

Ag Nostus said...

Johnny skryf:

"Probleem is egter dat daar nie Joodse lesers of Moeslemlesers op die blog is nie. Jou aanmerking is dus net van retoriese aard"

Ahhhh, nou verstaan ek!

Dis oorlat julle dink daar is nie ateïste wat hier lees nie dat julle so blerrie lelik teenoor die arme mense is!

(Ja, ja, ek weet: Jou middelvinger jeuk alweer, Bertus!)

Mart said...

Ag Nostus, gee jy om om die voorbeelde hier te plaas van waar ons so "lelik is met ateïste"?

Jy kan mos nie so 'n stelling maak sonder om jouself op te back nie?

Groete
Mart

Mart said...

(My middelvinger wil-wil op hierdie draad begin vlamvat...)

;)

Michael said...

Dit laat my dink aan die musiek blyspel "Ons vir jou" wat ek so 'n ruk terug gaan kyk het. Die blyspel het oor die Anglo-Boere Oorlog gehandel.

Een van die stukke was 'n baie komiese lied wat gaan oor die verskroeide aarde beleid, waar vroue en kinders in konsentrasie kampe vermoor is. Vir enige Afrikaner wat familie en geliefdes deur daardie daad verloor het is dit verseker net so erg soos die Jode (en ander vermoordes...) van die Tweede Wêreld oorlog.

Die feit dat daar 'n grap van die wreedheid van die Britte gemaak word dink ek het baie te help aan die herstel van verhoudings tussen Boer en Brit. In die geheel gesien is dit deel van 'n musiek blyspel wat juis al die emosies van daardie stukkie geskiedenis in konteks wil stel.

Ek hoop hierdie gedagtes maak dit duidelik uit watter konteks ek die ou katjie benader het.

Groete,
Michael

Liza-Nel said...

The expression "Sieg Heil" itself is older than Nazism as it is a salute to Lady Victory, or Victoria, atop the Siegessäule, or Victory Column. A popular marching song of the Nazi period was "Sieg Heil Viktoria", attributed to the SS. It has been said that Joseph Goebbels used "Sieg Heil" in a meeting and all supported the phrase (however an early associate of Hitler, Ernst Hanfstängl, claimed to have devised its use for the Nazi Party). Since Nazism argued that war was a way to determine the superior race and that Germans were that superior race, "hailing war" was to hail the struggle that would eliminate all others and establish, in a social Darwinist manner, the "New Order."
-Wikipedia

Prosit!

johnny said...

Dagsê 8nostus,

Jy het my wragtag uitgevang!

Ek het nie besef dat daar ateïste op die blog is nie. Ek sal in die vervolg baie meer versigtig moet wees om hulle nie aanstoot te gee nie.

Die mees sensitiewe groep mense is die gays, met ateiste kort op hul hakke; almal met ontsettende dun velletjies as dit by satiriese kritiek kom.

Mense aanvaar dat jy 'n jood, christen of moeslem kan aanstoot gee maar nooit 'n ateïs nie - dan waai die velle.

johnny

Liza-Nel said...

Met my vorige sensusopname was die ledetal oorwegend fundamentalisties met 1 agnostikus en 1 nie-fundamentalis...waa's die ateïste?

Ag Nostus said...

Hallo Johnny,

Nee wat, ek het nie regtig so 'n dun velletjie nie. En ek aanvaar dat ek die punch moet kan vat as ek op 'n blog wil kom skryf waar ek wéét die mense is gelowig.

So, as ek 'n keel opsit is dit maar net omdat ek die game speel. Ek meen hoe sal dit nou wees as die Springbokke vir die All Blacks sê: Kom kry maar vir julle soveel drieë as wat julle wil, ons sal nie lelik met julle wees nie?

Jy hoef ook nie verbaas te wees as ek soms na myself verwys as "ateïs" nie, want in wese is daar nie 'n baie groot verskil tussen ateïsme en agnostisisme nie. Ek noem myself nie 'n agnostikus omdat ek onseker is of daar 'n god is of nie, maar eerder omdat ek dink die vraag is sinneloos. (Ek sou kon verduidelik wat ek daarmee bedoel as jy sou belangstel, maar soos ek vir Bertus gesê het: Ek is seker ons ken almal al die argumente na beide kante toe.)

'n Gesprek oor geloof is egter NIE vir my sinneloos nie, want geloof bestaan wel, en ons almal leef ons lewens teen die agtergrond daarvan, selfs al is ons ongelowig.

Miskien is die verskil tussen 'n ateïs en 'n agnostikus dat 'n agnostikus 'n klein bietjie minder fundamentalisties is. En ek hou nie daarvan om aan myself te dink as 'n fundamentalis nie.

Groetnis.

Michael said...

Hierdie opmerking van Johnny het baie waarde:

"Mense aanvaar dat jy 'n jood, christen of moeslem kan aanstoot gee maar nooit 'n ateïs nie - dan waai die velle."

Al is dit net sy subjektiewe gevoel kan ek dit graag staaf uit my ervaring van die ID en anti-ID rhetoriek op die internet. Dit is vir my baie duidelik dat ateiste hulleself verskans as die "ENIGSTE" rasionele wêreld beskouing. Vanuit hierdie posisie het hulle die "reg" om alles en almal af te maak as irrasioneel sonder dat hulle dieselfde maatstaf vir hulle eie sienings gebruik.

Om baie eerlik te wees dink ek dit is presies wat Bertus so die harnas ingejaag het uit Agnos se opmerkings.

Dan is daar in Amerika verskeie "Rationalist" bewegings wat uitsluitlik ateisme bevorder.

My hele opmerking oor "ons almal wat in die donker loop en vluit" wat ek op 'n ander plek gemaak het was 'n oproep tot erkenning dat ons almal 'n rasionele grond vir ons oortuigings kan hê.

As daar dus iemand hier is wat a priori besluit het dat my standpunt is nie rasioneel, dan sal ek ook nie met so 'n persoon sinvol kan gesels nie.

Groete,
Michael
P.S. Ek onderskryf die universele wette van logika as 'n goeie wegspring plek as ons wil sien wie rasioneel en nie rasioneel is nie.

Mart said...

Dit werk so:

1. Die katjie het 'n swart snorretjie
2. Omdat die katjie 'n swart snorretjie het, herhinner hy bloot die kunstenaar aan 'n mens wat 'n tipiese swart snorretjie gehad het
3. Die katjie verteenwoordig nie wreedaardige, ongekende massamoord nie en die kunstenaar poog ook nie om hierdie boodskap oor te dra nie
4. Die kunstenaar bring slegs die ooreenkoms tussen die katjie se voorkoms en 'n mens se voorkoms tuis

Hierdie draad laat my dink aan al die foto's en spotprente wat destyds van oom Piet Koornhof te siene was. As enige dier net gelyk het of hy groot ore het, is Piet Koornhof se gesig daarmee geassosieer. Dit beteken nie die kunstenaars het oom Piet se denke onderskryf nie.

Ag Nostus said...

Michael,

As Bertus se middelvinger buite beheer raak oor goed wat ek kwytraak, kan mens seker met redelikheid aanvaar dis nie net ateïste wat dun velletjies het nie?

Michael said...

Ag Nog,

Jy mis die punt heeltemal en jou onvermoeë om in te erken dat jy aanstoot gegee het spreek boek dele.

My opmerking gaan juis oor mense wat hulleself op 'n standaard plaas wat nie oop is vir kritiek nie. Dit is soos om 'n debat by te woon waar een spreker die debat reëls volg en die ander spreker sy eie reëls skep en dit afdwing.

As daar idiologiese omwentelings soos die Hervorming, die Verligting, Post-modernisme of Post-naturalisme plaasvind is debat uiters belangrik en snaaks genoeg... Dit is gewoonlik die idiologie wat sy eie reëls begin skep wat op die lang duur nie staande bly nie.

Groete,
Michael

Ag Nostus said...

Michael,

Miskien moet jy maar vir my verduidelik wat presies dit is wat aanstoot gee, want ek verstaan eerlikwaar nie.

Dalk moet jy vir my verduidelik hoe jy eerder sou wou sien ek moet optree, en dan kan ek mos besluit of ek daarvolgens wil saamspeel of nie?

Mart said...

Liza, jou Duits is skitterend en ek sien die katjie-prentjie is anders.

Was dit nie John F. Kennedy wat destyds "Ich bin ein Berliner!" geskreeu het, voordat hy sy toespraak in Berlyn gemaak het nie?

Mart

Liza-Nel said...

Inderdaad Mart dit was tydens 'n toespraak van hom (Kennedy) in die vroeë 1960's in Wes Berlyn wat gelei het tot groot 'embarrasment" vir homself sowel as vir die Wes Berlyners.... Wat hy eintlik moes gesê het was "Ich bin Berliner" - ek is 'n Berlyner, maar dit het weens 'n haastige vertaling oorgekom as "Ich bin ein Berliner" wat in die volksmond beteken - ek is 'n jellie do-nut....ghieghieghie.

Die Germane was nie baie beïndruk nie.

Berliners is 'n oeroue Duitse Dougnut en iets wat eintlik volksbesit is in Duitsland. Hier ook. Jy kry nie lekkerder as dit nie, behalwe dalk vir Swartwoud koek by Cafè Anton in Swakopmund...

Mart said...

Dankie, Liza. Ek het so gedink.

Die jellie-dougnuts en swartwoud koek klink yummy!!
('Skuus, ek is besig om die draad uit te rafel. Wou net my waardering vir die uitsonderlike soetgoedjies daar in jou wêreld gou uitspreek.)

;)

Liza-Nel said...

“In human intercourse the tragedy begins, not when there is misunderstanding about words, but when silence is not understood.”
-Henry David Thoreau quotes (American Essayist, Poet and Philosopher, 1817-1862)

Please keep talking....

Bertus said...

Hierdie kietsie-klagte is regtig oordrewe.

Kato, jy word lekker op sleeptou geneem deur die Spielbergs en Streisands van hierdie wereld.

Ek noem dit sommer Hollywood breinspoeling.

Die Holocaust was 'n verfoeilike, haatlike slagting. Hitler was boos. Dis alles waar, maar regtig, dit net 'n katjie.

Kato die Ketter said...

Hi Almal,

Ek het nie verwag dat Liza die Sieg Heil kat van die blog verwyder nie - ek glo in vryheid van spraak. Dit was Liza se reg om die kat met sy byskrif te pos en dit was my reg om te se wat ek daarvan dink.

Kato.

Kato die Ketter said...

Bertus, nee, ek dink nie Hollywood speel 'n rol hier nie. Dis nie "net 'n katjie" nie, dis 'n foto van 'n katjie wat soos Hitler lyk, met die onderskrif "Sieg Heil" daaronder.

Liza,ek het 'n vriendin gevra om vir my die Duitse boodskap te vertaal. Dit is wat sy laat weet het:

"The poor old cat can't help it that he resembles Adolph and is only on the blog to generate discussion. The picture is part of a series of LOTZ cat pictures that I put on the blog now and then.

It wasn't and it isn't my intention to offend anyone or to disciminate against anyone.

If I had to ask myself every time whether something is politically incorrect or not, I would soon have a nervous breakdown. However, I take your opinion into account.

Greetings, etc."

Ek aanvaar dat dit nie jou intensie was om enigiemand aanstoot te gee nie. As ek jou gevoelens seergemaak het met my kritiek, is ek jammer, die kritiek is en was nie teen jou as persoon gemik nie.

Ek verstaan nie waarom die byskrif in Duits is nie.

Kato.

Mart said...

Almal kan nou heerlik ontspan.
Ek sien die befaamde kat en die Duits is weg.

Liza-Nel said...

Dit moet lees 'vermaaklikheidswaarde' en nie "discussion" nie, alhoewel dit toe op laasgenoemde uitgeloop het...